Aasvoël

April 4, 2011 in Sonder kategorie

Dit lyk my die “sunset” verstelling lewer soms die gewenste resultaat.

aasvoel

Die snaakste ding vir my is dat ek ewe skielik soos ‘n moerse tegniese spesialis klink wat allerhande obskure beligtings inligting versigtig noteer, en dan hier op die blogs kom rapporteer….. soos by die fotoklub op skool … waar ons met swart en wit films, ligmeters, donkerkamers, ontwikkelaars, vergroters, en sulke goed mee te doene gehad het. Dit was destyds tradisie om te weet hoe jy jou kamera ingestel het, en watter film jy gebruik het, en of jy jou film “gedruk” het, maw die foto geneem het asof die film meer sensitief was. Die ouens daar was nogal gesteld op die data.

Ek was nooit veel gepla oor al daai spesifikasies nie. Ek het anyway gehou van aksie, en het altyd die vinnigste sluiterspoed moontlik gebruik. Dit was ‘n vyf honderdste van ‘n sekonde op my ou Minolta. My ware mentor was nie die wiskunde onderwyser wat die fotoklub onder sy vlerk geneem het, of my trawante in die fotoklub nie, maar die mal engelsman koerantredakteur aan wie ek van tyd tot tyd fotos teen R 2.00 stuk gaan verkwansel het.

In 1974 was dit baie geld vir ‘n skool laaitie.

Die mal engelsman het altyd vir my gesê: “if you got the glass, use it” ook dat enige lens gewoonlik die beste “perform” by ‘n gemiddelde f stop.

Die mal engelsman het my selfs later toegelaat om saans in sy/die koerant (was maar dieselfde ding) se donkerkamer te kom fotos ontwikkel.

Alhoewel die engelsman destyds mal moes wees om alles in sy koerant te skryf wat hy geskryf het, en in die plek en politieke klimaat van destyds …… was sy denke logies en nugter, eintlik was die ander mal, nie hy nie.

Die kamera se blikbrein het sonder enige inset van my af besluit dat die tegniese spesifikasies vir die foto hierbo is  ‘n 100ste van ‘n sekonde op f 5.8, en dat die filmspoed ( die ISO) 80 sal wees, en ek het die foto gezoom na 113 mm ( ekwivalent in 35 mm)

Bostaande spesifikasies is vir my nog meer irrelevant as dekades gelede, boonop beheer die kamera dit, nie ek nie !

Ek blog dit net omdat die kamera die data so sorgvuldig vir my weergee dat ek voel ek moet iets daarmee doen. Nou blog ek dit maar… en ek het vandag nog niks sterkers as koffie gedrink nie!

7 antwoorde op Aasvoël

  1. Maankind2 het gesê op April 4, 2011

    Mens kan sien jy is nie hier by ons nie, ek word gek gek gek, maar is terselfdertyd dankbaa vir ons Munisipaliteit

  2. en nog ‘n goue randjie boonop…. mooi foto.

  3. Berwick het gesê op April 5, 2011

    Dis reg so, Petrus, sal die techno-babble verskoon. (-:
    Goed gaan.
    Wie was die mal Engelsman?

  4. Vetjan het gesê op April 6, 2011

    5 sterre vir Overstrand munisipaliteit

  5. Vetjan het gesê op April 6, 2011

    🙂

  6. Vetjan het gesê op April 6, 2011

    John Hardegen, die destydse redakteur van die “Het Suidwestern”

  7. Maankind2 het gesê op April 6, 2011

    As ek hulle 10 kon gee, het ek! Jy moet ook bietjie met jou sunset/dwan verstellings speel selfs al is dit nie wolke nie, mens kry partykeer baie oulike effekte daarmee.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.