‘n Mosambiekse draai
April 2, 2011 in Sonder kategorie
Van die noordelike berg, dis nou die Drakensberge naby Harrismith en omstreke ry mens sommer gou Durban toe, en dan kap mens sommer links op in Zoeloeland todat jy naderhand by Kosibaai se grenspos kom.
Die teerpad stop ook sommer net daar so 10 meter anderkant die grenshek. Verder aan is dit ‘n tweespoor sandpad. Met die petrolprys wat so donners hoog is, het ek besluit om nie met die Landcruiser te ry nie, ons sou ook natuurlik ietwat beknop moes sit, so ons was in so lanie bussie. ‘n Huyndai H1, of so iets. Heeltemal oraait bussie, bietjie “underpowered”, wat beteken hy sôkkôl maar so ietwat teen steil bulte en goed uit. Gelukking was dit meestal afdraande van die berg af Durbs toe.
Nietemin, dis die grênd bussie, en die sandspore.
Gelukkig is die bussie agterwiel aangedrewe, so hy kan darem bietjie vastrap. Nie te veel nie, moet my nou nie verkeerd verstaan nie, maar darem.
Verder bou hulle moes die karre deesdae met sulke plastiese bumpers. Die plastiese bumpers en goed kom tot so 2 millimeter van die grond af. Ek verstaan nie hoekom dit so laag MOET wees nie, maar dus hoe hulle deesdae karre maak.
Soos ons op die sand aankarring, so is agterste bumper besig om sand te hark. Mens sou sweer ons ry met ‘n padskraper. Ek gee naderhand meer en meer gas, maar voel die weerstand bou op…. todat dit kaplaks … een te veel raak… daar kak die bumper toe… “reverse” sensors en alles… maar ons het nie vasgesit nie.
Aangesien ek die afgelope paar maande so baie gesuip en gevreet het, het ek dikker as die seekoei geword wat eens op ‘n tyd my avatar was. Vervolgens spaar ek julle van enige fotos van waar ons op die strand baljaar, en my surfboard sink net as ek probeer opklim. So geen fotos van dit nie.
Van Ponta af, ry ons toe aan deur Zitundo, Salamanga, en Bela Vista tot by Catembe waar ons met die veerboot oorvaar Maputo toe.
So hier is die fotos. Alles geneem met my nuwe mik en druk kamera, ‘n Baie eenvoudige en betreklik goedkoop Nikon Coolpix ( die L23). Probeer nog uitwerk wat is die regte verstellings om te gebruik vir elke situasie, die ding is te outomaties na my smaak.
Soos sardientjies ingepak op die veerboot, daar is nie genoeg spasie om die deur oop te maak nie, so ek sit maar binne , en neem fotos van die Maputo skyline deur die windscreen.
Beste plek vir sundowners, die grasperk van die Cardoso hotel, met die uitsig oor die hawe en die onderdorp.
Dis nie koffie nie, dis bier. Laurentina Preta. Reg in die middel van die houer is ‘n spesiale kompartement vir ys, en so tap jy yskoue bier.
Daar is baie eetplekke in Maputo. Hierdie een het ‘n lekker swembad en ‘n orkes.
Maputo verander aanhoudend en vinnig.
Elke keer as ek daar kom, is daar nuwe goed.
Drie jaar gelede het ek laas by die lughawe gekom, en nou die dag is die ou lughawe sommer weg. Gesloop en ge demolish.
In plek, hierdie nuwe Chinese terminaal.
Ou strukture staan darem nog.
Soos die ou fort, die Forteleza met sy kanonne.
Die kanon se naam is Maria.
Dan is daar Gustave Eiffel se werk in Maputo.
Monsieur Eiffel homself was nooit in Mosambiek nie, maar sy firma Eiffel et cie, het wel destyds vir die Porras kontrakte onderneem.
Een daarvan was die stasie.
Ek is lief vir Afrika en sy mense.
By die Komatipoort BP, net voor die grens.
Die “shoppers” keer terug huistoe met hulle inkopies.
louisna het gesê op April 2, 2011
Pragtig. Ek is dalk binnekort daar vir ‘n projekkie.
pinkpolkadot het gesê op April 2, 2011
Lekker eet en suip!! 🙂
TS het gesê op April 2, 2011
Interessant – dankie vir die deel
monicahaddad het gesê op April 2, 2011
Je ek het nou vir jou gelag dat die trane loop……
Krokodilla het gesê op April 3, 2011
Eendag wil ek so ‘n trip doen.
Berwick het gesê op April 3, 2011
Mooi pos, Petrus.
HeavyHenry het gesê op April 3, 2011
“…en my surfboard sink net as ek probeer opklim…”
Word gewoond daaraan. Dis moer moeilik om dit terug te verander.
🙂
Vetjan het gesê op April 3, 2011
wat van ‘n groter plank met meer flotasie?
Vetjan het gesê op April 3, 2011
🙂
Vetjan het gesê op April 3, 2011
vat net ‘n week of so
Vetjan het gesê op April 3, 2011
🙂 plesier!
Vetjan het gesê op April 3, 2011
dankie Tina
Vetjan het gesê op April 3, 2011
haha ja
Vetjan het gesê op April 3, 2011
hoop dit gebeur gou.
HeavyHenry het gesê op April 4, 2011
*grin*
Wat ons innie ou dae ‘n “Elephant Gun” genoem het!
Seker niks mee verkeerd nie, om op so ‘n paddle ski regop te probeer staan nie…
DieApieInMyKop het gesê op April 4, 2011
As julle ooit weer in Maputo is MOET julle by die vismark gaan eet! Jy koop jou eie seekos by die mark en agterin is daar talle restaurante. Hulle maak dan die seekos gaar nes jy dit wil he met bygeregte teen minimale pryse. Dit was die lekkerste eet in Maputo!
Vetjan het gesê op April 4, 2011
Hi Aapstert, ek ken die vismark in Maputo.