Jy blaai in die argief vir 2011 April.

Nascer do sol Maputo

April 27, 2011 in Sonder kategorie

Net na 5 die oggend stop ek besluiteloos by die verkeerslig in Avenida de 25 Setembro, en sit die flikker aan om regs te draai in Avenida Vladimir Lenin, maar bedink my, en skakel weer af. Nie dat daar enigsins ander verkeer is nie.

 

In die donker oggendskemer sien ek wel die twee ouens op die middelman oorkant die straat.

 

Die lig word groen,ek ry reguit oor. Die twee ouens het AK’s en ‘n flits waarmee hulle my wys om af te trek. Die ou storie. Maputo se flentergat polisie wil ‘n paar rand uit my wurg, maar ek is nog vaak en half moerig. Gisteraand eers omtrent 12 uur gaan slaap. Ek en Blommekind het by Zambi gaan eet. “The in place to be seen”, nie dat dit enigsins ‘n oorweging was om gesien te word nie, dis die plek se eie slagspreuk, maar die vis was okay. Intussen is dit nou vroeg Saterdagoggend, en ek wil Blommekind by die busterminaal kry. Die horlosie tik.

 

Die flentergat met die AK groet “boa noite”, en ek stel dit spottend reg met “bom dia”, hy moet weet dis al oggend. Eers word rybewys gevra. Toe paspoort. Toe volg die “pitch”. Fala Portogues ? ….. poco . … Jy mag nie jou flikker eers aansit en dan weer af nie ! …. jaja , maar daar is nie ander verkeer nie, en ek het dit net ‘n paar sekondes laat flikker voor ek van plan verander het..maar wys my in elk geval die regulasie war se ek mag nie… en by the way… kan ek jou ID ook sommer sien asseblief.

 

Flentergat is nie beindruk nie. Dit maak twee van ons. Good cop word nader geroep. Hy word ook in sy moer gestuur, ek word meegedeel dat hulle my swaar gaan “punish”. Kan ek asseblief my passpoort terug kry.. hy gee dit, maar nie die rybewys nie, en drentel weg. Ek skakel die voertuig af en sit stil. Blommekind gee ‘n sug.

 

Flentergat kom terug, en beveel my om summier Mosambiek te verlaat, ek stem saam, maar vra my rybewys terug …wat hy gee, synde dat ek nie grens toe kan ry sonder rybewys nie.

 

By die Avenida de Mocambique draai ons regs, by die terminaal klim Blommekind in die Inhambane bussie. Ek ry terug stad toe op soek na koffie, maar alles is nog toe. Behalwe Coconuts. Hier is die nag se bittereinders besig om stadig hulle pad huis toe te kry.

 

Ek is nou op Avenida de Marginal teen die see, en dit is hier waar die son stadig opkom oor Maputo.

 

 

skepe

bittereinders

Die bittereinders chill op Coconuts se stoep.

straatsmous

Gisteraand het sy haar koelboks tot na middernag beman, en soos haar kollegas net daar op die sypaadjie geslaap. Bo op die koelboks is die koeldrank en biere uitgestal. Na ‘n paar uur op die koue sement moet mens seker bene rek.

joe

Johannes die doper

 

 

 

dopelinge

 

Dopelinge

 

diens

 

Stranddiens ?

clube naval

Net verby Clube Naval vaar die skip nou die hawe binne

 

visvang

 

Die son is op, en ons hengel aan.

Hoe ry die trein.

April 6, 2011 in Sonder kategorie

So beland ek toe by die lughawe, en besluit om gou trein te ry. Die Gautrein, en mens ry hom gou baie gou. Mens vee jou oë uit, en kyk weer, jy is al klaar in Sandton.

Die Gautengers is seker al gewoond aan hulle nuwe trein, maar die plaasjapies doer vanuit die Strandveld is nie so gewoond aan hoëspoed treine nie.

Wel, ek was by Jan Smuts lughawe, deesdae meer bekend as ORTIA.

Soos heeltyd deesdae is the vliegtuite bietjie vol, en die kaartjies peperduur, maar ‘n soektog op die internet verskaf toe ‘n oplossing. Die laataand vlug vanuit Lanseria lughawe.

Van laasjaar af , as ek so by die nuwe Gautrein spoorlyn verby ry, wonder ek hoe die Gautrein sal wees, en uit nuuskierigheid besluit ek toe om die Gautrein te ry as deel van die trip Lanseria toe.

Die kaartjie Sandton toe het R 110 gekos, en die rit was seker omtrent ‘n kwartier of so iets. Vinnig!

Dit was al na 8 die aand toe ek bo op Sandton se strate uitkom, en net wou begin woder hoe om nou verder te reis Lanseria toe. Gelukkig staan daar toe twee taxi manne reg voor my, en hulle wys my die tariewe.

“Ongehoord en belaglik duur !!!”

“Okay, hoeveel is jy beried om te betaal?”

“Nie ‘n sent meer as R 200 nie”

Uiteindelik skik ons op R 250, maar toe ons by Lanseria aankom besef ek hoe fokken ver dit eintlik was, en ek gee die taximan R 300. Hy was ‘n vriendelike ou, die tip was vir die geselskap. Hy het ‘n dogter en ‘n seun op Universiteit, en het uit Soweto uit Roodepoort toe getrek, om sy jongste kind in die suburbs te laat groot word, hy voel die township jeug het bietjie van ‘n slegte invloed op die kinders.

Die dogter is by UWK en die seun by Wits. Ons praat oor hoe baie dit kos om die kinders te laat swot. Ensovoorts.

Die kamera eksperiment gaan aan. Hier is die Gautrein fotos.

ingang

Die ingang van die stasie by die lughawe. Baie modern en alles.

 

gautrein

 

 

Daar is die Gautrein, sommer twee van hulle.

 

 

 

binnekant

Binne in die trein, kyk die ou waai sommer vir my.

 

NS: My voornemens is om nooit ooit weer enige tegniese inligting oor fotos te gee nie want dit is ‘n draadtrekkery wat afbreuk doen aan die werklike saak, naamlik die foto self.

Aasvoël

April 4, 2011 in Sonder kategorie

Dit lyk my die “sunset” verstelling lewer soms die gewenste resultaat.

aasvoel

Die snaakste ding vir my is dat ek ewe skielik soos ‘n moerse tegniese spesialis klink wat allerhande obskure beligtings inligting versigtig noteer, en dan hier op die blogs kom rapporteer….. soos by die fotoklub op skool … waar ons met swart en wit films, ligmeters, donkerkamers, ontwikkelaars, vergroters, en sulke goed mee te doene gehad het. Dit was destyds tradisie om te weet hoe jy jou kamera ingestel het, en watter film jy gebruik het, en of jy jou film “gedruk” het, maw die foto geneem het asof die film meer sensitief was. Die ouens daar was nogal gesteld op die data.

Ek was nooit veel gepla oor al daai spesifikasies nie. Ek het anyway gehou van aksie, en het altyd die vinnigste sluiterspoed moontlik gebruik. Dit was ‘n vyf honderdste van ‘n sekonde op my ou Minolta. My ware mentor was nie die wiskunde onderwyser wat die fotoklub onder sy vlerk geneem het, of my trawante in die fotoklub nie, maar die mal engelsman koerantredakteur aan wie ek van tyd tot tyd fotos teen R 2.00 stuk gaan verkwansel het.

In 1974 was dit baie geld vir ‘n skool laaitie.

Die mal engelsman het altyd vir my gesê: “if you got the glass, use it” ook dat enige lens gewoonlik die beste “perform” by ‘n gemiddelde f stop.

Die mal engelsman het my selfs later toegelaat om saans in sy/die koerant (was maar dieselfde ding) se donkerkamer te kom fotos ontwikkel.

Alhoewel die engelsman destyds mal moes wees om alles in sy koerant te skryf wat hy geskryf het, en in die plek en politieke klimaat van destyds …… was sy denke logies en nugter, eintlik was die ander mal, nie hy nie.

Die kamera se blikbrein het sonder enige inset van my af besluit dat die tegniese spesifikasies vir die foto hierbo is  ‘n 100ste van ‘n sekonde op f 5.8, en dat die filmspoed ( die ISO) 80 sal wees, en ek het die foto gezoom na 113 mm ( ekwivalent in 35 mm)

Bostaande spesifikasies is vir my nog meer irrelevant as dekades gelede, boonop beheer die kamera dit, nie ek nie !

Ek blog dit net omdat die kamera die data so sorgvuldig vir my weergee dat ek voel ek moet iets daarmee doen. Nou blog ek dit maar… en ek het vandag nog niks sterkers as koffie gedrink nie!

A luta continua

April 3, 2011 in Sonder kategorie

Na Maputo ry ons toe Krokodilbrug toe. Soos julle almal natuurlik weet is Krokodilbrug maar sowat 10 km van die Mosambiek grenspos af.

Des te meer is dit gepas dat ek dan die Frelimo strydkreet gebruik. Want hy gaan aan.

Die stryd om die mik en druk kamera te bemeester. Dit is erg. Vandag weer staan ek langs ‘n ou en fotos neem. Hy met ‘n Canon D7  en ek met die mik en druk. Frustrasie.

Tog, ek is bly ek het een van die heel goedkoopste mik en druk modelle gekoop, en nie ‘n veel duurder hibried nie. Die “hybrids” is die modelle met die gesplete persoonlikheid, hulle weet nie of hulle ‘n volwaardige refleks kamera wil wees, en of hulle ‘n mik en druk wil wees nie. Ek sou die hel in gewees het vir myself as ek ‘n hibried gekoop het want dan was my spaarplan vir die goeie refleks kamera nog verder agteruit as wat dit tans is.

Hier is my wildtuin resultate.

Die eerste leeufoto is geneem met die zoom so driekwart uit. In gewone 35 mm terme is dit 280 mm, maar o weë, die sluiterspoed is net een 20 ste van ‘n sekonde!

Dit is ‘n onmoontlike situasie, en daarom is alles geblur……

leeus

Soos julle kan sien kyk die leeus na iets.

 

Dit is ‘n renoster, hy is dors, en die leeus lê tussen hom en die water.

 

renoster

Die leeus staan op, en gee pad. Die foto is nog erger geblur, want ek het verder uitgezoom. Na die ekwivalent van 400 mm …. maar die sluiterspoed het outomaties afgeskaal na een fokken dertiende van ‘n sekonde.  Hou verder in gedagte dat 1. die opgewondenheid hoog was en 2. ek aan bewerasies gelei het ….. die ontrekking simptome van die vorige nag se gefuif.

Nou hoe de hel moet ‘n mens ‘n mik en druk mooi steady hou, die ding is nie eintlik ergonomies ontwerp nie, die korrel meganisme is ‘n klein beeldskermpie agter op die kameratjie, en selfs superman sal sukkel om op 400 mm met ‘n 13 de sekonde sluiterspoed ‘n skerp foto te neem.

So die foto is wat dit is. Ek sou dit weggegooi het, maar ek kan nie, want hoe anders gaan mens die storie vertel sonder die foto?

Anyway, die kamera kan darem soms ook beter fotos neem. Veral as lekker groot olifante sommer naby die kar kom staan.

olifant

 

Die tegniese spesifikasies vir die foto is 120 mm zoom, en ‘n 60ste sekonde sluiterspoed.

 

‘n 60 ste van ‘n sekonde is die stadigste sluiterspoed( teoreties) waarop die gemiddelde ou ‘n kamera stil genoeg kan hou om ‘n redelike foto te neem. So ek is nog nie gelukkig met die foto nie, want die kamera was op verkeerde verstelling. Hier sou ek ten minste ‘n 250 ste wou gehad het om die foto vlymskerp te kry.

 

Okay net om die situasie van hierdie olifant foto bietjie te verduidelik : Ek sit aan die bestuurderskant, maw weg van die venster af. Hier neem ek die foto met die kamera volledig ingezoom ( maw wyd) van my maat Karel wat die olifant met sy Canon D 5 afneem. Nou ewe skielik is die sluiterspoed ‘n 500ste van ‘n sekonde en die lens is op ‘n wyehoek verstelling van 28 mm.

 

karel

 

 

Al hierdie baie akkurate tegniese inligting word deur die kameratjie se eie ou blikbreintjie verskaf, saam met goed soos die datum en tyd waarop die foto geneem is en so aan. Die enigste manier waarop ek die kamera verstellings kan manipuleer, is om oor te skakel na ander  geprogrameerde modusse toe : bv. sonsondergang, of portret, of sport, of landskap ensovoorts.

 

Lyk my ek gaan amper aanmekaar op die “sport” modus moet afneem, want “outomaties” en “landskap” werk nie vir my reg nie.

 

A luta continua !!!

‘n Mosambiekse draai

April 2, 2011 in Sonder kategorie

Van die noordelike berg, dis nou die Drakensberge naby Harrismith en omstreke ry mens sommer gou Durban toe, en dan kap mens sommer links op in Zoeloeland todat jy naderhand by Kosibaai se grenspos kom.

Die teerpad stop ook sommer net daar so 10 meter anderkant die grenshek. Verder aan is dit ‘n tweespoor sandpad. Met die petrolprys wat so donners hoog is, het ek besluit om nie met die Landcruiser te ry nie, ons sou ook natuurlik ietwat beknop moes sit, so ons was in so lanie bussie. ‘n Huyndai H1, of so iets. Heeltemal oraait bussie, bietjie “underpowered”, wat beteken hy sôkkôl maar so ietwat teen steil bulte en goed uit. Gelukking was dit meestal afdraande van die berg af Durbs toe.

Nietemin, dis die grênd bussie, en die sandspore.

Gelukkig is die bussie agterwiel aangedrewe, so hy kan darem bietjie vastrap. Nie te veel nie, moet my nou nie verkeerd verstaan nie, maar darem.

Verder bou hulle moes die karre deesdae met sulke plastiese bumpers. Die plastiese bumpers en goed kom tot so 2 millimeter van die grond af. Ek verstaan nie hoekom dit so laag MOET wees nie, maar dus hoe hulle deesdae karre maak.

Soos ons op die sand aankarring, so is agterste bumper besig om sand te hark. Mens sou sweer ons ry met ‘n padskraper. Ek gee naderhand meer en meer gas, maar voel die weerstand bou op…. todat dit kaplaks … een te veel raak… daar kak die bumper toe… “reverse” sensors en alles… maar ons het nie vasgesit nie.

Aangesien ek die afgelope paar maande so baie gesuip en gevreet het, het ek dikker as die seekoei geword wat eens op ‘n tyd my avatar was. Vervolgens spaar ek julle van enige fotos van waar ons op die strand baljaar, en my surfboard sink net as ek probeer opklim. So geen fotos van dit nie.

Van Ponta af, ry ons toe aan deur Zitundo, Salamanga, en Bela Vista tot by Catembe waar ons met die veerboot oorvaar Maputo toe.

So hier is die fotos.  Alles geneem met my nuwe mik en druk kamera, ‘n Baie eenvoudige en betreklik goedkoop Nikon Coolpix ( die L23). Probeer nog uitwerk wat is die regte verstellings om te gebruik vir elke situasie, die ding is te outomaties na my smaak.

veerboot

Soos sardientjies ingepak op die veerboot, daar is nie genoeg spasie om die deur oop te maak nie, so ek sit maar binne , en neem fotos van die Maputo skyline deur die windscreen.

 

 

maputo

 

Beste plek vir sundowners, die grasperk van die Cardoso hotel, met die uitsig oor die hawe en die onderdorp.

 

laurentina preta

 

Dis nie koffie nie, dis bier. Laurentina Preta. Reg in die middel van die houer is ‘n spesiale kompartement vir ys, en so tap jy yskoue bier.

 

 

 

swembad

 

band

Daar is baie eetplekke in Maputo. Hierdie een het ‘n lekker swembad en ‘n orkes.

Maputo verander aanhoudend en vinnig.

Elke keer as ek daar kom, is daar nuwe goed.

lughawe

Drie jaar gelede het ek laas by die lughawe gekom, en nou die dag is die ou lughawe sommer weg. Gesloop en ge demolish.
In plek, hierdie nuwe Chinese terminaal.

Ou strukture staan darem nog.

forteleza

Soos die ou fort, die Forteleza met sy kanonne.

 

maria

Die kanon se naam is Maria.

Dan is daar Gustave Eiffel se werk in Maputo.

Monsieur Eiffel homself was nooit in Mosambiek nie, maar sy firma Eiffel et cie, het wel destyds vir die Porras kontrakte onderneem.

 

stasie

 

Een daarvan was die stasie.

Ek is lief vir Afrika en sy mense.

By die Komatipoort BP, net voor die grens.

 

bakkie

 

Die “shoppers” keer terug huistoe met hulle inkopies.