Jy blaai in die argief vir 2011 Maart.

Wits is besig om Maties op te fok

Maart 21, 2011 in Sonder kategorie

Kan jy dit glo !!!!????

Dok is besig om woer woer te gaan in sy graf.

Rondloop

Maart 21, 2011 in Sonder kategorie

My eerste draai was by die berg, maar die draak het gegrom en rook geblaas.

Halfpad op kettinglere toe het dit regtig begin sous. Daar was boonop geen teken dat die mis sou opklaar nie, so die oefening het effens sinneloos geraak. Die plan was net om tot bo by die waterval te stap, en die uitsig the bewonder……. wat onmoontlik was met die dik mis.

So dit was terug na die groen grasvelde tussen Harrismith en Bergville. Beeswereld.

dberg

 

Die beeste hier rond is Drakensbergers en Brangus, ek het nie besef hulle kruis Brahmane en Angusse nie, maar ‘n boer maak enige soort plan!

kanaal

Langs die grondpad is die oorblyfsels van ‘n ou kanaal. Verstaan nie eintlik hoe die kanaal moes gewerk het nie, water van die Tugela op na Sterkfonteindam toe of wat nie, maar die  kanaal is nou net ‘n rietbedding.

Ek het my ou kamera ge “retire”, en wik en weeg , en probeer geld spaar vir ‘n nuwe ordentlike een , met een of twee ordentlike lense, en nee ek dink nie ‘n Sigma kan saampraat met ‘n goeie Nikkor of Canon lens nie.

Intussen het ek gatvol geraak om met my selfoon fotos te neem, en so simpel klein Coolpix L23 gekoop, en wragtig Nikon mag dalk ‘n Japanese maak wees, maar hulle het die produksie na China ge “outsource”. ‘n Speelding, en ek weier om een van die hibried kameras te koop, maw een van daardies wat omtrent R 3000 of meer kos, en graag ‘n refleks kamera wil wees, maar nie heeltemal kan bykom nie, en verder nog Full HD video het…..  ek wag eers en koop vir my die “real mc coy”.

Die fototjies hierbo is nog met ‘n selfoon geneem, maar die volgendes sal met die Coolpix wees.

Die Argus en ander groot “events”

Maart 13, 2011 in Sonder kategorie

Foeter mens se planne redelik rond. Nevermaaind dat mens gistermiddag al in verkeersknope beland het oor paaie toegemaak is nie., maar ‘n vliegtuig kaartjie Johannesburg toe kos nou sommer R 3000!!!  Op fokken Mango, Kulula en One Time, dis nou te sê as jy hoegenaamd ‘n kaartjie kan kry. Verdomp! En ek moet eers Dinsdag in Joey’s wees.

Laas jaar toe ek af STRAB toe was, dieselfde storie, die Comrades was aan in Durban, en die vliegtuig vol mense wat dink dis cool om met draf tekkies vliegtuig te ry. ‘n Drawwer dra mos SLEGS tekkies. Ek sou sweer hulle het swart sweetpakke , en swart tekkies vir operas en begrafnisse, vir vliegtuig ry dra hulle netjies gestrykte jeans, en nuwe draftekkies, maar nie dieselfde soort waarmee hulle die comrades hardloop nie.

Ek wil nie eers begin oor die fucked up klere en goed wat fietsryers dra nie.

Die filosofie van kreefsmokkel

Maart 9, 2011 in Sonder kategorie

Hierdie jaar, dis nou vanaf 1 Januarie tot vandag toe, het ek nog net 6 krewe gevang.

Een week is die seisoen oop, dan weer toe, dan mag jy nie in die week vang nie, dan is die water te sterk , of jy te babbelas of watookal. Daar was ‘n tyd in my lewe toe ek geen pyn of vrees geken het nie, en “no sea to rough no muff too tough, we dive at five….” ensovoorts my leuse was.

Helaas, die jare het aangestap. Die gees is wel gewillig maar die vlees is swak. Mind you, nie heeltemal sooo swak nie, ek wil nou nie hê die liewe lesers moet heeltemal verkeerde idees kry nie, ten spyte van nom de plume.

Die punt is dat my vrieskas woes en leeg is, en as ek die dag wil duik, soos nou bv laasnaweek, dan is die fokken seisoen toe.

Dan gee ek my maar weer oor aan die arms van Bachhus… of is dit nou Morpeus, of wie ookal. So beleef ek sommer baie NDE’s.

But more to the point:

Ek kan nie meer vriendinnetjies oornooi vir ‘n seekoskelkie nie, want ek het tans fokol seekos. Ek het ‘n paar blikkies sardiens, maar dit tel nie regtig nie. Ek kan nie ‘n seekosbanket hou met ‘n pakkie Provita, en twee blikkies sardiens nie.

Verder, gaan ek vir die volgende twee weke of so eers weer rondloop.

Dit gaan my leë vrieskas by April uitbring.

Klaarblylik gaan die kreefseisoen vir omtrent 3 minute lank oop wees in April.

Maar se moer daarmee anyway.

In die gees van die nuwe Suid Afrika maak ek ‘n “demand”.

Indien ek elke “oop dag” hierdie jaar gaan duik het, sou my totale wettige vangs op om en by 60 of so krewe te staan gekom het. Kom ons rond dit maar af na 60 toe. Minus die 6 wat ek al klaar uitgehaal het. Dit gee 54 krewe.

So ek demand 54 krewe. Toemaar, die agbare minister en/of sy/haar amptenary hoef nie vir my die krewe te gee nie, ek sal hulle self gaan uithaal.

Dit is hier waar die filosofie ter sprake kom.

Regstegnies sal dit my in ‘n seerower verander. ‘n Poacher en ‘n seerampokker. Ek sal so my deel doen om die land verder in die septiese moeras van anargie te laat wegsink.

Ek sal my skaar by korrupte amptenare, en tenderpreneurs. Ek kan dalk selfs ‘n leweransier word aan die duurste sushiklubs in die land, waar tenderpreneurs eet vanaf die lywe van ongeklede dametjies. On second thoughts ……. nevermaaind.

Die vraag is, moet mens op die straight en narrow bly te midde van die breë paaie orals rondom jou.

Of moet ek maar sê in for a penny in for a pound?

Kan ‘n mens eties kreefsmokkel? Streng by jou self opgelegde kwota bly?

Of moet ek maar aanvaar dat daar hierdie jaar net 12 krewe vir my oor is om uit te haal as ‘n wetsgehoorsame burger?

Moet ek my beskeie klein deeltjie doen om verdere verval te voorkom, terwyl die big time poachers, die commercials, die chinese, en al wat leef en beef aangaan like there’s no tomorrow?

Ek weet nie, maar tog wil ek veral my blogvriendinne tog vra om solank te dink hoe mens diamant getipte kerakmiek veile in koeke kan inbak, net vir ingeval hier teen Mei maand nog nie een van my blogs weer verskyn het nie. Dan moet julle maar genoemde koeke met die veile in laat aflewer by die tronk in Caledon, want dit is waar ek heelwaarskynlik sal wees. Dis nou te sê as ek die breë pad gekies het.

‘n Merkwaardige vrou

Maart 7, 2011 in Sonder kategorie

Mamphela Ramphele is ‘n merkwaardige vrou.

Hierdie inskrywing is veral vir ons man in China wat nie weet wie sy is nie, en ook nie belangstel om te weet nie.

So kortliks, sy is in1947 gebore, maw in die ou apartheid Suid Afrika. Sy het in 1972  by die Universiteit van Natal kwalifiseer as mediese dokter, sy het saam met Steve Biko die Swart bewussyns beweging begin. Sy het 2 kinders by Biko gehad, waarvan een oorlede is , en een gebore is in 1978, 5 maande nadat die veiligheidspolisie Biko vermoor het.

Sy was van 1977 tot 1984 verban na Tzaneen. Sy het B Comm by UNISA en later ook ‘n Phd by die Universiteit van Kaapstad verwerf. In 1986 het sy as personeellid by die Universiteit van Kaapstad aangesluit, en in 1996 vise kanselier daar geword.

In 2000 is sy aangestel as een van vier direkteure van die Wêreldbank.

Die hele argument met Francois gaan oor opvoeding.

Mamphela Ramphela is ‘n kenner van opvoeding, van apartheidsopvoeding, van apartheidsverdrukking, en van wat dit gaan vat om ‘n land suksesvol te maak. Ek laat dit maar aan haar oor om die saak te stel. Sy het immers die “credentials”.

Hier praat sy oor apartheids Bantoe onderwys, en hedendaagse onderwys in Suid Afrika:

“Of all the mistakes made post 1994, our choice of curriculum was the most devastating – it is precisely because of that choice which was not matched to the realities on the ground again, it was an ideological decision to say we must make a total break with apartheid education which I agreed with. 

But education is education.  In the whole rubric of apartheid education, are certain basic fundamentals – reading, writing, arithmetic – whether it’s apartheid or communist education – they all have those common things.  We threw away the baby with the bathwater and we ended up with a situation where even during the darkest apartheid years, people emerged out of primary school being able to read, write and to do mathematics.  Today we have people graduating from high school who can’t read, who can’t write and therefore are not employable and we wonder why South Africa is having this growing inequality.  It’s not because our government is taking away money from poor people.  It is because our education system has failed to become the ladder out of poverty, which it is globally.  If you don’t give people the capacity to develop their talents, you are actually killing them.  So we have on one hand, hundreds of young people dying from HIV/Aids and TB and all the other problems that we have on the health side – on the other, we are destroying human capital through this non-performing education system.  So it’s really one of the biggest tragedies that one can imagine a country going through, and it is all of our own making.  We made the policy choices which unfortunately many people – educationists, not me, many others – who understood the basic principles of education said so at the time when we made the decision, and continue to say so. ” Bron.

Die Sunday Times het gister weer ‘n artikel van haar oor hierdie onderwerp publiseer.

Verdoemende kritiek op hedendaagse onderwys en die gevolge daarvan.

Hier. 

Destroying seeds of our future

We tolerate an education system that robs our children of opportunities

Ek weet dit is bietjie bokant Chinaman se vuurmaakplek, maar Francois hier is die antwoord waarvoor jy gevra het.

Sondagaand Blues

Maart 6, 2011 in Sonder kategorie

is eintlik nie so sleg as jy ‘n Big Blues naweek gehad het nie.

Maart is altyd die lekkerste maand in die Kaap en hierdie naweek het die weer saamgespeel.

Vrydagaand was dit vir my ‘n uiterste groot skok om by ‘n ou duikmaat Ralph Beeby te verneem ons mag nie in Maart enige kreef uithaal nie. Die see was juis so mooi, en ek was juis so naby aan my lekkerste duikplek De Wetsbaai.

Ralph was in Kleinmond om in een of ander band te speel, ek dink amper die Diamondback Blues band of een van daai. Kan nie alles so mooi onthou nie. My geheue is net soos die fotos, effens dowwerig. Gelukkig kan ek van die musiek baie mooi helder onthou.

Vrydagaand se skok was gou verteerbaar toe Anton Goosen op die verhoog klim. Hy het vir Albert Frost, die Stratocasterkoning, gekry om saam te speel, en daar hoor jy musiek soos jy nie gewoonweg hoor van Tony G af nie.

anton hulle

Ja, dis Piet Botha regs!

 

Ek is nie eintlik ‘n kitaar ekspert nie, maar dit lyk vir my of Albert op ‘n Fender Stratocaster speel, en hy KAN hom maar speel.

 

Tony G in die middel.

 

Blues broers

 

 

Okay so dit was ‘n blues fees, so mens kan seker verwag dat die Blues Broers dit bietjie gaan uitkap.

 

 

Die dokter van blues links voor op die mike, met Big Bob, en weereens onse Albert.

 

 

Nouja, daar was nog kitaarkonings. In Suid Afrika is die bands mos baie deurmekaar. Die Blues doktor se eintlike band is mos Boulevard Blues, en hulle was ook daar, en wie kan beter blues kitaar speel as Richard Pryor ?

 

 

Dan the man

 

Miskien Dan the Man Patlansky.

 

 

big blues

 

 

Hierdie foto is baie dowwerig, en alhoewel alles te geblur is om uit te maak wat is wat is dit soos ek hier skryf. Op die verhoog is Dan  besig. Albert kom staan langs die klankmanne en sê iets, dis hy in die swart klere net links van die klankgoeters. Daar was een of ander kontak tussen hom en Dan want hy steek net sy hand op, en toe loop hy weer. Ek het vinnig gemik en druk want dit het vir my die gees van die fees vasgevang.

 

Op een byeenkoms, Albert, Dan, Pryor en dan die groot menere, Anton en Piet … en al die ander, daar was ‘n hele paar laaities wat ook nogal nie te sleg speel nie, en ‘n meisiekind wat weet hoe om te sing ook!

 

 

Holy smoke

Maart 1, 2011 in Sonder kategorie

witblits.

Druiwevelle. Grappa. Dis iets anders as gebrande wyn.

mens moenie blogs skryf as jy dit probeer het nie, maar liewe hel, wat lees ek nie alles hier nie?