Jy blaai in die argief vir 2011 Januarie.

Lettercrash

Januarie 31, 2011 in Sonder kategorie

Mens kan julle spul ook glad nie eers vir een naweek alleen los nie.. en dan wipe julle hele linetblogs in totaliteit !!

Okay so wie was dit ?

of het die doom wat stoom  per ongeluk ‘n satanic mechanic in die internet ingejaag ?

of het liewe heksie ‘n towerspreuk verkeerd gesê .. of wat ?

Omgekeerde diskriminasie

Januarie 27, 2011 in Sonder kategorie

Ek verstaan nie mooi wat word bedoel met die woord “omgekeerd” nie,  iets soos “reverse racism” kan ek in ‘n mate nog verstaan.

Omgekeerde rasse diskriminasie, of as mens dit anders wil vertaal rassisme in trurat.

Ek weet eintlik bedoel almal maar net swart op wit diskriminasie teenoor wit op swart diskriminasie, maar dit is die woord “omgekeerd” wat my pla.

Diskriminasie is tog maar net diskriminasie.

Of jy behandel almal dieselfde, ongeag hoe baie of hoe min pigmente hulle in hulle vel het … of nie.

As jy een ou met ‘n sekere velpigmentasie anders behandel as ‘n ander oor sy pigmentasie anders is, dan diskrimineer jy op grond daarvan.

Daar is nie omgekeerd, reverse en al sulke goed nie.

Rasse diskriminasie is wat dit is. Of jy doen dit of nie.

Net soos met die ou Suid Afrika het ons in die nuwe Suid Afrika ‘n klomp verskonings, redes, rasionalisasies, verduidelikings en ‘n helse gewarra warra warra hoekom rasse diskriminasie eintlik okay is, en nodig is.

Hoe mens kan transformeer na ‘n nierassige land terwyl rassediskriminasie as regeringsbeleid aktief bedryf word verstaan ek glad nie.

My versoek aan joernaliste, “onafhanklike kommentators”, rubriekskrywers en ook vir Charles Malan.

Diskriminasie is gewoon net diskriminasie. Dis al.

Begrafnisdiens

Januarie 26, 2011 in Sonder kategorie

Tien voor drie het ek nog vertel dat ek nie wil gaan of gan gaan nie, maar ek moes by die kerk verby ry.

Drie voor drie ry ek toe by die kerk verby, sien iemand wat ek ken voor die deure staan en parkeer toe maar en gaan in.

Ek het die oorledene profesioneel geken, en het so paar keer ‘n jaar van sy dienste gebruik gemaak.

Verder het ons in die kroeg saam gekuier, as ek in die dorp was, as hy in die dorp was, as ons twee saam in die kroeg was.

Oor die verloop van ‘n paar jaar. Hoe goed het ek hom geken? Nie goed nie. Ek ken geen van sy familie nie.

‘n Vriendin het my vanoggend gebel en gevra of ek gaan kom, en ek wou nie, die oorledene sal in elk geval nie weet of ek daar was of nie.

Daar was nie iemand van sy familie wat ek geken het nie, ek het maar gesien sy broers was daar… maar wat moet ek vir hulle sê?  Hulle was ook so half en half vervreemd van mekaar, of so het dit voorgekom.

Verder strip ek my moer geweldig vir predikante oor die algemeen, my sienswyses stem min of meer ooreen met die van Christopher Hitchens.

Vandag het die ou nogal okay gepraat, iets in die lyn van laat hy wat sonder sonde is die eerste klip gooi ….

Want die kroegmeisie van die Seaview Hotel het vir my gesê sy hoop die duiwel wag vir hom by die poorte van die hel.

cheers ou maat … for better of for worse . . . .  ek dink ‘n paar ouens sal wel vanaand ‘n dop ter nagedagtenis drink.

Die ander kant van die munt.

Januarie 25, 2011 in Sonder kategorie

So waaroor gaan die lewe en wat is regtig belangrik ?

Izak skryf oor ‘n meisie met ‘n skatryk pa, wat skryf oor ware avonturiers.

Een van hulle, sy naam is Hans, het ‘n vrou verkrag, het sy 6 jaar tronkstraf ontduik, is gevang, en moet nou gaan sit.

Hy is inderdaad ‘n vark, maar dit is nie waaroor ek wil skryf nie. Hy is so skuldig soos die houtjie van die galg, en daar was ‘n slagoffer van sy misdaad.

Ek het ‘n bevoorregte vrou se artikel gaan lees, op 18 het sy een aand op die strand ook haar hande vol gehad met Hans, en geleer dat dit eintlik beter sou wees as sy bietjie gesonde oordeel aan die dag sou lê. Sy laat deurskemer dat Hans met haar ook nie ‘n gentleman was nie. Ek dink nie sy is die slagoffer waarvoor Hans nou in die tronk is nie, dit is skynbaar iemand anders.

Ek respekteer die skryfster baie omdat sy die deursettingsvermoë gehad het om keuring te kry, en ‘n baie moeilike kursus te voltooi.

Haar Pa se geld het dit vir haar moontlik gemaak om na ‘n privaatskool te gaan, en ‘n eersteklas opvoeding te kry, maar dit was haar eie poging wat haar sukses laat behaal het… daar was immers baie meer kinders in haar skool, sommige wie se ouers nog ryker was , wat nie so suksesvol was nie. Ek ken ook mense wat op universiteit nie genoeg geld gehad het om op ‘n Vrydagaand ‘n bier te gaan koop nie… en hulle is ook vandag hoog suksesvolle medici.

Ek ken ook ander mense uit bitter arm huise, wat glad nie eers universiteit toe was nie, maar ook hulle volle potensiaal bereik het …… en vele uit bevoorregte huise wat ge “crash and burn” het.

Dit is die snobistiese sinspeling daarop dat sou pa Ernst sy kinders beter opgevoed het, hulle nie fokops sou uitdraai nie, waarmee ek nie saamstem nie.

Ernst Klaar se lewe was een van ‘n swerwende seiljagvaarder. Sy kinders s’n ook, maar kan ons hom veroordeel oor dit die lewe was wat hy aan sy kinders kon gee? Of moes hulle dalk in die hart van Oos Duitsland robotkinders gewees het ? Of nie ?

Miskien het die droom net skeef geloop, of miskien moet ons almal net konformeer?

Hoe dit ookal sy, dit is menige stadsjappie se droom om op verre oseane te gaan seil. Is Woensdagmiddag nog steeds regattadag by die Royal Cape Yacht Club?  Of is hulle almal net fair weather sailors?

Mens moet verder gaan om regte egte swerwers te ontmoet.

Dit is hier waar “destiny” ‘n rol speel.

Einde 1983 het ek te hore gekom van hierdie ding :

“The Klaar family was chronically short of cash except for a brief period in the early Eighties after they discovered the wreck of the Santiago, which sank on the Bassa da India reef in the Mozambique Channel in 1585.”

My trawante en ek het geweet dat Ernst Klaar hulle maar net die tippie van die ysberg gewerk het, so ek het my studentelening uitgemax om in Junie/Julie 1984 die skat van die Santiago verder te gaan ontgin.

Hierdie ekspedisie het ook skipbreuk gely.

twii

Tradewinds II op die rif. Bassas da India. Junie 1984. Omtrent bo-op die wrak van die Santiago.

 

 


Daar lê ten minste 14 wrakke op Bassas Da India. Hier is nog een.

 


 


Satteliet foto. Die omtrek van die atol is 40 km.

 

en ja, ek moes ‘n grenskamp gaan doen om die gelag te betaal.

Spud en die regter

Januarie 23, 2011 in Sonder kategorie

Ek is maar redelik verslaaf aan koerante, en kyk, ek het nou die dag al die duiwelse doom se faceboek bladsy gaan besoek om te sien waaroor die bohaai gaan. So teen vanoggend het ek al soort van belangstelling verloor. Solank hy nou net nie hier op die blogs kom pa – trolleer en liewe heksie (te veel) kom teister nie. Daar is iets soos werk reservering hier op die blogs, of altans daar behoort te wees.

Eintlik wil ek skryf oor die altyd leesbare Joan Hambidge. Al moet ek my soms tot woordeboeke wend om party van haar woorde te verstaan. Vanoggend in Die Rapport slaan sy die spyker weer vierkantig op sy kop :

“Edwin Cameron, ’n regter in die konstitisionele hof, is ongelukkig oor sekere homofobiese verwysings in die rolprent Spud en volgens berigte het hy selfs by die konstitusionele hof gekla.

Die rolprentmaker, op sy beurt, voel dat sy regte en vryheid van spraak aangetas word deur hierdie beswaar. Cameron word ondersteun deur gay-aktiviste, soos mnr. Anthony Waldhausen, direkteur van die Pietermaritzburgse Gay & Lesbian Network.”

ensovoorts.

Nouja, as iemand al ooit gewonder het of regters soms ook swak oordeel aan die dag lê, hierbo lewer die professor klinkklare bewys daarvan. Lees die hele artikel in Die Rapport, okay.

Die ander groot toeval was dat ek gisteraand laat na twee podcasts geluister het. Ek het nog nooit eers daaraan gedink om die London School of Economics  se webtuiste te besoek nie, nevermaaind daarvan geweet dat hulle hope rêrig uitstekende praatjies van uitgelese mense as podcasts beskikbaar het nie. HIER.

Nietemin, ‘n liewe vriendin het voorgestel ek gaan luister na ‘n praatjie deur die briljante filosoof Slavoj Žižek, en sowaar  en toevallig sleep Joan hom toe wraggies nader in haar rubriek hierbo … ek kan net dink dat regter Cameron baie baat sal vind by die kyk van “The Pervert’s Guide to the Cinema”. Goeie raad professor !

Okay dan net ook ‘n paar voet notas vir my gunsteling Afrikaanse professor, bokant selfs AP Brink op wie ek altyd jaloers was oor sy sukses om heeltyd babes te score, en daarmee wil ek ook nou nie te kenne gee dat my gunsteling Afrikaanse professor lacking in daardie departement is nie. Dis net dat ek haar artikels so geweldig geniet, meer so as AP s’n.

Nota:

Ek sal verstaan as mens die Morawiër, Kundera (ook bygesleep) moontlik ‘n Slowaak sou noem. Brno is afterall net omtrent 120 km van Stary Hrozenkov af, en Kundera was gebore in die Eerste Republiek dae, wat hom tegnies ‘n Tseggoslowaak sou maak, maar Slavoj Žižek is baie beslis NIE ‘n Slowaak nie, maar ‘n Sloveen. Daar is ‘n moerse verskil. Totaal ander lande.

en dis ook nie Slovaj nie, sy voornaam is Slavoj !!

Ek trek sommer punte af.

Plagiaat

Januarie 20, 2011 in Sonder kategorie

Hoekom ?

ek sien dit nou eers.

‘n blog naam.

dis fucked up en simpel.

Mag die duiwel hom haal

Januarie 17, 2011 in Sonder kategorie

Gister laatmiddag gaan kuier ek toe bietjie in die Kaap. Op pad terug sien ek toe die winkelsentrum met die flieks in, en gaan kyk to ‘n maar na ‘n baie so-so fliek.  Mat Damon is soms in sulke goeie flieks soos Green Zone en so.. hoekom kies hy dan rolle in swak stories ook ?

Na die fliek ry ek huis toe, 1 minuut na middernag in die middedorp .. en sowaar die rooi neon letters by die bar spel  – Open – Oop.. Okay … tyd vir ‘n night cap.

Binne hoor ek van die twee sterftes.

Laaitie van 25 het met sy kar verongeluk. Baie tragies en alles.

Toppie van fifty something het sy kop met ‘n jaggeweer weggeblaas…. en .. verneem ek by die kroegmeisie..sy moer ook.. sy hoop die duiwel wag vir die vark.

Ek het geweet die toppie het redelike issues gehad, en dink nog steeds dat al die drank en dagga en wat nog alles sy reaksie was op die vuur wat in sy kop gebrand het.

en hy was hel op sy vrouens en girlfriends … maar snaaks genoeg het hy amper altyd een gehad …

mal bliksem …. ek het hom nogal gelaaik.

Pseudowetenskap

Januarie 13, 2011 in Sonder kategorie

Amazon.com is regtig ‘n handige webwerf. Nie alleen kan mens amper enige boek daar opspoor nie, selfs oues wat lankal uit druk is, en jy lank gesoek het nie,  maar ook omdat daar ‘n “review” fasiliteit is. Tesame met die “sterrestelsel’ .. amper soos op hierdie blogs en die kommentare.

Voor ‘n mens ‘n boek ( of iets anders) op Amazon koop kan jy heerlik sit en beoordelings lees.

So by so gaan kyk ek toe na ‘n boek wat die “briljante bioloog” Bruce Lipton geskryf het. ” The Biology of Belief”.

Kyk na die eerste 5 ster beoordeling ….. presies die een wat Douwe in Wetenskap 7 aangebied het.

Geskryf deur ene Gerald Tennant, ‘n optalmoloog .. wat so begin : “I am a physician who turns 65 this week. My career was and is punctuated by the harassment one receives when one is challenging medical dogma …..”

Van die tot dusver 356 beoordelings van die boek was 225 gunstige 5 ster beoordelings. Noodwendig agv van my stroomop geaardheid, het ek natuurlik dadelik gaan kyk na die 32 negatiewe 1 ster beoordelings. Verreweg in die minderheid natuurlik, maar het ek hulle geniet. Byvoorbeeld deur  ene Thomas J Theobald :

What a total load of horse-hockey

Between the low-quality “rah-rah-go-team you can do it if you believe” tripe, and the overhyped, incorrect deductions about quantum theory, this book is of even less quality than “Dianetics.” The AmWay-esque nature of the various reviewers giving their raves here I can only explain as a pack of christian frothers praying desperately to find some way to arrogate personal belief above genuine reality.

Bad news, kids, the real world still exists, and microbes will still gleefully eat you if you don’t deal with them. Tumors will still kill you, no matter what god you pray to. A broken neck will still paralyze you, regardless of how “right” you’ve been living.

While a positive attitude most certainly has been evidenced to help the healing process, belief in and of itself is not a curative agent. Didn’t Mary Baker Eddy teach you all that when she died? For those of you who are wondering, she’s the founder of Christian Science – which is the religion that can claim ownership of this “Power of Belief” idea. And for those who weren’t aware, she’s still dead.

I will stipulate, as I have done in the past for similar attempts to spin this fantasy, that this book’s contents are worse than simply false: they are irresponsibly so. Praying at an illness or injury, while it may enhance your attitude (and thereby assist you in a minor way), will cost you in the long run if you allow it to occlude seeking genuine medical attention.

Particularly if what ails you threatens to kill you.

But then, if it ends up killing you because you were foolish enough to ignore your illness…Darwin (and good old Watson-and-Cricke biology) wins. How ironic.

Ek kliek toe maar uit nuuskierigheid op hierdie ongelowige Thomas se  ” see all my reviews”

Boem ! wat maak oop ?

The Demon-Haunted World: Science as a Candle in the Dark
The Demon-Haunted World: Science as a Candle in the Dark
by Carl Sagan

Raai wat ?

5 Sterre !!

Yes.  Wat kan ek sê ? Great minds ….  🙂

Keep an extra copy to give to friends,

February 18, 2008

How do you begin? I looked this over and realized I had not written a review of this book, in spite of considering it probably one of my favorite books of all time.

This book is an excellent walk through history into the (relatively) present day, detailing various effects of pseudoscience and other brain-junk, and showing how simple skeptical thought can help overcome this in everyday life. Sagan uses the term “baloney detector” as a tongue-in-cheek reference to keeping a skeptical mindset…and I firmly believe that every child in our country – no, make that our world – should be given this tool. I cannot recommend this book more strongly, the skill of skepticism being that valuable.

Children, adults – anyone can use the ability to eliminate BS from their lives, and this book is an excellent resource on how to help do just that.

Buy two. You’re going to want to give one to a friend.

Openbaring van die geheime van die towerband

Januarie 4, 2011 in Sonder kategorie

Hier is 3 video segmente wat die volledige geheime van die towerband verduidelik.

Eerstens is daar die blinde toets wat die Australiese uitsaai korporasie gebeeldsend het. Die toordokter demonstreer met sy kinesiologiese toetse hoe wonderlik die towerband werk.

Dan is daar daai wonderlike vertakking van die “mediese”wetenskap – ‘n chriropraktisyn “dokter” wat demonstreer hoe goed dit werk.

Dan is daar die blinde toets … bzzzzzt …. FAIL … FAIL … FAIL …..

Tweedens is daar die videosegment wat volledig  en eenvoudig verduidelik hoe die verneukery werk.

Baie eenvoudig.

Hulle verwys ook na hoe sterk mense deur suggestie gebreinspoel kan word.

Die derde video verduidelik presies hoe sommige van ons hier op die blogs se koppe werk.

en terloops .. ek het vanoggend die jaagduiwel se towerband aan allerhande toetse onderwerp.. aangesien my “rotator cuff” ligamente ( dis in die skouer) slightly moer toe is.

towerband

Video 1 : Die toets

 

Video 2 : Die wetenskap

 

Video 3 : Hoe ons koppe werk

 

Makapan se grotte en ander stories

Januarie 3, 2011 in Sonder kategorie

Herman Charles Bosman is my gunsteling skrywer. Naas miskien Kurt Vonnegut … eintlik wen Bosman, hy is briljant, en kom boonop van Kuilsrivier af. Ek hou van sy humor en die manier waarop hy heilige koeie slag, dan is dit ook opvallend hoeveel Afrikaanse mense hom glad nie eers verstaan nie.Byvoorbeeld die storie van Makapan se grotte :

“Kaffirs? said Oom Schalk Lourens. Yes, I know them. And they’re all the same. I fear the Almighty, and I respect His works, but I could never understand why He made the kaffir and the rinderpest. The Hottetot is a little better. The Hottentot will only steal the biltong hanging out on the line to dry. He won’t steal the line as well. That is where the kaffir is different.”

en

“They also said after killing him the kaffirs stripped off old Potgieters skin and made wallets out of it in which to carry their dagga.
It was very wicked of the kaffirs to have done that, especially as dagga makes you mad, and it is a sin to smoke it”

en later

“You know” he (Hendrik) whispered, “Nongaas was crying when he found me. He thought I was dead. He has been very good to me – so very good.. Do you remember that day when he followed behind our wagons? He looked so very trustful and so little, and yet I – I threw stones at him. I wish I did not do that. I only hope that he comes back safe. He was crying and stroking my hair.”
“As I said, my brother Hendrik was feverish.
“Of course he will come back,” I answered him. But this time I knew that I lied. For as I came through the mouth of the cave I kicked against the kaffir I had shot there. The body sagged over to one side and I saw the face.”

“Die Touleier” het die eerste van die Oom Schalk stories in Desember 1930 publiseer, omtrent net toe Bosman uit die tronk gekom het.

In “Cold Stone Jug” is daar die episode van die rumoerige aand toe die ter dood veroordeeldes laat die aand vreeslik grappe gemaak en hard gelag het.

Die bewaarder aan diens het die geraasmakers kom aanspreek, oor hulle onbedagsaamheid – die ander tronkvoëls kan nie met die geraas slaap nie, en verder dat sou hulle nie stilbly nie, hy die hoofbewaarder sou verwittig, en dat hulle dan rêrig in die moeilikheid sou wees.

Bosman was van 1926 tot 1930 in die tronk vir moord nadat hy sy stiefbroer dood geskiet het. Hy was eers ter dood veroordeel, maar is later begenadig en het 10 jaar gekry.. waarvan hy amper 5 jaar effektief uitgedien het.

Praat van “wegkom met moord” of nie ?

Wat my uitbring by Vuurklip se inskrywing

1. Wat sou die gepaste straf wees vir die taxi drywer in die Dewani saak ?

2. Hoekom sou ‘n medepligtige aan moord hoegenaamd staatsgetuie raak ?

3. Is dit net in Afrika waar “plea bargain deals” gedoen word ?

4. is 20 jaar in Pollsmoor dan ‘n “ligte” straf ?