Terug

November 17, 2010 in Sonder kategorie

Ja, ek is bietjie terug van die rondlopery by ons buurlande.

Die eerste ding wat ek wil rapporteer is dat die Savute kanaal weer vloei, vir die eerste keer in 28 jaar. Die water het in Februarie vanjaar al deurgebreek tot by die Savute vlei, maar die kanaal het nou die dag toe ek daardeur gery het nog sterk gevloei.

Savute

Savute vol water, in die Chobe Nasionale Park , Botswana.

 

 

Ek het onder andere ook ‘n paadjie waaroor ek al lank gewonder het gaan ry.  Van Kariba “dorp” af  met die grondpaadjie in Matusadona toe, en toe via Binga terug Vic Falls toe. Amper my gat gesien met pap wiele en te min petrol. Baie amper !!! … maar nou ja soms het mens so klein bietjie geluk aan jou kant.

 

Hoe dit ookal sy, daar by die kamplek Tashinga,( Matusadona, Zimbabwe) teen die dam gesels ek met ‘n Switserse dame wat saam met haar groepie ook daar gekamp het. Ons bespreek allerhande goed, asook my redelike benarde situasie met bande, maar sy sê toe  “ja, maar jy sal ‘n plan maak” …….. ek veronderstel mens moet maar. Daardie toutjies wat jy met ‘n soort els deur ‘n band steek om hom reg te maak werk nogal, ek kan julle verseker.

 

Matusadona het swart renosters, en die een veldwagter met ‘n sks het my verduidelik hulle skiet poachers.

 

Hierdie is weer by Mana Pools in die Laer Zambesie-vallei. ja, dis my tent, en nee hy het net verby gestap. Net mal mense bring vrugte hierheen. Stewige ivoor wat die kêrel het.

 

Dit was ook hel warm, sommer vêr anderkant veertig.

7 antwoorde op Terug

  1. Dis lekker om jou weer hier te sien!
    Bly vir jou part daai fantjie het jou tent gesidestep.

  2. Vetjan het gesê op November 17, 2010

    Hallo Lou, en dankie.. maar ai ek is deesdae a baie lui blogger… ag en ek was nie in die tent nie, so dit sou ook nou nie ‘n krisis gewees het as hy die tent wou omgooi of iets nie… en as mens nou nie lemoene in jou tent het nie het hy ook geen rede om met jou tent te sukkel nie.

  3. pragtige ollie foto

  4. Vetjan het gesê op November 17, 2010

    Dankie Annemarie

  5. Vetjan het gesê op November 17, 2010

    🙂

  6. Vetjan het gesê op November 17, 2010

    okidoki

  7. Mooi fodies!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.