Jy blaai in die argief vir 2010 November.

Hiert jou Rinkhals

November 18, 2010 in Sonder kategorie

Hierdie is die gewone rinkhals (Hemachatus haemachatus), en is nie die nare Mfezi, die Mosambiekse rinkhals (Naja mossambica) nie .

So hy is nie so verskriklik erg giftig nie, maar nou ja, vanoggend het my ou maat Andre die slangetjie hier aangebring

rinkhals

 

Daar is alweer ‘n slang in die gras

andre en die slang

Dis maar ‘n klein ou slangetjie sien.

 

 

r2

 

 

Hy is so mooi hy kry sommer ‘n soentjie

Ngwenya

November 17, 2010 in Sonder kategorie

Joune Krok, check die tanne

By Matusadona op die Kariba

Terug

November 17, 2010 in Sonder kategorie

Ja, ek is bietjie terug van die rondlopery by ons buurlande.

Die eerste ding wat ek wil rapporteer is dat die Savute kanaal weer vloei, vir die eerste keer in 28 jaar. Die water het in Februarie vanjaar al deurgebreek tot by die Savute vlei, maar die kanaal het nou die dag toe ek daardeur gery het nog sterk gevloei.

Savute

Savute vol water, in die Chobe Nasionale Park , Botswana.

 

 

Ek het onder andere ook ‘n paadjie waaroor ek al lank gewonder het gaan ry.  Van Kariba “dorp” af  met die grondpaadjie in Matusadona toe, en toe via Binga terug Vic Falls toe. Amper my gat gesien met pap wiele en te min petrol. Baie amper !!! … maar nou ja soms het mens so klein bietjie geluk aan jou kant.

 

Hoe dit ookal sy, daar by die kamplek Tashinga,( Matusadona, Zimbabwe) teen die dam gesels ek met ‘n Switserse dame wat saam met haar groepie ook daar gekamp het. Ons bespreek allerhande goed, asook my redelike benarde situasie met bande, maar sy sê toe  “ja, maar jy sal ‘n plan maak” …….. ek veronderstel mens moet maar. Daardie toutjies wat jy met ‘n soort els deur ‘n band steek om hom reg te maak werk nogal, ek kan julle verseker.

 

Matusadona het swart renosters, en die een veldwagter met ‘n sks het my verduidelik hulle skiet poachers.

 

Hierdie is weer by Mana Pools in die Laer Zambesie-vallei. ja, dis my tent, en nee hy het net verby gestap. Net mal mense bring vrugte hierheen. Stewige ivoor wat die kêrel het.

 

Dit was ook hel warm, sommer vêr anderkant veertig.