Joan Hambidge en ander oor Deborah en Melt se gesprek op Litnet.

Julie 21, 2010 in Sonder kategorie

Op die Litnet werf is daar ‘n afdeling met die hofie “Menings/Opinion”, met onderafdelings soos briewe, blogs, bieg en oa. ook “onderhoude”.

Dit is die ligte kant van Litnet, die nie-akademiese kant.

By Onderhoude  verskyn daar toe ‘n artikel Van die webvoet na die skryfhand: Melt Myburgh en Deborah Steinmair gesels oor hul nuwe boeke”.

Met ander woorde Joan Hambidge, Gert van der Walt en Heidi, dit is nie resensies nie, dit is ‘n gesprek tussen twee vorige webvoete oor hulle nuwe boeke. Hulle vertel mekaar van hulle nuwe boeke.

Die item is NIE geplaas by die Boeke of Resensie afdelings nie. Die item poog nie om enige iets anders te wees as ‘n informele geselsie tussen Melt en Deborah nie.

Joan Hambidge gaan voort om haarself in die voet te skiet met “Wat aanvaarbaar/onaanvaarbaar is vir die akademiese praktyk, is wanneer mense nie kan lees nie.”

Net so. Des te meer as mens ‘n professor is en mens in die “ligte” menings gedeelte van Litnet, tussen die briewe,blogs, en bieg ‘n item gaan lees en  nog die konteks nog die opskrif verstaan nie.

Ware literêre sotterny! Om ‘n “broadside” af te vuur as jy nie verstaan wat aangaan nie.

Oester se stuk dronkverdriet is sekerlik te wyte aan die gehalte van sy blits.

Gert van der Walt en Heidi se sikofantiese briewe is presies net dit.

13 antwoorde op Joan Hambidge en ander oor Deborah en Melt se gesprek op Litnet.

  1. bloukaap het gesê op Julie 21, 2010

    die klok het gelui , maar…..

  2. Tot my skande moet ek erken dat ek nie té veel tyd op Litnet se werf deurbring nie. Noem dit maar ‘n akute tekort van grysstof aan my kant….
    En dan is daar dalk nog die kwessie van ‘n titseltjie professionele jaloesie ook?

  3. Vetjan het gesê op Julie 21, 2010

    Reg ja.. gelukkig kan mens die resensering van resensies aan Crito oorlaat om te doen.

  4. Vetjan het gesê op Julie 21, 2010

    inderdaad

  5. Vetjan het gesê op Julie 21, 2010

    Haha Thomas , jy is aktief op Litnet… die blogs is deel daarvan 🙂

  6. Berwick het gesê op Julie 21, 2010

    Goeie punt, Petrus.

  7. Sal nou jou links volg anders kan ek nie jou argument volg……:)

  8. Vetjan het gesê op Julie 21, 2010

    Dit is noodsaaklik om die skakels te volg as mens nie die die ding van voor af gevolg het nie.

  9. loudavisi het gesê op Julie 21, 2010

    Petrus, hier sukkel ek my gat af om vir kinders te leer om MET BEGRIP te lees.
    As hooggeleerdes dit nog nie kan doen nie, dan voel ek nie meer so sleg nie.

  10. Vetjan het gesê op Julie 21, 2010

    as hulle moedswillig is “kan” hulle nie 🙂

  11. Vetjan het gesê op Julie 21, 2010

    ek dink jy slaan die spyker op sy kop

  12. Vetjan het gesê op Julie 21, 2010

    Papkop is baie duidelik.

  13. Vetjan het gesê op Julie 22, 2010

    dankie Berwick

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.