En al die helde na al die geploeter

Julie 18, 2010 in Sonder kategorie

Vlieg nou Brisbane toe, waar dit nou die Wallabies se beurt is om hulle te rev. Hopelik nie ook soos in Nieu Seeland te rev en te ref nie. Speler van die wedstryd gaan beslis aan Alain Rolland vir sy sleutel aandeel in die All Black oorwinning.

Wat ons eie span ploeteraars betref. Laas week het ek mos gesê wat fout is.

Sowaar ! daar haal die voortreflike meneer Snor toe uiteindelik vir Jannewarie af, en sit Pienaar op, met ‘n dadelike verskil in die span. Ditto Aplon. Jean de Villiers is nie ‘n vleuel nie, wat het hulle besiel om hom op vleuel in te span?

Dan kom ons by twee ander helde.

Ons manlike model, Piet Spiere, ek bedoel Pierre Spies, die mees gespierde en bes geboude toeskouer ooit by ‘n rugby wedstryd. Net soos laas Saterdag, gister weer. Ek dink ‘n loopbaan in Hollywood, siende nou dat Arnold en Sylvester-hulle nou bietjie lank in die tand begin raak, is miskien vir Pierre ‘n beter roep. Ek wou eers ‘n reeks sessies by die span se kop dokter ( hopelik is ‘n nuwe een wat die werk verstaan op pad) aanbeveel, maar ek dink nie Pierre is behandelbaar nie.

Jaque Fourie sal miskien die Wizard of Oz kan opsoek, terwyl hulle nou soontoe op pad is. Net soos Dorothy se leeu-vriend, is dit duidelik dat Jaque ‘n hart oorplanting nodig het. Sielkundige berading gaan nie help nie, die probleem is te erg. As die towenaar van Oz, die leeu kon uitsorteer, kan hy Jaque ook seker help.  Jaque het die bal darem nou en dan raak gevang, om dit dan weer oombliklik wild weg slinger.  From hero to zero in 80 minutes.

John Smit was ‘n goeie kaptein, maar sy spel is eenvoudig net nie meer op standaard nie.

Ek weet regtig nie wie kapteinskap moet oorneem nie, Matfield?

Dit bly natuurlik ook ‘n ope vraag of meneer Snor en sy assistente die regte ouens vir die job is.

Intussen gaan ek maar nog ‘n whisky bottel gryp.

10 antwoorde op En al die helde na al die geploeter

  1. Ek dink Matfield raak ook bietjie verlep. Daar is groot fout! Het jy gesien Bakkies Botha gaan Toulon toe?
    Good riddance, sê ek!

  2. louisna het gesê op Julie 18, 2010

    Puik Petrus. Die wiele van die bus is duidelik los.

    Ja Matfield is die beste keuse op kaptein, maar sy spel beleef ietwat van ‘n insinking.

    Ons, ek, Kammi, Tomma, Ghaap en vele ander ween saam met jou.

    Enige mens wat weet hoekom rugby nie met ‘n medisynebal gespeel word nie, huil ook saam

  3. Ek kan baie beter whisky drink as wat ek kan rugby kyk……..

  4. abrham het gesê op Julie 18, 2010

    ‘n groot kop op verkeerde plek is ‘n meul steun
    januarie maak kwotas se naam stink

  5. Vetjan het gesê op Julie 21, 2010

    genadiglik is die skakelpaar vir Saterdag Ruan en Morne.

  6. Vetjan het gesê op Julie 21, 2010

    All Blacks het Saterdag baie beter as die bokke gespeel.

  7. Vetjan het gesê op Julie 21, 2010

    Hahahaha, glad nie sleg nie Monica !

  8. Vetjan het gesê op Julie 21, 2010

    thanks Ouboet.

  9. Vetjan het gesê op Julie 21, 2010

    Matfield is verlep, want elke keer is daar ‘n fout met sy slotmaat.

  10. Vetjan het gesê op Julie 21, 2010

    Ja wragtag !!!!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.