Regverdig?

Julie 17, 2010 in Sonder kategorie

Eerste wou ek vandag by Lenka weet of Jarmila familie is. Altwee is Kratochvilovas. Lenka se nooiensvan is eintlik iets anders, haar eerste man was ‘n Kratochvil, so Kratochvilova is eintlik ‘n aangetroude van. Eintlik wou ek weet of Jarmilla dan ‘n niggie of iets van haar eks man is. Nee, alhoewel die ouderdomme van die mense hierbo hulle in dieselfde tydvak plaas.

Tweedens, en die rede vir die vraag, het dit gegaan oor Jarmila Kratochvilova as atleet, synde nou dat haar wêreld rekord van 1 min 53.28 sekondes vinniger is as Caster Semenya se tyd van 1 min 55.45 sekondes.  Ook omdat Christi Van der Westhuizen vandag in die By skryf dat ” Dit gaan dus eintlik meer oor hoe sy lyk”.

Ek het nuus vir Christi. Komende nou van Lenka Kratochvilova, wat nie familie van Jarmila is nie.

Jarmila het nie ‘n man of kind nie. Was nooit getroud nie, en wait for it .. is meer man as vrou … op die oog af. Die enigste rede aldus Lenka, daar destyds nie meer van ‘n bohaai was oor Jarmila se geslag nie, was omdit Tsjeggië toe nog agter die ystergordyn was, daar nie persvryheid was nie, en die staat nie lastige vrae geduld het nie. Vir die kommunistisie partyleiers was dit belangriker om nog ‘n sportheld te hê. Daar was twyfel by die publiek.. met al die gepaardgaande grappe. Die Tsjegge is meesters van humor en spot.

Oor die atletiekorganisasies se hantering van die Caster Semenya geval wil ek nie meer skryf anders as dat dit pateties swak hanteer is nie. Die arme kind. Gelukkig kan sy nou weer deelneem, en daar is stories van een of ander mediese ingryping. Ons weet maar wat ons lees.

Die inskrywing is my “take” op Christi se artikel in die koerant vandag. Volgens haar :

“Sekerlik weens die nuttelose inligting wat die ‘wetenskaplike’ toetse produseer – dat daar meer as twee geslagte is – moes hulle toe ‘n paneel deskundiges aanstel om vas te stel of Semenya se “onvroulike” vertoning toegelaat mag word.”

en

Oor Micheal Phelps, hy van die lang arms en groot voete, en meer goue medaljes as Mark Spitz :

” Die owerhede het nie sy loopbaan opgeskort en mediese ingryping voorgestel nie. Hoekom word interseksualiteit ook nie so hanteer nie?”

Okay Christi, so wat beteken dit, moet ‘n interseksuele persoon dan as man of as vrou deelneem? Of wat bedoel jy nou eintlik?

Hulle wou Oscar die “bladerunner” ook nie eintlik saam met die “normale” ouens laat hardloop nie.

Christi sluit af met ” bewaar jou as jy nie konformeer tot die twee geslag stelsel nie”.

Onder watter afdeling moet interseksuele mense dan deelneem, en hoe gaan hulle weet waar so persoon moet deelneem, of gaan hulle bloot kyk na die uitwendige organe, en dan besluit , yes, dis ‘n hy of sy.. of wat ? Christi wil dan hê dit moet soos Phelps se “abnormaliteit” hanteer word.

Wat my dan by die eintlike punt uitbring.

Die lewe is onregverdig, en kompeterende sport spesifiek beklemtoon die onregverdigheid. Soos Phelps met die groot pote, dis eintlik ingeboude paddapote, so hy swem vir almal weg.

Mense word gebore met gene. Party het het ongelooflike natuurlike eienskappe… soos Bruce Fordyce wat langafstande kon hardloop, en Os wat in die skrum kon druk.. en ander mense kry nie daardie gelukspakkie nie, is swak, of sieklik, of gebreklik.

Die onregverdigheid van die lewe is nou maar eenmaal dat die meeste mense het nie die wondelike gene wat dit vir hulle moontlik maak om sport kampioene te wees nie. Dit help nie ek, Petrus Pap, wil die Wimbledon ope tennis kampioen wees nie, aint gonna happen, ek was so vrotsige tennispeler, dat ek nooit eers verby beach bats kon vorder nie.

Die “tirannie” van die twee-geslag stelsel in sport is nou maar een van die onregverdige dinge in die lewe, want ek kan nie eintlik sien dat die stelsel mens andersins kortwiek nie. Wie gee nou om of die haarkapper, asblikman, loodgieter, kelner, onderwyser, joernalis of wat ookal nou eintlik man, vrou of tweeslagtig is? Solank die persoon sy werk goed doen, en redelik in die samelewing kan regkom.

Soos die Suidwes oom altyd gesê het: die lewe is ‘n kak toebroodjie.

2 antwoorde op Regverdig?

  1. loudavisi het gesê op Julie 18, 2010

    Lekker interessant, Petrus.
    Dankie.

  2. Ek hoop jy het ‘n heerlike dag met ‘n tamatie kaas en ham toebroodjie….

Los ’n antwoord vir monicahaddad. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.