Slow motion 3D

Julie 12, 2010 in Sonder kategorie

In die foto hieronder is die ouens besig om ‘n baie spesiale videokamera op ‘n soort hyskraan te monteer.

Ek het voor by hierdie kamera se lens gaan kyk. Daar is twee lense. Dit beteken die ding skiet 3 D.

‘n Gewone film of video kamera skiet 24 raampies per sekonde. Beweging lyk dan normaal, en nie rukkerig nie.

“Slow motion” het begin toe hulle ‘n ou opwen kamera ge “overcrank” het, dat die ding vinniger moet rol as 24 raampies per sekonde. Ek het eens op ‘n tyd nogal ‘n ou Bolex 16 mm opwen kamera ge-erf. Hy het nogal twee “slow motion settings ” gehad, onderskeidelik 36 en 48 fps – frames per second – raampies per sekonde dan.

“Blood and Guts” filmmaker, Sam Peckinpah, was baie lief vir “slow motion” ontploffings, trefslae met bloed wat spat, soos in die klassieke en geweldadige “Wild Bunch” van 1969.

Pekinpah was eintlik ouens soos Verhoeven en Tarantino se voorloper, en ek sal miskien ander dag iets oor hulle skryf, wat relevant is hier, is dat die ou “slomo” nie heeltemal so drasties is nie. Jammer vir die afwyking , maar my voorliefde vir skop, skiet en hoogspring flieks skemer maar altyd deur. Die super “slomo” is daardie tonele van water druppels wat val ensovoorts. Nie meer 48 fps nie, maar baie vinniger.. of dan stadiger vir die kyker .. soos 200 fps, of nog meer. Die kykweer by die rugby om te sien of die drie ‘n drie was, is nie regte slomo in die dat hulle dit hoë spoed geskiet het nie, maw vinniger as 24 fps nie, dit is eenvoudig dat hulle die beeld stadig laat terug speel, en beeld gehalte bly in die slag.

Video kameras is anders as film kameras, en deesdae gaan alles oor na digitaal toe, met beeld wat nie meer op band vasgelê wprd nie, maar op hardeskyf. Nou eers begin ons die sogenaamde “high speed” digitale video kameras kry, wat “super slow motion” kan skiet. Daar is ‘n kamera wat 1000 fps kan skiet…. 24 fps is normale spoed.

Hier is een van my persoonlike gunsteling “slow motion shots” ….. natuurlik.

 

Haha, dit was toe nie die finale “shoot out ” van “The Wild Bunch” nie, nie omdat ek dalk die ou kindertjies wat dalk my blog mag lees nie wil ontstel nie, maar eenvoudig omdat boonste skoot beter “slomo” is, en ek net so baie van “surf movies” hou.

As jy Avatar in 3 D met die brilletjie gaan kyk het, dan ken jy 3 D… die stereoskopiese effek.

Wat die ouens gedoen nou het was om om twee van die kameras soos hieronder beskryf, te kombineer sodat die beeld in 3D vasgevang word.

“This camera is not just a high-speed camera, but an instrument that gives the cinematographer 35mm depth of field either at HD or 2K resolutions with stunning results. The Phantom HD GOLD combines the visual quality of high-definition imaging with the high frame rates of specialty cameras.

Whether your imaging needs encompass broadcasts of rapidly moving sports events, the production of commercials, a music video, an award-winning documentary, monitoring a rocket launch, or possibly you are an innovative cinematographer working on a special film project that needs “a new look” to tell the story, the flexibility and virtually limitless control of the Phantom HD GOLD will provide you with unforgettable footage. “

Hulle wil ‘n haai wat spring afneem, in slow motion 3D. Miskien sal ons een van die dae ‘n “award winning” documentary in 3D sien.

6 antwoorde op Slow motion 3D

  1. Sjoe, asemrowende tegnologie!

  2. Neander het gesê op Julie 13, 2010

    Ferdie Greyling het vandag in Beeld ‘n lekker artikel oor 3D geskryf. Hy het self die laaste sokkerwedstryd in 3D gekyk met ‘n spesiale bril.
    In Engeland word rugby reeds in 3D deur SKY afgeneem en uitgesaai en krieket begin eersdaags.

    Dis die ding vir die toekoms.

  3. Vetjan het gesê op Julie 13, 2010

    haha dis nogal ‘n gedagte

  4. Vetjan het gesê op Julie 13, 2010

    sal gaan kyk

  5. Vetjan het gesê op Julie 13, 2010

    digitale video gaan nogal vinning vorentoe, mens kan nie byhou nie.

  6. Vetjan het gesê op Julie 13, 2010

    Dis nice ne

Los ’n antwoord vir Neander. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.