Raas Bakkies se kop dan nog meer as wat ons gedink het?

Julie 11, 2010 in Sonder kategorie

Gister se treurmare in Nieu Seeland het net weer eens gewys in watter droom wêreld veral sportjoernaliste leef. Kyk maar hoe het hulle die hele laasweek geskryf hie goed die bokke is en bla bla bla. Ek gaan eers laer af verder oor Bakkies praat.

Onthou ek is ook ‘n WP ondersteuner, en daarom :

Die Kaapse se derderangse, derdekeuse skrumskakel…. wat na Fourie Du Preez blykbaar Suid Afrika se beste is!?

Goed en wel, dis die keurder met die snor wat hom gekies het. Gaan Piet Snorre die lig sien? Ruan Pienaar is byvoorbeeld ‘n BAIE beter skrumskakel as Januarie, en dan is daar verskeie ander ook, die waarheid is dat daar ten minste 10 skrumskakels in SA is wat beter is. PdV het hierdie keuse totentaal verkeerd gekry.

Jean de Villiers het swak verdedig. Gio Aplon sou ‘n baie beter keuse op vleuel gewees het.. dus as kwotas ‘n rol gespeel het by PvD se keuse van skrumskakel .. drop vir Ricky en Jean, en kies Ruan en Gio, dan sit jy met ‘n beter span.

Dan is daar die groot yster losvoorspeler Pierre Spies wat staan en kyk hoe Bryan Habana moet inklim.. die AB voorspelers was in alle fasette baas.

Kollektief het die bokke se koppe heeltemal te veel geswel, en dink vandag het hulle ‘n kollektiewe babelaas. Ek wou eintlik al lankal iets skryf oor Jaque Fourie. Hy is ‘n puik speler, maar sy hele sielkundige benadering is verkeerd. Ek kry eintlik skaam as hy as speler van die wedstyd op TV iets moet sê, want dis altyd ‘n arrogante klomp kak.

Gister het hy natuurlik ook swak gespeel, maar hy is vir my die “embodiment” van wat sielkundig by die bokke verkeerd is.

BRING DRINGEND “N SPORT SIELKUNDIGE VIR DIE BOKKE !! …of is daar dalk een ????? fire hom dan!

Verdere kopstories:

John Smit sê sommer prontuit hy weet nie wat in Bakkies se kop aangaan nie. Kyk na die res van die idioot se geskiedenis soos dit op You Tube verskyn : byvoorbeeld hier en hier.

Kyk maar self op You Tube hoe baie gevalle daar is.

Bakkies Botha het Sprinbok rugby se naam goed vergat. Ek is ook nie verbaas dat Graham Henry nie verbaas is nie.

“I’m not surprised,” Henry said of the suspension. “He’s got a history. He’s probably lucky he didn’t get more than nine weeks.

As jy iemand lights out wil slaan is die agterkop een van die beste plekke om te teiken, dit is byvoorbeeld in boks ook ‘n “foul”.

Hier kopstamp Bakkies die man op die agterkop, die hoek van die stamp was verkeerd, anders was die man lights out.


 


Vanaand is daar darem sokker, en al wen Holland nie, sal ek dit nog steeds geniet.



10 antwoorde op Raas Bakkies se kop dan nog meer as wat ons gedink het?

  1. louisna het gesê op Julie 11, 2010

    Ek wonder hoekom Danie Rossouw tot dusver hoofsaaklik as imakspeler gebruik is. Hy is myns insiens beter as Bakkies. Hoe langer Danie op die veld is, hoe beter speel hy. Ek stem, Bakkies het gefaal.

    Pokkel is nie naastenby in Ruan se skadu op no 9 nie.

    Die telling gister het die bokke gevlei.

  2. jy is kwaad.

  3. Vetjan het gesê op Julie 11, 2010

    ja man, i.p.v , miskien is dit ‘n wake up call.

  4. Vetjan het gesê op Julie 11, 2010

    inderdaad

  5. Ek dink Bullebakkies speel net rugby sodat hy mense wettiglik kan seermaak.

  6. Neander het gesê op Julie 12, 2010

    Bullebakkies ly aan venynigheidsindroom en hy is ‘n las vir die Span.
    Nog ou hout wat moet uit is, oorgewig John Smit, pokkel Jauarie, Rallepelle nie eers ‘n Bloubul nie en hasbeen Butch.
    Sal Snorre dalk nog wakkerskrik?

  7. Vetjan het gesê op Julie 12, 2010

    Bakkies moet gaan vir berading of iets.

  8. Vetjan het gesê op Julie 12, 2010

    Ek dink sy drade het iewers ‘n kortsluiting gemaak.

  9. Vetjan het gesê op Julie 12, 2010

    Dit is die million dollar question – gaan Snorre wakkerskrik ?

  10. Vetjan het gesê op Julie 12, 2010

    Ek dink daar is so iets, maar daar gaan hulle hom gou gou op sy moer gee.. jymoet slim ook kan fight.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.