Dis nou maar wors.

Julie 3, 2010 in Sonder kategorie

Om op ‘n Vrydagaand sokker op die kassie te kyk is bietjie ongewoon, maar ‘n braaiery is nie. Synde dat daar nou ook genoeg tyd was tussen die wedstryde, was daar genoeg tyd daarvoor. Ook genoeg tyd om ‘n redelike duik in die drankvoorraad te maak. Nou ja…. op ‘n stadium kom die wors toe onder bespreking.

Boerewors.

Almal weet natuurlik dat ‘n slagter of winkel of wie ookal, nie sommer enige wors boerewors mag noem nie. Byvoorbeeld “plaaswors” is gewoonlik nie “boerewors” nie, en Oom Piet se beeswors, of ouma se skaapwors, of Jan se Swartbergvolstruiswors, of Spekkies se bokwors, of Joe se farmstyle wors .. 

Reg, so nou word daar spekuleer/gestry/gedebateer ens oor wanneer is ‘n wors regte egte boerewors.

Na al die verversings en wyn, weet elke ou toe beter as elke ander een, en almal saam is ewe in die duister.

Alhoewel Fifa nou eers begin oorweeg of tegnologie in te span om omstrede beslissings minder omstrede te maak, het iemand by die braai intussen onthou dat ons ook tegnologie tot ons beskikking het, en deesdae kan mens op jou selfoon google…..

Dus : Die Worswet oftewel “Regulations concerning the composition and labelling of raw boerewors, raw species sausage and raw mixed-species sausage” soos die minister dit op 23 November 1990 in die Staaskoerant publiseer het.

Google is verbasend.

Okay gaan google maar self as julle die regulasies self wil aflaai ( om jou eerlike slagter te help om op die straight and narrow te bly), maar hier is die goed wat ons nie geweet het nie.

1. Boerewors moet 90% uit regte egte vleis bestaan.

2. Die vleis mag wees : bees, skaap, vark en bok. Kan gemeng ook wees in enige kombinasie.

Hierdie een was vir almal ‘n openbaring.

3. Maksimum 30% vet.

4. Niks afval en skraapsels, kraakbeen, ligamente en sulke goed nie. Behalwe nou die dermpie.

5. Niks by behalwe stysel, kruie en geure en water nie.

Reël een hierbo , met die 90% vleis, beperk natuurlik die gesamentlike ander bestandele tot 10%.

Daarmee dan my behulpsame blog vir die naweek, waarmee jy as oorwinnaar van ten minste een braaivleis bespreking/argument  jou wors kan eet.

Lekker naweek verder !

22 antwoorde op Dis nou maar wors.

  1. HeavyHenry het gesê op Julie 3, 2010

    Jis – klink amper soos – as dit vleis is, en dis in ‘n derm, dan’s dit boerewors!

  2. louisna het gesê op Julie 3, 2010

    Thanks vir die inligting.’n Lekker stuk wors bly maar koningskos. Ek braai nooit sonder ‘n stukkie wors nie. Soms is dit die hoofgereg.

  3. 90% vleis en 30% vet ? 120% wors
    tel vet ook as vleis?

  4. Vetjan het gesê op Julie 3, 2010

    hulle verwys seker na die vetinhoud van die vleis.

  5. Vetjan het gesê op Julie 3, 2010

    Goeie boerewors is darem lekker

  6. Vetjan het gesê op Julie 3, 2010

    amper so iets ja

  7. louisna het gesê op Julie 3, 2010

    Baie waar. Ek glo nie daar gaan ‘n worslose week in ons huishouding verby nie

  8. Vetjan het gesê op Julie 3, 2010

    Goeie wenk ! dankie kammmakazi, sal ‘n nota daarvan maak.

  9. plankloper het gesê op Julie 3, 2010

    Viva boerie viva! Lynpark slaghuis maak ‘n “topside” wors (dis nou in die Jakarandastad)Prima!

  10. Vetjan het gesê op Julie 3, 2010

    Ek hoor in Napier is ‘n slagter wat lekker wors maak.

  11. Vetjan het gesê op Julie 3, 2010

    Lynpark .. sal dit ook onthou.. dankie.

  12. Vetjan het gesê op Julie 3, 2010

    praat jy nou van die kunsmatige dermpie

  13. Al wat ek weet dis ‘n baie groot gesukkel om wors sonder MSG te kry en MSG vorm toksines in die brein en MSG………… en MSG………….

  14. Vetjan het gesê op Julie 3, 2010

    Ek moet nog die gerug van goeie wors in Napier verifieer, en as ek weer daar verbyry sal ek bietjie wors koop en proe… ek sal nie op sterkte van ‘n gerug alleen soontoe ry nie.

  15. Vetjan het gesê op Julie 3, 2010

    o aarde Monica, wat is msg en hoe weet mens of hulle dit bygegooi het? Bestaan daar ‘n moontlikheid dat baie alkohol dalk as ‘n antidote teen msg kan optree ?

  16. Baie goeie vraag ;-)oor die alkohol,maar hulle is verplig om dit op te sit, maar gaan google gerus msg jou hare sal regop staan.

  17. Vetjan het gesê op Julie 4, 2010

    ek het MSG gaan kyk op wikipedia….. hoe meer mens lees hoe sleg dit vir jou is… hoe meer allergiese reaksies kry jy

  18. Boerewors kan ‘n slaghuis maak of breek. As ‘n slaghuis kak boerewors verkoop dan dink ek altyd hulle ander vleis is ook nie op standaard nie.
    Jy is reg – boerewors mag nie boerewors genoem word as dit nie aan sekere standaarde (soos jy genoem het) voldoen nie.

  19. Vetjan het gesê op Julie 4, 2010

    presies reg Thomas 🙂

  20. Vetjan het gesê op Julie 4, 2010

    Koljander is ‘n baie baie belangrike bestandeel.

  21. lisabeth het gesê op Julie 10, 2010

    Ek hoor ‘n gerug dat Groenkloof slaghuis daarbo by julle glo die lekkerste droewors in die weste maak?

  22. plankloper het gesê op Julie 12, 2010

    Dit is in derdaad so. Hulle word gereeld besoek op rugbydae!

Los ’n antwoord vir monicahaddad. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.