Jy blaai in die argief vir 2010 Julie.

Snoektyd.

Julie 25, 2010 in Sonder kategorie

‘n Perfekte winter sonskyndag is mos heeltemal normaal in die binneland. Ysig koud in die vroegoggend, wit gerypte gras, maar ‘n blou blou lug en sonskyn.

Die Kaap is anders, die koue fronte moet in die winter deur storm, die een na die ander en reën saambring. Hierdie jaar is die weer traag. Dit word koud. Eintlik kouer as wat mens normaalweg sou verwag van ‘n Julie, maar nie so nat nie, en wat ons het is hierdie mooi sonskyn dae… in die middel van die winter…

Die redelik goeie see toestande gee die manne ‘n kans vir ‘n winter bonussie, en daar kom vir ‘n verandering ‘n paar “wettige” perlemoene ook uit.

Intussen loop die snoek met mening. Kleinerige snoekies. Die bote kom met duisende snoeke in.  ‘n Groter skuit kan tot vier duisend van hierdie klein snoekies inbring. Die smouse probeer die prys afstry na onder  R 4.00 ‘n snoek, maar die gemiddeld is darem R 5.00. Die smous ry dan met sy bakkie tot iewers lans die pad en verkoop die snoeke aan die publiek… of die groot vragmotor laai hulle, en gaan vries hulle vir die binnelandse mark, of gaan rook hulle of so iets.

 

As die boot inkom probeer ek altyd een of twee bo van die hoop af kry, en betaal R 10.00 ‘n snoek met ‘n smile.

Dit is belangrik om ‘n boonste snoek te kry, om twee redes. Dis die snoek wat die mees onlangste gevang was, net voor hulle lyne opgetrek het.  So daai snoek is so vars as wat hy kan wees, minder as ‘n uur gelede nog in die see rond geswem.

Tweedens het hy nie die gewig van al die ander baie snoeke bo op hom gehad nie. Die vleis het die beste tekstuur.

Vier mense kan maklik eet aan ‘n klein snoekie, en teen R 10.00 ‘n snoek is dit selfs ‘n bargain as net twee mense die snoek opeet. Vyf rand vir ‘n halwe snoek ?  bargain ! Die vlekker vra of hy die kop en die kuite kan kry, wat ek gee, hy vra nie vir geld om te vlek nie, maar ek gooi tog maar ‘n vyf rand munt in sy hempsak vir die twee snoeke se vlek. Nou werk dit uit op R 12.50 per snoek. Nog steeds ‘n absolute winskoop.

Intussen kom die perlemoenbote ook in. Moenie dink jy kan ‘n perlemoen koop nie. Nie dat ek sou wou nie. Beginsel besware.

Soos met kreef, en dit het niks met bewaring of oordrewe sin vir verantwoordelikheid te make nie. Suiwer ego aan die een kant, en dan natuurlik ook dat mens betaal nie vir iets wat jy verniet kan kry nie.. wel .. soortvan. Ja, die permitte kos geld by die poskantoor ensovoorts, maar ek praat nou nie van daai kostes nie.

Ewenwel, die perlemoene kan jy net by ‘n gelisensieerde handelaar koop, en dan teen die internasionale markprys. Die fabriek betaal die duikers R 300 ‘n kilo in die dop. Hulle het net twee dae nodig om die 500 kg of wat uit te haal. Nou verstaan julle die treurmare oor die kwotas. R150 000 in twee dae.

Bokke

Julie 24, 2010 in Sonder kategorie

O aarde

Die Australiërs is miskien reg oor narre en so voorts

Julie 23, 2010 in Sonder kategorie

“I’m a God-given talent, I’m the best I can ever be. So what you think doesn’t bother me. I know what I am and I don’t give a damn.”

“I won’t change my style, if I change my style I will change Peter de Villiers, and then I would have to tell God that he made a mistake when he made me,”

“The way things are going right now, in a few year’s time these guys won’t need a coach”

 “Ja, you know, these guys, they can play on the moon.”


“Ja, you know, if you want to run with the big dogs you have to lift your leg.”

“There’s little difference between winning and losing, except you feel better after winning.”


“If you look at the Bible and see how Joseph got out of the pit and ended up in the palace, but between the pit and the palace there was a moerse lot of kak.”


“If we are going on like this, why don’t we go to the nearest ballet shop, get some tutus and get a dancing shop going? There will be no eye-gouging, no tackling, no nothing and we will enjoy it.”


“What I learned in South Africa is, if you take your car to a garage and the owner is black or a black man, and they mess it up, you never go back to that garage.  If the owner is white, you say ag, sorry, they made a mistake and you go back again. This is how some people live their lives in this country.”

“If we want to eye-gouge any Lions we will go down to the bushveld like we do and eye- gouge them there.”

‘n Mens kan nie met die Australiërs stry nie, die man se sêgoed is skreeusnaaks.

Of Meneer Snor nou met ‘n ander man se kalwers ploeg of nie, hy is loshande die snaakste Springbok afrigter ooit, en ten minste het hy nie grootskaalse veranderinge aangebring aan ‘n voormalige wenspan nie.

Genadiglik het ons darem nou ‘n ordentlike skakelpaar vir die wedstryd môre.

Eintlik is die situasie nie so beroerd nie, dink bietjie terug.

Rudolph Staaldraad Streauli was loshande die vrotste en onoselste Springbok afrigter ooit. Ook die mees humorlose en macho een.

Ek verstaan nie hoekom die Bok bestuur nou nie met die Ozzie media wil praat nie, hulle het oor niks gejok nie, en die sêgoed is daar vir die rekord.

Spanbestuur dop ‘n yslike toets, en fokus nou net nog MEER aandag op die sirkus.

Jy mag nie egbreek nie

Julie 22, 2010 in Sonder kategorie

“Thou shalt not commit adultery” is a command which makes no distinction between the following persons. They are all required to obey it:

     Children at birth.
     Children in the cradle.
     School children.
     Youths and maidens.
     Fresh adults.
     Older ones.
     Men and women of 40.
     Of 50.
     Of 60.
     Of 70.
     Of 80.
     Of 90.
     Of 100.

     The command does not distribute its burden equally, and cannot.

     It is not hard upon the three sets of children.
     It is hard — harder — still harder upon the next three sets — cruelly hard.
     It is blessedly softened to the next three sets.
     It has now done all the damage it can, and might as well be put out of commission.

Yet with comical imbecility it is continued, and the four remaining estates are put under its crushing ban.

Poor old wrecks, they couldn’t disobey if they tried. And think — because they holily refrain from adulterating each other, they get praise for it!

Which is nonsense; for even the Bible knows enough to know that if the oldest veteran there could get his lost heyday back again for an hour he would cast that commandment to the winds and ruin the first woman he came across, even though she were an entire stranger.

Mark Twain in 1909.

Al wat ek hier sien is dat:  the more things change, the more they stay the same.

En dat ek deesdae beter verstaan hoekom ek van die stories van Tom Sawyer en Huckelberry Finn gehou het.

Joan Hambidge en ander oor Deborah en Melt se gesprek op Litnet.

Julie 21, 2010 in Sonder kategorie

Op die Litnet werf is daar ‘n afdeling met die hofie “Menings/Opinion”, met onderafdelings soos briewe, blogs, bieg en oa. ook “onderhoude”.

Dit is die ligte kant van Litnet, die nie-akademiese kant.

By Onderhoude  verskyn daar toe ‘n artikel Van die webvoet na die skryfhand: Melt Myburgh en Deborah Steinmair gesels oor hul nuwe boeke”.

Met ander woorde Joan Hambidge, Gert van der Walt en Heidi, dit is nie resensies nie, dit is ‘n gesprek tussen twee vorige webvoete oor hulle nuwe boeke. Hulle vertel mekaar van hulle nuwe boeke.

Die item is NIE geplaas by die Boeke of Resensie afdelings nie. Die item poog nie om enige iets anders te wees as ‘n informele geselsie tussen Melt en Deborah nie.

Joan Hambidge gaan voort om haarself in die voet te skiet met “Wat aanvaarbaar/onaanvaarbaar is vir die akademiese praktyk, is wanneer mense nie kan lees nie.”

Net so. Des te meer as mens ‘n professor is en mens in die “ligte” menings gedeelte van Litnet, tussen die briewe,blogs, en bieg ‘n item gaan lees en  nog die konteks nog die opskrif verstaan nie.

Ware literêre sotterny! Om ‘n “broadside” af te vuur as jy nie verstaan wat aangaan nie.

Oester se stuk dronkverdriet is sekerlik te wyte aan die gehalte van sy blits.

Gert van der Walt en Heidi se sikofantiese briewe is presies net dit.

En al die helde na al die geploeter

Julie 18, 2010 in Sonder kategorie

Vlieg nou Brisbane toe, waar dit nou die Wallabies se beurt is om hulle te rev. Hopelik nie ook soos in Nieu Seeland te rev en te ref nie. Speler van die wedstryd gaan beslis aan Alain Rolland vir sy sleutel aandeel in die All Black oorwinning.

Wat ons eie span ploeteraars betref. Laas week het ek mos gesê wat fout is.

Sowaar ! daar haal die voortreflike meneer Snor toe uiteindelik vir Jannewarie af, en sit Pienaar op, met ‘n dadelike verskil in die span. Ditto Aplon. Jean de Villiers is nie ‘n vleuel nie, wat het hulle besiel om hom op vleuel in te span?

Dan kom ons by twee ander helde.

Ons manlike model, Piet Spiere, ek bedoel Pierre Spies, die mees gespierde en bes geboude toeskouer ooit by ‘n rugby wedstryd. Net soos laas Saterdag, gister weer. Ek dink ‘n loopbaan in Hollywood, siende nou dat Arnold en Sylvester-hulle nou bietjie lank in die tand begin raak, is miskien vir Pierre ‘n beter roep. Ek wou eers ‘n reeks sessies by die span se kop dokter ( hopelik is ‘n nuwe een wat die werk verstaan op pad) aanbeveel, maar ek dink nie Pierre is behandelbaar nie.

Jaque Fourie sal miskien die Wizard of Oz kan opsoek, terwyl hulle nou soontoe op pad is. Net soos Dorothy se leeu-vriend, is dit duidelik dat Jaque ‘n hart oorplanting nodig het. Sielkundige berading gaan nie help nie, die probleem is te erg. As die towenaar van Oz, die leeu kon uitsorteer, kan hy Jaque ook seker help.  Jaque het die bal darem nou en dan raak gevang, om dit dan weer oombliklik wild weg slinger.  From hero to zero in 80 minutes.

John Smit was ‘n goeie kaptein, maar sy spel is eenvoudig net nie meer op standaard nie.

Ek weet regtig nie wie kapteinskap moet oorneem nie, Matfield?

Dit bly natuurlik ook ‘n ope vraag of meneer Snor en sy assistente die regte ouens vir die job is.

Intussen gaan ek maar nog ‘n whisky bottel gryp.

Regverdig?

Julie 17, 2010 in Sonder kategorie

Eerste wou ek vandag by Lenka weet of Jarmila familie is. Altwee is Kratochvilovas. Lenka se nooiensvan is eintlik iets anders, haar eerste man was ‘n Kratochvil, so Kratochvilova is eintlik ‘n aangetroude van. Eintlik wou ek weet of Jarmilla dan ‘n niggie of iets van haar eks man is. Nee, alhoewel die ouderdomme van die mense hierbo hulle in dieselfde tydvak plaas.

Tweedens, en die rede vir die vraag, het dit gegaan oor Jarmila Kratochvilova as atleet, synde nou dat haar wêreld rekord van 1 min 53.28 sekondes vinniger is as Caster Semenya se tyd van 1 min 55.45 sekondes.  Ook omdat Christi Van der Westhuizen vandag in die By skryf dat ” Dit gaan dus eintlik meer oor hoe sy lyk”.

Ek het nuus vir Christi. Komende nou van Lenka Kratochvilova, wat nie familie van Jarmila is nie.

Jarmila het nie ‘n man of kind nie. Was nooit getroud nie, en wait for it .. is meer man as vrou … op die oog af. Die enigste rede aldus Lenka, daar destyds nie meer van ‘n bohaai was oor Jarmila se geslag nie, was omdit Tsjeggië toe nog agter die ystergordyn was, daar nie persvryheid was nie, en die staat nie lastige vrae geduld het nie. Vir die kommunistisie partyleiers was dit belangriker om nog ‘n sportheld te hê. Daar was twyfel by die publiek.. met al die gepaardgaande grappe. Die Tsjegge is meesters van humor en spot.

Oor die atletiekorganisasies se hantering van die Caster Semenya geval wil ek nie meer skryf anders as dat dit pateties swak hanteer is nie. Die arme kind. Gelukkig kan sy nou weer deelneem, en daar is stories van een of ander mediese ingryping. Ons weet maar wat ons lees.

Die inskrywing is my “take” op Christi se artikel in die koerant vandag. Volgens haar :

“Sekerlik weens die nuttelose inligting wat die ‘wetenskaplike’ toetse produseer – dat daar meer as twee geslagte is – moes hulle toe ‘n paneel deskundiges aanstel om vas te stel of Semenya se “onvroulike” vertoning toegelaat mag word.”

en

Oor Micheal Phelps, hy van die lang arms en groot voete, en meer goue medaljes as Mark Spitz :

” Die owerhede het nie sy loopbaan opgeskort en mediese ingryping voorgestel nie. Hoekom word interseksualiteit ook nie so hanteer nie?”

Okay Christi, so wat beteken dit, moet ‘n interseksuele persoon dan as man of as vrou deelneem? Of wat bedoel jy nou eintlik?

Hulle wou Oscar die “bladerunner” ook nie eintlik saam met die “normale” ouens laat hardloop nie.

Christi sluit af met ” bewaar jou as jy nie konformeer tot die twee geslag stelsel nie”.

Onder watter afdeling moet interseksuele mense dan deelneem, en hoe gaan hulle weet waar so persoon moet deelneem, of gaan hulle bloot kyk na die uitwendige organe, en dan besluit , yes, dis ‘n hy of sy.. of wat ? Christi wil dan hê dit moet soos Phelps se “abnormaliteit” hanteer word.

Wat my dan by die eintlike punt uitbring.

Die lewe is onregverdig, en kompeterende sport spesifiek beklemtoon die onregverdigheid. Soos Phelps met die groot pote, dis eintlik ingeboude paddapote, so hy swem vir almal weg.

Mense word gebore met gene. Party het het ongelooflike natuurlike eienskappe… soos Bruce Fordyce wat langafstande kon hardloop, en Os wat in die skrum kon druk.. en ander mense kry nie daardie gelukspakkie nie, is swak, of sieklik, of gebreklik.

Die onregverdigheid van die lewe is nou maar eenmaal dat die meeste mense het nie die wondelike gene wat dit vir hulle moontlik maak om sport kampioene te wees nie. Dit help nie ek, Petrus Pap, wil die Wimbledon ope tennis kampioen wees nie, aint gonna happen, ek was so vrotsige tennispeler, dat ek nooit eers verby beach bats kon vorder nie.

Die “tirannie” van die twee-geslag stelsel in sport is nou maar een van die onregverdige dinge in die lewe, want ek kan nie eintlik sien dat die stelsel mens andersins kortwiek nie. Wie gee nou om of die haarkapper, asblikman, loodgieter, kelner, onderwyser, joernalis of wat ookal nou eintlik man, vrou of tweeslagtig is? Solank die persoon sy werk goed doen, en redelik in die samelewing kan regkom.

Soos die Suidwes oom altyd gesê het: die lewe is ‘n kak toebroodjie.

Slow motion 3D

Julie 12, 2010 in Sonder kategorie

In die foto hieronder is die ouens besig om ‘n baie spesiale videokamera op ‘n soort hyskraan te monteer.

Ek het voor by hierdie kamera se lens gaan kyk. Daar is twee lense. Dit beteken die ding skiet 3 D.

‘n Gewone film of video kamera skiet 24 raampies per sekonde. Beweging lyk dan normaal, en nie rukkerig nie.

“Slow motion” het begin toe hulle ‘n ou opwen kamera ge “overcrank” het, dat die ding vinniger moet rol as 24 raampies per sekonde. Ek het eens op ‘n tyd nogal ‘n ou Bolex 16 mm opwen kamera ge-erf. Hy het nogal twee “slow motion settings ” gehad, onderskeidelik 36 en 48 fps – frames per second – raampies per sekonde dan.

“Blood and Guts” filmmaker, Sam Peckinpah, was baie lief vir “slow motion” ontploffings, trefslae met bloed wat spat, soos in die klassieke en geweldadige “Wild Bunch” van 1969.

Pekinpah was eintlik ouens soos Verhoeven en Tarantino se voorloper, en ek sal miskien ander dag iets oor hulle skryf, wat relevant is hier, is dat die ou “slomo” nie heeltemal so drasties is nie. Jammer vir die afwyking , maar my voorliefde vir skop, skiet en hoogspring flieks skemer maar altyd deur. Die super “slomo” is daardie tonele van water druppels wat val ensovoorts. Nie meer 48 fps nie, maar baie vinniger.. of dan stadiger vir die kyker .. soos 200 fps, of nog meer. Die kykweer by die rugby om te sien of die drie ‘n drie was, is nie regte slomo in die dat hulle dit hoë spoed geskiet het nie, maw vinniger as 24 fps nie, dit is eenvoudig dat hulle die beeld stadig laat terug speel, en beeld gehalte bly in die slag.

Video kameras is anders as film kameras, en deesdae gaan alles oor na digitaal toe, met beeld wat nie meer op band vasgelê wprd nie, maar op hardeskyf. Nou eers begin ons die sogenaamde “high speed” digitale video kameras kry, wat “super slow motion” kan skiet. Daar is ‘n kamera wat 1000 fps kan skiet…. 24 fps is normale spoed.

Hier is een van my persoonlike gunsteling “slow motion shots” ….. natuurlik.

 

Haha, dit was toe nie die finale “shoot out ” van “The Wild Bunch” nie, nie omdat ek dalk die ou kindertjies wat dalk my blog mag lees nie wil ontstel nie, maar eenvoudig omdat boonste skoot beter “slomo” is, en ek net so baie van “surf movies” hou.

As jy Avatar in 3 D met die brilletjie gaan kyk het, dan ken jy 3 D… die stereoskopiese effek.

Wat die ouens gedoen nou het was om om twee van die kameras soos hieronder beskryf, te kombineer sodat die beeld in 3D vasgevang word.

“This camera is not just a high-speed camera, but an instrument that gives the cinematographer 35mm depth of field either at HD or 2K resolutions with stunning results. The Phantom HD GOLD combines the visual quality of high-definition imaging with the high frame rates of specialty cameras.

Whether your imaging needs encompass broadcasts of rapidly moving sports events, the production of commercials, a music video, an award-winning documentary, monitoring a rocket launch, or possibly you are an innovative cinematographer working on a special film project that needs “a new look” to tell the story, the flexibility and virtually limitless control of the Phantom HD GOLD will provide you with unforgettable footage. “

Hulle wil ‘n haai wat spring afneem, in slow motion 3D. Miskien sal ons een van die dae ‘n “award winning” documentary in 3D sien.

Raas Bakkies se kop dan nog meer as wat ons gedink het?

Julie 11, 2010 in Sonder kategorie

Gister se treurmare in Nieu Seeland het net weer eens gewys in watter droom wêreld veral sportjoernaliste leef. Kyk maar hoe het hulle die hele laasweek geskryf hie goed die bokke is en bla bla bla. Ek gaan eers laer af verder oor Bakkies praat.

Onthou ek is ook ‘n WP ondersteuner, en daarom :

Die Kaapse se derderangse, derdekeuse skrumskakel…. wat na Fourie Du Preez blykbaar Suid Afrika se beste is!?

Goed en wel, dis die keurder met die snor wat hom gekies het. Gaan Piet Snorre die lig sien? Ruan Pienaar is byvoorbeeld ‘n BAIE beter skrumskakel as Januarie, en dan is daar verskeie ander ook, die waarheid is dat daar ten minste 10 skrumskakels in SA is wat beter is. PdV het hierdie keuse totentaal verkeerd gekry.

Jean de Villiers het swak verdedig. Gio Aplon sou ‘n baie beter keuse op vleuel gewees het.. dus as kwotas ‘n rol gespeel het by PvD se keuse van skrumskakel .. drop vir Ricky en Jean, en kies Ruan en Gio, dan sit jy met ‘n beter span.

Dan is daar die groot yster losvoorspeler Pierre Spies wat staan en kyk hoe Bryan Habana moet inklim.. die AB voorspelers was in alle fasette baas.

Kollektief het die bokke se koppe heeltemal te veel geswel, en dink vandag het hulle ‘n kollektiewe babelaas. Ek wou eintlik al lankal iets skryf oor Jaque Fourie. Hy is ‘n puik speler, maar sy hele sielkundige benadering is verkeerd. Ek kry eintlik skaam as hy as speler van die wedstyd op TV iets moet sê, want dis altyd ‘n arrogante klomp kak.

Gister het hy natuurlik ook swak gespeel, maar hy is vir my die “embodiment” van wat sielkundig by die bokke verkeerd is.

BRING DRINGEND “N SPORT SIELKUNDIGE VIR DIE BOKKE !! …of is daar dalk een ????? fire hom dan!

Verdere kopstories:

John Smit sê sommer prontuit hy weet nie wat in Bakkies se kop aangaan nie. Kyk na die res van die idioot se geskiedenis soos dit op You Tube verskyn : byvoorbeeld hier en hier.

Kyk maar self op You Tube hoe baie gevalle daar is.

Bakkies Botha het Sprinbok rugby se naam goed vergat. Ek is ook nie verbaas dat Graham Henry nie verbaas is nie.

“I’m not surprised,” Henry said of the suspension. “He’s got a history. He’s probably lucky he didn’t get more than nine weeks.

As jy iemand lights out wil slaan is die agterkop een van die beste plekke om te teiken, dit is byvoorbeeld in boks ook ‘n “foul”.

Hier kopstamp Bakkies die man op die agterkop, die hoek van die stamp was verkeerd, anders was die man lights out.


 


Vanaand is daar darem sokker, en al wen Holland nie, sal ek dit nog steeds geniet.



Dis nou maar wors.

Julie 3, 2010 in Sonder kategorie

Om op ‘n Vrydagaand sokker op die kassie te kyk is bietjie ongewoon, maar ‘n braaiery is nie. Synde dat daar nou ook genoeg tyd was tussen die wedstryde, was daar genoeg tyd daarvoor. Ook genoeg tyd om ‘n redelike duik in die drankvoorraad te maak. Nou ja…. op ‘n stadium kom die wors toe onder bespreking.

Boerewors.

Almal weet natuurlik dat ‘n slagter of winkel of wie ookal, nie sommer enige wors boerewors mag noem nie. Byvoorbeeld “plaaswors” is gewoonlik nie “boerewors” nie, en Oom Piet se beeswors, of ouma se skaapwors, of Jan se Swartbergvolstruiswors, of Spekkies se bokwors, of Joe se farmstyle wors .. 

Reg, so nou word daar spekuleer/gestry/gedebateer ens oor wanneer is ‘n wors regte egte boerewors.

Na al die verversings en wyn, weet elke ou toe beter as elke ander een, en almal saam is ewe in die duister.

Alhoewel Fifa nou eers begin oorweeg of tegnologie in te span om omstrede beslissings minder omstrede te maak, het iemand by die braai intussen onthou dat ons ook tegnologie tot ons beskikking het, en deesdae kan mens op jou selfoon google…..

Dus : Die Worswet oftewel “Regulations concerning the composition and labelling of raw boerewors, raw species sausage and raw mixed-species sausage” soos die minister dit op 23 November 1990 in die Staaskoerant publiseer het.

Google is verbasend.

Okay gaan google maar self as julle die regulasies self wil aflaai ( om jou eerlike slagter te help om op die straight and narrow te bly), maar hier is die goed wat ons nie geweet het nie.

1. Boerewors moet 90% uit regte egte vleis bestaan.

2. Die vleis mag wees : bees, skaap, vark en bok. Kan gemeng ook wees in enige kombinasie.

Hierdie een was vir almal ‘n openbaring.

3. Maksimum 30% vet.

4. Niks afval en skraapsels, kraakbeen, ligamente en sulke goed nie. Behalwe nou die dermpie.

5. Niks by behalwe stysel, kruie en geure en water nie.

Reël een hierbo , met die 90% vleis, beperk natuurlik die gesamentlike ander bestandele tot 10%.

Daarmee dan my behulpsame blog vir die naweek, waarmee jy as oorwinnaar van ten minste een braaivleis bespreking/argument  jou wors kan eet.

Lekker naweek verder !