Die lughawe

Mei 14, 2010 in Sonder kategorie

Deel een :

Die vlug is met meer as twee ure vertraag, so in die klein lughawetjie sit almal en wag.

Internasionale lughawe nogal. Inhambane, Mosambiek. Die vliegtuig Johannesburg toe is op pad van Vilankulos af.

Skakel intussen die kompertjie aan, en sowaar, hier is wifi. Oop wifi. Ek klim dan maar op die net, en skryf ‘n blog want hier is ‘n spul vloekende dronk boere wat my moer strip.

Hier wag seker so 40 mense vir die vliegtuig. Die plekkie is klein, ek sal so paar fotos neem en plaas.

Net buite die piepklein kroegie is die oop stoep waar die luidrugtige spannetjie vir almal wat wil of nie wil weet nie kommentaar lewer. Ek vloek ook, en dikwels nogal baie, maar daar is oorwegings soos volume en waar jy jouself bevind. Hierdie boere het geld, hulle was op ‘n visvang en suiptrippie Barra toe. Nou sit hulle hier en vertel van hulle plase, beeste en veeveilings en so aan. Ek verbaas my aan die verstommende arrogansie, ja die een ou het redelik drank gevat, maar tog.

hier sit die manne

Hier sit die manne

 

Ok hier is die vliegtuig nou. Net toe ek begin wonder of ons gaan weg kom.

Deel twee :

Eenkeer vantevore was ons Inhambane toe op pad vanaf Lanseria.  Ons moes in Maputo land vir paspoort stempel, en daar en dan verbied beheer ons om daai middag verder te vlieg omdat al donker sou wees as ons by Inhambane aankom.

Anyway, dis 6 jaar later, en hier het die vliegtuig nou net in die donker geland om ons ORTIA toe te vat. ORTIA is Jan Smuts vir die wat lank laas gevlieg het.

Daar was nie noemenswaardig wind met die opstygslag nie. Tog het dit gevoel asof daar ‘n kwaai dwarswind was. Die ou top wat die voor sit en vlieg herleef seker sy dae as fighter pilot in die Spaanse burgeroorlog. Met die land slag by ORTIA probeer hy sy bes om die landing gear, dis nou die wielietjies, morsaf te breek. Hy kry dit nie reg nie, maar not for lack of trying, die landing gear moes fokken sterk wees, dis al wat ek kan sê.

Deel Drie :

Ek het met die kar Durbs toe gery. Nog steeds werk, maar met byvoordeel dat ek vir die eerste keer in my lewe by Kingspark gaan rugby kyk ( of ABSA veld of watookal), en tweedens wou ek gaan kyk hoe die Stormers die Sharks daar opdonner. Op pad boontoe na my sitplek het ek natuurlik ook by voorbaat my medelye aan verskeie ander Sharks ondersteuners oorgedra.

Die een voordeel van ABSA/Kingspark is dat jy omtrent 2 liter draught bier in so beker kan drink daar op die pawiljoen. Ek het dit alles nodig gehad. Verdomp!

5 antwoorde op Die lughawe

  1. skurwesan het gesê op Mei 14, 2010

    En daar is nie eers ‘n vulkaniese wolk nie? My seun is die eerste een gevang en is nou weer in amerika maar gaan nie via europa nie.
    Dronk manne is verfoeilik. Jikkie.

  2. Vetjan het gesê op Mei 14, 2010

    Daai wolk van Ysland het nogal amok gemaak, maar tog, sou ek VSA toe vlieg, en sou ek ‘n keuse had, sal ek altyd maar altyd vir ‘n dag of 3 ‘n stopover in Europa maak… of langer as daar vulkaniese wolke was!

  3. Was jy al op Paradyseiland, Santa Carolina? Nie vêr van Velanculos af nie. Pragtig.

  4. Vetjan het gesê op Mei 14, 2010

    Ons sal maar sien. Die Stormers het laasweek vreeslik swak gespeel.

  5. Vetjan het gesê op Mei 14, 2010

    Nog nie op Santa Carolina nie, maar al baie by Vilankulos.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.