Jy blaai in die argief vir 2010 Mei.

Skinny jeans

Mei 31, 2010 in Sonder kategorie

Kyk, een ding is seker, as jy in ‘n “band” speel moet jy ‘n “image” hê. Jy is dan ‘n vermaaklikheidskunstenaar, en vermaak is ‘n hele pakket.

Die ou hier in die foto is Gareth Wilson van Southern Gypsey Queen. Die geel skinny jeans wat so halfpad oor sy gat kom is deel van die “act”,  dis eintlik moerse snaaks as die ouens met die stywe jeans op ‘n verhoog probeer klim.. en hulle kan nie op nie want die jeans sit te styf. Geel jeans ?!!

Okay, dit maak nie saak dat ou Gareth se kleredrag nie heeltemal sin maak nie,  want sing en kitaar speel kan hy doen. Hy gee alles, meer as 120%. Die klein meisietjie ook. Sy is Tammy Wilson, sy sussie, en die ander boetie, Paul, speel die dromme. Southern Gypsey Queen verskaf puik vermaak.

Ek veronderstel dit gee mens se ouderdom weg as jy dink Akkedis se tweeling broers lyk meer soos die spelers in ‘n rock band moet lyk… en as Piet Botha saamspeel het jy die Lizard Kings.

Goeienag generaal !

Die Crusaders se oefenkamp.

Mei 26, 2010 in Sonder kategorie

Die Crusaders se sportontwikkelingsarm het briewe gestuur aan skole, waarin hulle die betrokke onderwyser versoek om twee onder 16 spelers te nomineer vir verdere keuring want hulle wil ‘n oefenkamp aanbied.

Die oefenkamp vind in Pretoria plaas en uit die nominasies vanaf die skole wil hulle 60 spelers keur om dit by te woon.

Todd Blackadder en verskeie van die Crusader All Blacks gaan dit aanbied.

Die nuusberig is hier.

Die SA rugby owerhede is vreeslik die bliksem in.

“The South African Rugby Union has taken enormous umbrage, and confirmed that it has approached the New Zealand Rugby Union on an official level to complain about the “horrifying” Crusaders conduct in trying to bolster their youth ranks with South African talent.

SARU said they would also inform the Minister of Sport, Makhenkesi Stofile and the chairman of the Portfolio Committee on Sport, Butana Khompela about the situation and hoped to resolve it amicably”

Ek vind die SA rugby owerhede se onsteltenis belaglik.

Niemand kla as Ryk Neethling ‘n sportbeurs VSA toe kry nie, of ‘n student kry ‘n beurs om by Oxford te gaan swot nie.

Rugby is deesdae professioneel. Crusaders is ‘n besigheidsentiteit. Sport is groot besigheid.

Wanneer die Crusaders nou kom en ‘n oefenkamp in Pretoria wil aanbied, hoekom nie?  Eerstens is daar nie die gebruiklike getjommel en double speak oor ras en dat die onderwysers/afrigters veral iemand uit ‘n minder bevoorregte gemeenskap moet kies nie. Hierdie is eenvoudig, die skool nomineer op meriete, die kinders woon ‘n keuringsessie by,  60 van hulle gaan die oefenkamp bywoon. Klink na ‘n goeie program, en vanselfsprekend is daar geen manier waarop 60 outjies Nieu-Seeland toe gaan verhuis nie.

Natuurlik gaan die Crusaders enkele van die onder 16 outjies probeer werf met sê maar ‘n 4 of 5 jaar kontrak, om sê maar graad 11 en 12 in Nieu Seeland te kom doen by hulle rugby akademie. As die ouers instem, hoekom dan nou nie.

Hier by ons is Universiteite ook glad nie aan die slaap nie. Net eergisteraand vertel een pêl vir my van die wonderlike aanbod wat sy laaitie vanaf ‘n binnelandse universiteit se rugbyklub ontvang het. Kyk maar wie is die afrigters by ons universiteite se rugbyklubs. Okay. Op die platteland sukkel rugbyklubs, maar op die platteland is die nie net rugbyklubs wat sukkel nie. Die demografie van die platteland het verander, en in hierdie blog gaan ek nou rêrig nie ‘n sosioekonomiese ontleding van Suid-Afrika doen nie.

Ek beskou die feit dat die Crusaders in Suid Afrika kom talent werf het as ‘n geweldige kompliment aan Suid-Afrikaanse rugby.

Dink daaroor. Nieu-Seeland kom kyk in Suid-Afrika of hulle nie ekstra talent kan kom werf nie. Dit wys net hoeveel respek hulle vir ons het.

Ek wag nou net vir my uitnodiging om ou Todd bietjie touwys te maak oor oefenkampe. Synde nou dat Tim Noakes hulle daar by die sportinstituut in Kaapstad klaarblyklik nie my kennis en vaardighede benodig nie.

Waarvoor vriende daar is.

Mei 24, 2010 in Sonder kategorie

So bel my ou maat Walther uit Durban.

Hy : raait wat is nou die storie met STRAB?

Ek: hum en ha , hum en ha.

Hy: But you instigated the whole thing, now what is your bullshit?

Ek: Ok, no worries, lets go. See you Thursday at the airport.

So die saak is eintlik vanself opgeklaar. With a little help from my friends.

STRAB.

Daar is ‘n TV, ek vermoed die bands gaan stil wees Saterdag so net na 5 , maar dan gaan die groot paartie plaasvind.

Geen van my kinders gaan daar wees nie, alhoewel die Jaagduiwel die gesprek op die telefoon gehoor het (ek dink hy sou graag wou gaan). Anyway, niemand gaan my nou drama gee oor die ou toppies gaan nie, en besides Walther is ouer as ek, en nogal al vir ‘n hele paar jaar lank al ‘n oupa, maar dis net oor hy jonk begin het. So dit is dit, ons gaan.

En al wat jy sien

Mei 24, 2010 in Sonder kategorie

was toe nie nie heeltemal die Rooi Masjien nie.

Die Wêreldbeker eindstryd het gisteraand plaasgevind, en die Rooi Masjien kon die pyp nie weer rook nie. Hulle wou dit drie in ‘n ry maak.

Hierdie wêreldbeker toernooi het in Cologne, Duitsland plaasgevind. Die finaal was tussen die “underdogs” Tsjeggië en die Rooi masjien van Rusland.

Jaromir Jagr (38) Cz, en Sergei Federov (40) Rus, was die twee oudste spelers van elke span. Jagr speel met ‘n nommer 68 op sy rug, ter herdenking aan die Praag lente, toe Rusland in 1968 Tsjeggië met hulle tenks binnegeval het.

Om die twee spanne as aartsvyande te beskryf is is heelwaarskynlik ‘n understatement.

Die Tsjegge haat die Russe, met die yshokkiebaan as slagveld was die oorwinning baie soet. Telling 2-1.

 

Tsjeggiese kaptein Tomas Rolinek met die beker

Die finale uitslag :

1.   Tsjeggië

2.   Rusland

3.   Swede

4.   Duitsland

5.   Switserland

6.   Finland

7.   Kanada

8.   Denemarke

9.   Noorweë

10. Belarus

11. Latvië

12. Slowakye

13. VSA

14. Frankryk

15. Italië

16. Kazakstan

Ek sien die nuus toe eers vanoggend, en is nou spyt ek het nie gisteraand ‘n braai gereël waar ek beide Tsjegge en Russe heen sou genooi het. Of ten minste dan een Tsjeg en een Rus, hier loop nie so baie van hulle rond nie.

Dilemma

Mei 23, 2010 in Sonder kategorie

Die vraag vir die komende naweek is dit :

Super 14 finaal in Soweto gaan bywoon .. of STRAB toe by Ponta Malongane in Mosambiek ?

Sweis met stokkies

Mei 21, 2010 in Sonder kategorie

Sweis met stokkies is gewone sweis. Shielded metal arc welding. Daai wat die ou langsaan doen agter in sy jaart met die sweismasjien wat hy by Makro gekoop het.

Op my dag was ek self ‘n sweiser se handlanger, “‘welder’s mate” op ‘n groot industriële werf in die noorde van Engeland. Daai jare was dit nie “normaal” vir ‘n laaitie om oorsee te gaan rondfok nie. Jou diensplig bonus en “danger pay” van R 4.10 per dag het meeste ouens gespaar vir die Datsun 1200 bakkies wat hulle wou koop , of beter nog, ‘n Kombi paneelwa met ‘n bed agterin.

Ek het diep in die bos al besluit dat as ek ‘n jaar lank in die bos gaan wees dan gaan ek ‘n jaar lank oorsee rondloop. My eerste jaar diensplig is nie vir daardie som in berekening gebring nie want ek wou my liewe moeder van ‘n senuwee ineenstorting spaar en tweedens was ek effe bang dat ek presies al my skoolkennis sou vergeet het as ek eers vier jaar na skool met verdere studies sou begin.Twee jaar diensplig plus twee jaar oorsee sou na my mening bietjies te lank wees.

Ek was verniet bekommerd, ek het anyway omtrent alles gepluk in my eerste jaar, maar dit sou onregverdig wees om vergete skoolkennis daarvoor te blameer. Anyway ek het net vir een jaar gaan rondloop, en nadat ‘n ou my in Wildernis se Holiday Inn vertel het van die job in Engeland waar ek my luck kon traai het ek gegaan, en wonder bo wonder vir drie maande lank in Engeland as ‘n sweiser se maat gewerk. Toe het ek verder rondgeloop tot al my geld op was.

Deesdae is daar nou mos nie meer diensplig nie, so die Jaagduiwel het laasjaar al vir my gesê hy vat ‘n gap jaar. Hy is ‘n “petrol head”, en iewers het daar iets fout gegaan met die gene want hy het het meganiese aanleg en handvaardigheid wat die onosel PP glad nie het nie.

Intussen raak die laaities ook redelik duur met hulle belangstellings en aktiwiteite na skool, ek  onthou toe van destyds in Engeland dat die welder meer as twee keer soveel geld gemaak het as sy maat. Die Jaagduiwel was ook te vinde vir die gedagte dat ‘n gekwalifiseerde sweiser meer en makliker geld kan maak as ‘n hierjy. So dit was sweisskool toe die afgelope klomp weke.

Gister is ‘n toetsplaat toe gesweis, in die onderstebo posisie, maw jy sweis boontoe. Die sweisers noem dit die 4G posisie.

Hier is ‘n prentjie van ‘n paar verskillende sweisposisies. Daar is nog baie meer, en jou sg “welding codes” kan jy kry vir elke posisie.

 

So by so is die Jaagduiwel se 4G plaatjie in dat die X strale geneem kan word, hy het glad nie daarin belang gestel om ‘n 1G of 2F plaatjie of so te stuur nie.  Ons wag nou  in spanning. Hy reken sy sweis was reg en dat hy sy “code” sal kry. Intussen is elke denkbare stukkie “stainless” pyp wat hier agter iewers rondgelê het, opgelaai en sweisplek toe gevat, hy vertel my hy is nou klaar met stokkies en plaatjies. Nou is dit net pype. Vlekvrye staal pype en daar word nou ge”tig” vir die vales. Allerhande lasse en “Y joints” en so aan. TIG staan vir tungsten inert gas. Daar is ook ‘n stokkie by betrokke, maar die “arc” en die gas kom van die ander kant af. Dit is ‘n baie fyner soort van sweis, en jy kan aliminium en sekere ander metale ook daarmee sweis.

 

 

TIG

Die foto is nogal een wat die Jaagduiwel sal welgeval. Dis obviously nie hy nie, ek het die foto gegoogle, maar hy sal hou van die setup, konteks en heelwaarskynlik ook die modieuse sweisbril/helm.

 

Op Discovery kanaal het hulle mos die programme oor die ouens wat die motorfietse en karre en goed bou en modifiseer.

Lyk my daar het ‘n redelike dosis motivering voortgespruit.

 

Nouja ons sal sien.

 

 

Rondry in die Vrystaat

Mei 18, 2010 in Sonder kategorie

So paar blogs ondertoe is die storie van die “lift”.

Intussen het hulle die kar reggemaak, die vorige kondenser was ‘n “dud”, en dit was hoekom die kar so begin hoes en proes en uitsny het.

So het ek toe ‘n maklike plan om weer van die lughawe, ORTIA oftewel die Oliver Tambo International Airport, weer in Ventersburg te kom. Maklik en goedkoop. Ek gaan met Interkaap se luukse bus ry.

Dit is twee uur die middag. By die lughawe spring ek op ‘n taxi en stuur hom eers Road lodge toe, waar ek gou inboek. Ek beplan mos om so teen middernag terug te wees, en wil nie daardie tyd van die aand in Kemptonpark of Boksburg of so rondry en soek na ‘n blyplek nie.

Interkaap se bus ry van Johannesburgstasie af. Ons ry daar langs die Rotunda verby, eens op die tyd ‘n belangrike plek, mens kon destyds met die trein by die stasie aankom, en dan die SAL bus neem van die Rotunda af Jan Smuts toe. Way back. Was nogal lanklaas in hierdie geweste. Nietemin, ek haal die Interkaap bus okay. Nou nou gaan ek afspring in Ventersburg.

Net een ding. Ek het die kaartjie op Interkaap se webwerf gekoop, en Ventersburg was nie gelys as ‘n bestemming nie. Bloemfontein was wel, en dit was die kaartjie wat ek gekoop het. Ventersburg is mos in elk geval op die N1 tussen Kroonstad en Bloemfontein. So “no worries”, ek was op pad.

Dit was seker so ses uur se kant toe ons in Kroonstad stop. Ek gaan sê vir die busdrywer hy moet in Ventersburg stop dat ek kan afklim, maar hy kry so “blank” uitdrukking op sy gesig. Kyk my aan of ek nou simpel is. Nee sê hy. Nou hoekom dan nou nie wil ek weet. Bus ry nie deur Ventersburg nie. Wat!?

Nee, hierdie donnerse bus ry Welkom toe, en dan weer Winburg toe, en van daar af Bloemfontein toe, oeps!

Sou ek flink gedink het op hierdie stadium sou ek daar en dan van die bus afgespring het, en ‘n lift verder gekry het. Ons was immers by die Kroonstad Shell Ultra City, en Ventersburg is net 45 km verder, maar ek dink nie lekker nie en ry verder op die bus.

By Welkom klim niemand op of af nie. Busbestuurders ruil wel om. So much for that, en teen nege uur die aand was ek ook nie lus om in die koue en donker in die veld langs Winburg af te klim nie. So sucker for punishment is ek ook nou nie heeltemal nie.

Rondom 10 uur die aand kom ons aan in ‘n koue Bloemfontein. Verdomde halfsirkel om Ventersburg gery.

Bloemfontein se busterminus is naby die rugbyveld, en ek sien hulle het redelik gebou om dinge reg te kry vir die sokker. Daar is ‘n paar taxis by die busterminus, maar ek gaan nou regtig nie na tien die aand ‘n taxi huur om my Ventersburg toe te vat nie.

Die taxibestuurder se naam is Jannie. Hy vat my na goedkoop blyplekke toe, by die tweede een boek ek in, en hy sal my môreoggend 5 uur kom haal. Hy verkoop ook aan my ‘n selfoonlaaier want myne was iewers vergete, en my battery was pap.

Jannie was vyf uur daar,  eers gaan kry ons koffie by die busterminus. Ek wou eintlik sterk filterkoffie by ‘n vulstasie se takeaway gehad het, maar Jannie se idees is anders. Die koffie by die busterminus is meer en goedkoper. Ek laat hom begaan en gooi toe maar drie suikers in die “koffie”. Ten minste was dit warm.

Teen half ses die oggend laai Jannie my af by die taxi rank. Die goedkoopste vinnigste eenvoudigste manier om in Ventersburg te kom was om ‘n minibus taxi te vat. Teen half ses was dit nog baie slaperig daar. Die kaartjieskantoor was soort van toe.  Ja, by Bloemfontein se taxi rank is daar ‘n kaartjies kantoor en mens koop kaartjies, en skryf jou naam op ‘n lys in ‘n boek. Daar is ‘n boek vir verskillende bestemmings. Een vir Maseru, een vir Welkom, Johanneburg ensovoorts.

Die kaartjieskantoor het omtrent 10 slapende mense in, toegedraai in hulle komberse. Teen 6 uur is die kantoor “oop”, ek verneem die vinnigste is om ‘n Johannesburg taxi te vat want daar is nie ‘n ventersburg een nie, en niemand kan sê wanneer die Kroonstad taxi vol sal wees en kan ry nie.

‘n Minibus taxy ry wanneer hy vol is. Dit is hoe dit werk. Jy wag eenvoudig tot die taxi sy 16 mense het, en dan eers ry hy.

 

Hy ry met 16 mense

Twee ure later, teen 8 uur is die taxi vol, ons ry, en uiteindelik kom ek toe in Ventersburg aan.  Ons stop by die Total garage waar ek afklim, en dadelik die Steers betrek vir ‘n stewige ontbyt.

Daarna stap ek maar af na die werkswinkel toe en gaan haal die kar. So langs die N1 is daar eers die pap en vleis stalletjie en toe die rolbalklub.

Ventersburg se rolbal klub. Die veld word baie netjies onderhou.

 

 

Pap en vleis

Later die dag het ek maar my goed by Road Lodge in Johannesburg gaan haal. Dit was na “check out time” , maar hulle het my darem nie vir nog ‘n dag laat betaal nie, maar ek kon ook nie ‘n vinnige stort neem nie, want hulle het klaar die ongebruikte kamer weer “skoongemaak”.

Drakenstein munisipale amptenare se soveelste trippie oorsee

Mei 14, 2010 in Sonder kategorie

Die toerleier is raadslid Wilhelm Nothnagel (adjunk burgermeester, ANC, oorgeloop).  Nogal ‘n dik mannetjie van al die gravy “plane” ryery.

Drakenstein munisipaliteit het nou al meer as 10 miljoen rand spandeer aan die Fifa 2010 bemarking.. dis nou dat 400 Hollanders  langs die Bergrivier kan kom kamp of so iets.

Dis ‘n absolute raaisel hoekom Nothnagel, Arthob Petersen en kie ALWEER oorsee moet piekel.

Twee jaar gelede het Drakenstein hard gevry daarna om die Hollanders se basis “kamp” te wees.. maar puur verniet … die Hollanders bly in Sandton, in die Hilton hotel.

Oefen in dun lug het mos sy voordele.

So die tien miljoen rand is grotendeels vermors, en dan natuurlik Drakenstein is Paarl, Franschoek en omgewing, in die middel van die wynland, met van die beste restaurante en wynplase in die land. Welbekend regoor die wêreld.

Hoekom die munisipale amptenare dan nou alweer kwansuis Holland toe moet gaan weet nugter.

Paarl Pos het ook ‘n artikel hieroor

Toerisme is nou maar een maal nie die wonderkuur wat armoede gaan oplos nie. Drakenstein se toerisme potensiaal is uitgemax soos dit is, die tien miljoen kom baie liewer na goeie ontwikkelingsprojekte gegaan het.

Die belangrikste lede hoekom nie eers ‘n tiende van die verwagte sokker toeriste SA toe kom nie is omdat die pryse van die vliegtuigkaartjies en MATCH toerpakette belaglik hoog was toe voornemende besoekers die besluit moes maak.

Die besluit was 8 maande gelede eenvoudig .. bly tuis en kyk TV in die kroeg.

Nou op nommer 99 val die pryse vir die vales… maar die koeël is 6 maande gelede al deur die kerk.

Die lughawe

Mei 14, 2010 in Sonder kategorie

Deel een :

Die vlug is met meer as twee ure vertraag, so in die klein lughawetjie sit almal en wag.

Internasionale lughawe nogal. Inhambane, Mosambiek. Die vliegtuig Johannesburg toe is op pad van Vilankulos af.

Skakel intussen die kompertjie aan, en sowaar, hier is wifi. Oop wifi. Ek klim dan maar op die net, en skryf ‘n blog want hier is ‘n spul vloekende dronk boere wat my moer strip.

Hier wag seker so 40 mense vir die vliegtuig. Die plekkie is klein, ek sal so paar fotos neem en plaas.

Net buite die piepklein kroegie is die oop stoep waar die luidrugtige spannetjie vir almal wat wil of nie wil weet nie kommentaar lewer. Ek vloek ook, en dikwels nogal baie, maar daar is oorwegings soos volume en waar jy jouself bevind. Hierdie boere het geld, hulle was op ‘n visvang en suiptrippie Barra toe. Nou sit hulle hier en vertel van hulle plase, beeste en veeveilings en so aan. Ek verbaas my aan die verstommende arrogansie, ja die een ou het redelik drank gevat, maar tog.

hier sit die manne

Hier sit die manne

 

Ok hier is die vliegtuig nou. Net toe ek begin wonder of ons gaan weg kom.

Deel twee :

Eenkeer vantevore was ons Inhambane toe op pad vanaf Lanseria.  Ons moes in Maputo land vir paspoort stempel, en daar en dan verbied beheer ons om daai middag verder te vlieg omdat al donker sou wees as ons by Inhambane aankom.

Anyway, dis 6 jaar later, en hier het die vliegtuig nou net in die donker geland om ons ORTIA toe te vat. ORTIA is Jan Smuts vir die wat lank laas gevlieg het.

Daar was nie noemenswaardig wind met die opstygslag nie. Tog het dit gevoel asof daar ‘n kwaai dwarswind was. Die ou top wat die voor sit en vlieg herleef seker sy dae as fighter pilot in die Spaanse burgeroorlog. Met die land slag by ORTIA probeer hy sy bes om die landing gear, dis nou die wielietjies, morsaf te breek. Hy kry dit nie reg nie, maar not for lack of trying, die landing gear moes fokken sterk wees, dis al wat ek kan sê.

Deel Drie :

Ek het met die kar Durbs toe gery. Nog steeds werk, maar met byvoordeel dat ek vir die eerste keer in my lewe by Kingspark gaan rugby kyk ( of ABSA veld of watookal), en tweedens wou ek gaan kyk hoe die Stormers die Sharks daar opdonner. Op pad boontoe na my sitplek het ek natuurlik ook by voorbaat my medelye aan verskeie ander Sharks ondersteuners oorgedra.

Die een voordeel van ABSA/Kingspark is dat jy omtrent 2 liter draught bier in so beker kan drink daar op die pawiljoen. Ek het dit alles nodig gehad. Verdomp!