Touch rugby en “man of the match”

April 9, 2010 in Sonder kategorie

Ek is bly die bulle is weer bo aan die Super 14 punteleer.

Vanoggend se wedstryd was okay, maar nog lank nie goed nie.

Op hierdie blog sê hulle Zane Kirchner is “man of the match” oor sy goeie verdediging. Ek is nie seker of ons dieselfde wedstryd gekyk het nie, want ek was vas onder die indruk dat ou Zane besig was om touch rugby te speel.

Ek weet ook nie wie die amptelike speler van die wedstryd was nie,  ek het nie daarvoor gewag nie, maar sou dink dat Pierre Spies dit liewer moes kry.

Fourie du Preez se breekslag was baie mooi, maar soms wonder ek of hy die sideshow siekte by Ricky Januarie opgedoen het.

Die sideshow siekte is wanneer ‘n skrumskakel besig is om sy arms rond te swaai en die vir die ander span beduie hoe hulle die verdediging moet organiseer en verder seker maak die ander span het oorgenoeg tyd om mooi te kyk wat jou volgende beweging gaan wees. Hierdie sideshow word dikwels aangevul met instruksies aan die skeidsregter, en konsentreer op ander goed as flink diens aan jou agterlyn.

Môre is dit dan die Stormers se beurt teen die Blues.

My voorspelling is dat hulle gaan beter vaar as die Bulle teen die Blues. Ek gee hulle hoogstens ‘n 20% kans om te wen, maar dink hulle gaan goed speel teen die Blues.

Ons sal sien.

Ek volg nie eintlik meer die Cheetahs en die Lions nie,  mens hoop maar vir die beste.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.