Snaakse lang naweek

April 5, 2010 in Sonder kategorie

Nie snaaks soos lag nie.

Die Paasnaweek is omtrent verby, maar dit was ‘n vreemde soort van naweek.

Soos altyd was daar die padongelukke. Selfs ‘n adjunkminister is oorlede. Die naweek het met ‘n tragiese gesinsmoord afgeskop, en daar was ‘n tweede een ook. Toe nog die ET moord.

‘n Mens voel half simpel om dan oor jou eie klein goetertjies te skryf as jy dink aan die geweldige trauma wat baie mense die naweek ervaar het.

As ek nou hier kom skryf hoekom my naweek nou nie so fantasties was nie…… en ek wil skryf oor die Stormers en die Bulle wat  vrot gespeel het.

Eintlik was my naweek baie lekker. Die Jaagduiwel woon vir ‘n rukkie by my, my broers en my ma het kom kuier, ons het lekker gebraai en gekuier, sommige het oor die rugby gevloek en sommige was te ordentlik om te vloek. Ek het Anton Goosen se vertoning Saterdagaand bygewoon en die Kreef Derby ‘n mis gegee.

Die Kreef Derby is eintlik ‘n soort kermis op die rugbyveld met ‘n mallemeule, een of ander orkes, stalletjies en ‘n kreefvang kompetisie van soorte. As my kinders kleiner was het ek hulle dalk mallemeule toe gevat, maar hulle is groot en net die jaagduiwel was in elk geval hier, en soos julle baie duidelik kan aflei, is daar by geen skou meer ‘n mallemeule wat aan sy standaarde voldoen nie.

My vaste voorneme was om op elke dag van die naweek te gaan kreef duik. Alles Vrydag baie goed begin met ‘n pragtige dag. Die see het mooi plat en blou gelê. Daar was natuurlik eers die Stormers wedstryd om klaar te kyk, eintlik moes ek voor die rugby gaan duik het, maar ek het nie besef die 10 uur op die “super 14 fixtures” is eintlik GMT nie.

Verder is dit veels te harde werk om kreef regs van die hawemuur en verder af De Kelders toe te duik. Die kreef is diep en min, en as ek alleen duik buite die bamboes dan ontspan ek nie so lekker as wat ek wil nie. So dan ry ek maar liewer na ‘n ander plekkie toe waar die kreef dik is, en ek lekker kan ontspan en myself geniet.

So na ‘n loopdoppie en gesels na die rugby kan ek toe nie my permit kry nie. Hy was laas in my duiksak, maar hy is was nie meer daar nie, en ook nie in die kar se cubbyhole nie. Kyk, ek ken ook al die kreefinspekteure en hulle stop my nie eintlik nie, toe sit ek maar af sonder die bleddie ding…. MAAR .. daar by die see aangekom, kom daar toe so drol na my toe aangestap.

Die drol wat in die huis naaste aan my duikplek bly.

“Weet jy dis nou al kwart oor vier ?”

“Ja man, ek weet, maar ek wil net gou ‘n paar krewe gaan kry.”

“Jy mag nie na vier duik nie !”

“Ja, maar dink jy dit maak regtig saak?”

“Luister, ek hou nie van poachers nie, en ek wil net vir jou sê ek het klaar die inspekteure gebel, en as jy nou wil gaan duik moet jy maar jou kanse vat”

Ek het my duikpak al aangehad, maar bedink myself toe.. na vier en sonder ‘n permit … mmmm….

Ok heelwaarskynlik sou ek al uit die water gewees het teen die tyd dat die inspekteure daar aankom.. maar as hulle deesdae ‘n sagte teiken, dis nou ek, kry, dan raak hulle net so dillie soos die drol wat hulle gebel het.

My wetsuit het baie geld gekos, en verder wil ek geensins ‘n sekonde van die langnaweek as ‘n gas in die polisiestasie deurgebring het nie.. toe blaas ek maar die aftog.

Maar dis nie al nie, ek het my voorgeneem om almal wat ek ken die volgende dag, Saterdag, te sê om saam te kom , en dan net weer daar te duik, en sommer op die rotse te braai en te paartie, en lawaai te maak, en ‘n ghettoblaster klip hard te speel en so aan.

Toe draai die wind, en die see raak onstuimig , en ek kyk nog rugby, en drink meer wyn, en ander soorte drank en so aan en aan, en my dae van “no sea too rough” is verby….

Hierdie naweek het ek nie een enkele kreef uitgehaal nie!

verdomp.

12 antwoorde op Snaakse lang naweek

  1. DallaSePa het gesê op April 5, 2010

    “Verdomp” … :-)))

  2. loudavisi het gesê op April 5, 2010

    Ha!
    Ag, toemaar, ek gaan volgende naweek van De Kelders se stoep af jou met die verkyker uitcheck!

  3. oester het gesê op April 5, 2010

    Ek reageer maar eerder op jou blog, Petrus.
    Daar is nie afgesien van ….nie.
    16 jarige ‘n plaaswerker? Dink jy werklik iemand (‘n boer) wat reeds van allerhande goete verdink word sou dit waag om minderjariges in diens te neem?
    Twee dae om basiese ondersoek te doen, veral in ag genome dat dit ‘n hoeprofiel moord is? Sure, as die huis alleen afgesper is kon mens dit verstaan, maar die moordenaars het hulself klaar oorgegee en heelwaarskynlik reeds verklarings afgele?

    Ek het ‘n vermoede dat jy ook vertroud is met Polieswerk en self dinge kan uitwerk. Maak die hele situasie vir jou logies sin?
    Moordenaars bel kort na ‘n moord self die Polisie? Koel en kalm?
    Die hele moordtoneel is nie bloot ‘n plaasaanval of ‘n geskil oor lone nie. En nee, ek gaan nie verduidelik hoe en waar ek aan my inligting kom nie. Wat ek wel beweer is direk van ooggetuies wat op die toneel was kort na die moord. Logies moet identiteite beskerm word.
    Is Chris Hani se moordtoneel destyds vir twee volle dae afgesper? Blote toeval dat Hani ook oor ‘n paasnaweek vermoor is?

    Hierdie moord was ‘n toets hoe die wittes gaan reageer. (en dis net my opinie) Om te kyk hoe die algemene gevoel onder die deursnee blanke is. Meeste mense sal logies se: “Hy het gekry wat hom toekom”. Die deursnee witte is reeds so afgestomp deur die vlaag moorde dat dit ‘n hoeprofiel moord verg om te sien hoe die reaksie sal wees.
    Wittes is reeds in soveel kampe verdeel en tog soort van in vrede met die nuwe regime. Weerstand teen hierdie bose regime is beperk tot briefies en kort gesprekkies en braaivleisvure. En tog sal jy steeds malles kry wat regverdiging sal soek wat in enige normale samelewing barbaarshede sou wees.

    Ek gee regtig nie om dat die poefters en vredemakers dink ek is mal nie, maar ek se reguit: Hierdie regime se moer. Maar ek sal nie so onnosel wees om soos die malles op moordorgies te gaan nie. Hierdie regime het enige aanspraak op wettigheid verloor. En my verset sal op voetsoolvlak plaasvind. Op ‘n vreedsame manier.

  4. oester het gesê op April 5, 2010

    My basiese vrae, Petrus die laaste paar dae:
    Wanneer is genoeg genoeg?
    Wie is volgende? My dogter? Jou kind?
    As mense niks voel om ‘n hoeprofiel persoon in stukke te kap nie, wat de hel dink jy gaan hy vir jou of my voel?
    Wie moet nog met sy/haar lewe betaal om hierdie bling saggiesslapende nasie uit hul Mammon slaap wakker te skud?
    Hierdie land se siel is vernietig.
    Een ding kan ek jou verseker: Hierdie moord gaan meer doen vir polarisasie in blanke geledere as enigiets anders uit die verlede. Want omdat Terre Blanche sg ‘n rassis was sal die deursnee polssnyer witte se: “F.. hom en sy volgelinge.” Terwyl elke enkele moord in hierdie land ‘n stukkie van ons menswees wegkap.

    Een ding het ek vir ‘n poliesoffisier hard en duidelik vanmiddag gese: As ek ‘n persoon in die nag op my perseel kry gaan ek hom doodskiet en klaar. Ek sal hom nie eens vra wie of wat sy pedigree is nie. Ek is mal genoeg om na die tyd met die gevolge saam te leef.

    Dis die loose cannons soos ek wat dalkies die laaste antwoord op die Malemas van hierdie wereld is, want met Malema kan jy nie onderhandel of mooipraat nie, jy kan hom nie hof toe sleep nie, jy gaan net sy saak sterk deur hom te laat toesluit. Jy kan nie vir hom beduie van regverdigheid en menslikheid nie, jy kan nie vir hom Plato of Ghandi voorlees nie. Selfs Zuma het dit oor en oor besef toe die ou wyse manne in die ANC hom probeer tereg wys het.

    Die rewolusie is besig om sy eie aanstigters op te vreet, vinniger as wat selfs ek gedink het.

    Ek is bereid om ‘n baie wilde voorspelling te waag: Mandela gaan nie kersfees sien nie. En nee, ek se nie iemand gaan hom uithaal nie. Hy gaan sterf aan natuurlike oorsake. As dit egter binne die volgende ses maande gebeur is daar genoeg rede om die nag van die lang messe na ‘n kleuterskool partydjie te laat lyk. En dit is wat my die bangste van alles maak, want die “boere” is reeds moordenaars, verkragters, uitbuiters. Dink jy vir een oomblik die breinlose massas of selfs die slimste filosoof sal glo dis natuurlike oorsake gewees? Veral gesien die onlangse verlede?

  5. Vetjan het gesê op April 6, 2010

    Malema het vanuit Zimbabwe dit duidelik gemaak dat hy Suider Afrika se opkomende Hitler is.

    In hom en sy volgelinge sit ons met ‘n massiewe probleem, veral omdat die ANC weier om hom te muilband of repudieer.

    Daar is nie twyfel daaroor dat ons geweldadige misdaad heeltemal buite beheer is nie.

    Wie het nou weer mense vervloek met die stelling “may you live in interesting times?”

  6. Vetjan het gesê op April 6, 2010

    Het julle Saterdag gesien in die verbyry

  7. Vetjan het gesê op April 6, 2010

    100% aan sy kant.

  8. Vetjan het gesê op April 6, 2010

    haha, miskien sien jy my

  9. Vetjan het gesê op April 6, 2010

    aag wat, ek het klaar ‘n ander plan.

  10. Vetjan het gesê op April 6, 2010

    inderdaad

  11. Ons gaan net al hoe verder en al hoe dieper in ons moere in…

  12. Vetjan het gesê op April 7, 2010

    dit voel soms so

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.