Die lift
April 15, 2010 in Sonder kategorie
Ventersburg is die plek se naam.
Die dorpie op die N1 tussen Kroonstad en Winburg.
Ek is nou net mooi 40 uur aanmekaar wakker, en die belangrikste deel van die storie gaan oor Ventersburg.
Gister het ek Johannesburg te gery, eers N2 tot by Mosselbaai, oor die berg, Kleinkaroo, dan Beaufort Wes en N 1 verder.
Gisteroggend 6 uur opgestaan, klomp sleurwerk gedoen, 11 uur weg, eers gedraai in Hermanus, uiteindelik omtrent 1 uur deur Caledon. Net voor Oudtshoorn begin die kar uit te sny, ry lekker, sny dan uit, vat weer, hoes proes backfire, ry weer.
Die kar probleme het gistermiddag 5 uur begin. Ek moes vanoggend in Johannesburg wees. So sukkel ry ek maar aan. Half vyf vanoggend is ek toe in Ventersburg. Die kar wil nie eers meer hoes en proes nie. Hy sny eenvoudig uit.
By die Total garage is die pompjoggies vriendelik en praat afrikaans. Gee my die naam en nommer van ‘n mechanic. Ses uur bel ek hom, ok, los die sleutels by die kassier. Hy sal die kar later in die dag regmaak.
Al wat oorbly is om in Johannesburg te kom. Voor Steers staan die groen kombi en die eienaar netjies in ‘n pak staan op die trappie en drink Steers koffie.
“Is hierdie kombi ‘n taxi ?” wil ek weet.
nee , maar waarheen wil jy gaan ?
‘Johannesburg”
Ek gaan soontoe jy kan saamry as jy wil, ek hoop nie jy gee om om op pad gou in Sasolburg te stop nie.
“nee glad nie, baie dankie”
Hy is natuurlik ‘n wildvreemdeling, maar hy het my ‘n lift aangebied Johannesburg toe.
Ons gesels, sy naam is Josias, hy is van Ficksburg, en is voorsitter van die Vrystaat minibus taxi vereniging. Hy is op pad na ‘n vergadering in Braamfontein, maar vat die tyd om my presies af te laai waar ek in Johannesburg wil wees.
Ons het oor baie goed gesels en die spietkops het ons ook vir spoed gevang, maar dit is alles iets vir ‘n ander blog.
Maar dink oor hierdie situasie, ek bestuur in gemaklike klere, dis beteken gemaklike kortbroek en sommer enige ou hemp, en kaalvoet. Voosgery, half verflenter , ongeskeer vra ek vir ‘n netjiese wildvreemde swart man of sy kombi ‘n taxi is, en met alle respek aan Vrystaters, Ventersburg is ‘n “one horse town, goed en wel dis op die N1, maar steeds. Ek stop nooit eers daar nie. Dit is sy persoonlike voertuig , maar hy bied my dadelik ‘n lift aan. Alles in Afrikaans.
My dag het toe gewerk, en ja, ek het ‘n ander voertuig in Johannesburg gekry, en het Umkomaas toe gery op die N3 ( wat vol mmc manne was)
Moral of the story :
1. My kersdag brownie punte het uitbetaal. daai wat ek die taxi uit die modder afgrond gesleep het.
2. In hierdie land is meer positiewe dinge is wat ons al dag besef.
Onlangse kommentare