Jy blaai in die argief vir 2010 Februarie.

Maandagoggend

Februarie 8, 2010 in Sonder kategorie

‘n Nuwe dag. ‘n nuwe week.

UTC 2

Februarie 7, 2010 in Sonder kategorie

Up The Creek is eintlik ‘n rivierkamp op die Breërivier, so 30 km stroomaf van Swellendam. Elke jaar, vroeg in Februarie hou hulle ‘n rockfees daar. Die teiken crowd is nie die laaities nie. Akkedis het vanoggend om 2 uur begin speel. Daar was goeie bands. Die dokter van blues, doctor John is al seker oor sestig, en Piet Botha is omtrent 55. Dan Patlansky kan rêrig ‘n kitaar laat sing, en ek het Willem Welsyn en die Sunrise toffies vir die eerste keer sien speel. Hulle is goed.  Ek het fotos geneem , maar my kamera het in die rivier geval, die fotos wil nie aflaai nie. Petrus is vanaand baie pap.

UTC

Februarie 6, 2010 in Sonder kategorie

Ja.

Die mango tref die fan – Petrus is rêrig die bliksem in.

Februarie 5, 2010 in Sonder kategorie

Toe ek nou nou by die kafee uitkom om die koerant te koop sien ek die voorblad van die Cape Times. Die redaksie van my gewone koerant ” Die Buiger” is heeltemal aand die slaap.. mmmmmm me Jongbloed of wie ookal die die waarnemende redakteur is joehhhoooeeee word wakker word wakker !!!!!  Die groot nuus vir veral die kusgemeenskap is die tarief verhogings wat eintlik al op 29 Januarie in die Staatskoerant verskyn het.

Rekrasionele kreefpermitte gaan voortaan R 500 kos !!!!!! Gaie fok ! Dit kos nou R 85.  Om mossels te gaan haal gaan jou voortaan R 300 kos. Om te gaan hengel R 200. Wat se kak is die?

Hier is die tersaaklike stukkie :

Mariene en Kus Bestuur  ( MKB) sê hulle maak ‘n verlies met “compliance”. maar daar is fokol “compliance” nie, net onder die sagte teikens is daar “compliance”. Onder die poachers is fokol compliance nie, en hulle vee hulle gatte af aan fokken compliance.

Die heel grootste probleem is “besigheidsmodel” wat hulle hier voorhou. Huh besigheidsmodel !!?????  Hierdie is die staatsdiens for fucksakes. Dis NIE ‘n besigheid nie. Belasting en BTW en sulke goed moet betaal vir regering. Nie ek en jy wat eenvoudig wil visvang, duik of kreef uithaal nie. Ons permitte is nie daar om die fokken departement te befonds nie !!!!

Dis omdat die dôners heeltyd nuwe karre koop en uitspattig lewe dat allerhande metodes gekry moet word om meer geld uit ons uit te wurg.

Ek wonder watter doos by MKB dink hierdie kak uit? Dan word dit aan hierdie minister voorgelê vir haar handtekening

.

Die Agbare Minister Buyelwa Sonjica. Ons Minister van Omgewingsake.

 

In Gansbaai word sy dinge genoem wat ek in die lig van die vuiltaal en haatspraak beperkings nie op hierdie blad kan noem nie.

 

Haar handtekening pryk op die kennisgewing.

 

Sy is opgelei as a laerskool onderwyseres, en dis te betwyfel of sy in haar lewe al ooit ‘n vis gevang het.

 

Haar voorganger is die illustrious Kortbroek Van Schalkwyk. Goed bekend by julle almal. Professionele politikus en manteldraaier.

 

Toemaar my dorp is ten minste konsekwent in hulle uitsprake, Kortbroek word veel erger dinge genoem as die dame hierbo. Niemand kan ons dus van rassisme beskuldig nie. Kortbroek se ma se e pos adres of so iets het al gehoor hulle bespreek, terwyl die agbare minister se e pos tot dusver nie eintlik bespreek word nie. Ek vermoed iemand gaan tog wel binnekort vir haar ‘n e mailkie wil stuur, of sommer baie e posse.

 

Ons weet me Sonjica is nie die opsteller van hierdie absurde verhogings nie, en sy het ook nie die “besigheidsmodel” uitgedink nie. Voormalige politieke aktivis, prominente diensplig ontduiker, tot ridder geslaan deur die koning van Swede ensovoorts, Horst Kleinschmidt, is die intellektuele reus wat pa staan vir die sogenaamde besigheidsmodel.

 

“He is widely credited with turning the fortunes of the South African fishing industry around by mastering a new, legally sustainable system for the allocation of fishing rights (quota’s) in 2001 and serves once more as the lead person in the 2005 allocation. Horst was also responsible for re-establishing the credibility of the fisheries division and removing the stigma of fraud or corruption from this section.”

 

Perdedrolle is vye ja.

 

Nee ou Horst het intussen gefokkof daar by MKB, en is nou ‘n “konsultant”. MKB is nie ‘n totale fokop nie, dis lank, lank lankal al daar verby. FUBAR is ‘n vulletjie, ‘n reusagtige eufemisme vir MKB. Horst is druk besig om “the buck te pass” en sê dis as gevolg van ‘n “shortage of capacity” dat dinge intussen so fokop uitgedraai het. Of so iets. Whatever. Hy is weg.

 

Ek wil nie eers praat oor die span wat tans in beheer is by MKB nie, patetiese hopelose bleddie fools !

 

Ok all is not yet lost. Mens kan nog kommentaar lewer, Overberg Hengel se voorstel :

 

Guys, we need to stand together on this one. ALL the fees are outrageous. So, when writing your letters, please don’t only reject the fees that affect you, REJECT ALL THE PROPOSED FEE HIKES on the table. They are all ridiculous. If we all reject the entire table, our lobby will hold more weight than smaller groups of people complaining about specific price hikes.

“Where possible, please email, fax, and send a registered letter of objection.

Email –

[email protected]

This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

Fax – 086 613 6256

Registered mail to :

Revenue Management at the Department of Environmental Affairs
Branch Marine and Coastal Management (“the Department”)
Private Bag X2
Roggebaai
8012

Remember that all comments must be received by the Department by no later than 16h00 on 1 March 2010. Comments received after this time may not be considered.

What else can you do?

Send this letter to and/or notify interested groups on Facebook and other local online angling forums, and your local tackle stores, and request them to take immediate action by letting their objections be known to the relevant authorities.

Submit this story to Carte Blanche :

beta.mnet.co.za/carteblanche/StorySubmission.aspx?ShowId=3

Contact Debora Patta of 3rd Degree :

www.etv.co.za/extended/contact/3rd_degree

www.facebook.com/pages/3rd-Degree/90652397876


Email Fokus SABC :

[email protected]

This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

Here is a list of further media contacts :

www.groundwork.org.za/Resources/media_contacts.asp

http://www.capetalk.co.za/onair/contactus/contactus.asp


Another comment from an angry angler: “This is just a way for those with the “means” to subsidize the “subsistance” anglers who pay nothing and are never checked! When I see some…..ANY…effort on behalf of MCM to improve our saftey, access to fishing spots, or any other effort that would benifit us as anglers I would be prepared listen to their reasoning for an increase!”

As concerned recreational anglers, and people who care about bag limits and fish size, please take a few minutes and send the your letter / email / fax.

Kind Regards

The Team at Overberg Angling

Trekduikers

Februarie 5, 2010 in Sonder kategorie

Phalocrocorax capensis. ‘n Algemene of endemiese standvoël. Kom een een of in swerms voor.

Van tyd tot tyd gebeur dit. Gister weer.  Hulle vlieg verby, aanmekaar en aanmekaar, vir langer as ‘n uur.  Jy sien die beweging, begin kyk, en jy wonder wanneer die swerm nou verby sal wees, maar dit hou net aan en aan. Duisende derduisende duikers wat verby vlieg.

Geen wonder hulle word Trekduikers genoem nie.

 

Regs onder op die klip sit ook ‘n paar duikers, maar hulle is nie deel van die groot swerm nie.

 

So vlieg hulle verby vir langer as ‘n uur, wie weet waarheen.

Steeds kom hulle aangevlieg, doer uit die verte uit, wie weet waarvandaan.

Verwelkoming, doop , inlywing ens

Februarie 4, 2010 in Sonder kategorie

Ek lees toe “Beer” en ook Andre Muller se onderskeie artikels.

Beer was die “doop kaptein” en het hy volgens homself soos ‘n mal seerower gelyk, amper iets soos Johnny Depp in Pirates of the Carribean.  Hy het sy naam op verskeie maniere vergat, gaan lees maar sy stuk, tog is hy blykbaar onder die indruk dat die eerstejaars regtig gedink het hy kan ernstig opgeneem word. Ja sure , goeie sirkus, goeie live show, baie snaaks, ek is seker dis net sy ma en haar teeparty vriendinne wat geskok was. Of was hy maar net ‘n soort stand up comedian of wat? Wanker!

Ek verstaan net glad nie wat die doel was van die hele poging nie, behalwe as dit nou was om ligte vermaak te verskaf.

Trouens, ek verstaan glad nie wat die doel is/was van enige soort “doop” nie, en anders as om te sê dis nie so erg nie, ek stem saam dat eerstejaars op 18 of 19 al tawwe tienies is, en so aan, verduidelik Beer nog steeds glad nie hoekom daar nou eintlik ‘n doop moet wees nie. WTF ???

Ja, ek was in ‘n “berugte” koshuis. Ja daar was ook allerhande shows. Nee, ek dra geen letsels nie en het my meestal skeef gelag vir alles. So piepklein tweedejaartjie het tydens die naamleer sessie gedreig om my by die venster van die tweede verdieping uit te gooi, want ek kon nie ophou om vir die beteuterde mannetjie te lag nie. Nogal ‘n geniaal slim laaitie ook, vandag ‘n multi multi muljoenêr wat gereeld in die media verskyn.  Wat het hom laat droom dat ek sy dreigement om my by die venster uit te gooi enigsins ernstig opneem? Stupid twit.

Amper alles was snaaks, ek het ‘n paar keer my moer erg gestrip vir van die goed, maar verreweg die meeste was groot sports.

But why ?  Op varsity het mens genoeg sports sonder die sideshow genaamd ontgroening. Ek het in my eerste jaar so baie sports gehad dat ek amper alles gepluk het. Dit het niks met doop te make gehad nie, maar alles met allerhande buitemuurse aktiwiteite en te kere gaan.

Niemand se persoonlikheid het verander nie, niemand het meer respek gekry nie, respek vir sekere seniors het inderwaarheid minder geraak, niemand se dissipline het verbeter of verswak nie. Die ouens het nie minder of meer gesuip nie – vergeleke nou met die dienspligtiges of ander outjies van 18 of 20 nie.

Alhoewel ek beslis die bepaalde soort “gees” van die koshuis geniet het, en doop onteenseglik daardie gees help vestig het, sien ek steeds nie hoekom dit nodig is/was, of wat die voordeel daarvan veronderstel was om te wees nie.

Toe ek eerstejaar was, het ek alreeds ver in die wêreld gaan draai, byvoorbeeld in die raadsaal van die Universteit van Coimbra, portrette van die rektor van 1000 jaar gelede gesien, en nie beindrukbaar met sg “tradisie” van 50 of 100 jaar nie.

 Andre Muller se skrywe maak meer sin as Beer s’n.

Thula-thula

Februarie 2, 2010 in Sonder kategorie

Ek het nog nie die boek gelees nie, net die briewe op Litnet Sê. Bloedskande is ‘n ontstellende onderwerp, maar die mees omstrede aspek (myns insiens) is die beweerde voorkoms,  uit Annelie Botes se brief :

“My statistieke het ek onder kenners en ervarenes versamel. In 2002 was die voorkoms van bloedskande geskat op 1 uit 5 (blanke) gesinne. Toe ek in 2007 die boek begin skryf, het ek weer seker gemaak daarvan, want dit was vir my ontstellend hoog. Toe skiet my pantie-rek baie amper, want intussen is die geskatte verhouding opgeskuif na nagenoeg 2,6 uit 5 gesinne. Per implikasie net-net meer as die helfte. Van een ding kan die lesers dóódseker wees: Hierdie siekdonker geheim dwaal agter báie voordeure; in huise waarvan dit nimmer vermoed sou word.”

Per implikasie in MEER as een uit twee blanke gesinne.

Dit beteken as jy twee mans sien, kan jy “statisties” aanvaar een molesteer sy kinders !!!!

Bloedskande is ‘n vreeslike euwel, en indien die voorkoms regtig so hoog is , is daar ‘n geweldige fout in ons samelewing.

In 2002 was die skatting 1 uit 5 en in 2007 is dit  meer as een uit twee. ‘n Styging van 30% oor vyf jaar.

Dit beteken dat of die 2002 skatting was foutief, of die 2007 skatting. Selfs as mens Mark Twain se gesegde oor statistiek in gedagte hou, kan ek nie anders as om te wonder oor die statistiek nie. Hoe op dees aarde en deur wie is dit saamgestel en verwerk?