Leeus en ander groot katte

Februarie 18, 2010 in Sonder kategorie

As mens ‘n wêreldberoemde bewarings bewuste ( wat is ‘n “conservationist” in afrikaans? ) filmaker en fotograaf van veral leeus is, dan is bewaring seker ‘n soort van besigheid. ‘n Fantastiese besigheid eintlik,  nie heeltemal ‘n ontoegangklike besigheid nie, maar amper,  ook nie eintlik ‘n maklike een nie. Petrus “dabble” so half en half daarmee. Met moeite, groot moeite.

Die Buite Burger wat op Dindsdae verskyn, is ook nogal ‘n goeie bylaag. Ek verstaan dit is nou landwyd ‘n bylaag. Seker deesdae net “Buite”. Dinsdag het daar toe ‘n artikel verskyn oor die beroemde Joubert egpaar. Dereck en Beverly. Nou kyk, ou Dereck het ‘n joppie wat nogal kwaai is, maak films vir National Geographic doer in die bos, bygestaan deur die skone Beverly, en kyk, ek weet nou nie hoe haar temperament is nie, en hoe sy kosmaak en so nie, maar laat ek dit so stel.. Dereck is ‘n gelukkige dônner om so sidekick te hê.

 

Wat ‘n lewe !

Die storie in die koerant is nie deur hulle geskryf nie, maar deur ‘n assistent, en dis daarmee waar ek issue neem. Die skryfster beweer as dinge aangaan soos dit nou aangaan, gaan al die leeus, luiperds en ander groot katte oor vyftien jaar uitgesterf wees. Wanneer mense sulke goed in die koerant skryf raak ek vies, want dit is sommer twak. In die Kruger wildtuin, in Hluluwe-Umfolozi, deesdae by Addo, in die Kalahari oorgrens park, in die Okavango, Moremi, in Chobe, Caprivi, in Luangwa en nog ‘n hele klomp ander plekke doen die betrokke natuurbewaringsligame uitstekende werk. In hierdie parke en bewaringsgebiede is daar beslis allerhande daaglikse probleme , wildstelery, renosters wat gejag word en so aan… maar om in die koerant te kom sê dat dinge so beroerd is dat ons oor 15 jaar nie meer leeus, luiperds en hulle nefies gaan hê nie is bitjie dik vir ‘n daalder.

Dit is waar dat daar min plekke oor is waar jy leeus kry wat vry rondloop. Buite ‘n park.

Die Hoarisib rivier, vorm myns insiens die grens tussen Damaraland en Kaokoland. Hier kry jy nog leeus wat vry rondloop. Die Hoarisib is normaalweg droog, maar teen Januarie/Februarie loop hy soms, maar hy het altyd sterk fonteine. ‘n Lyn oase.

 

Hoarisib rivier, ‘n regte oase.

Die woestyn leeus is wel onder druk, wanneer hulle die mense daar rond se vee begin vang, wel, dan wil die mense begin jag. In daardie dorre dorre wêreld bly ook mense. Gelukkig verstaan hulle dat die leeus ‘n baie unieke bate is, en gelukkig het die leeus nog nie te gewoond daaraan geraak om hulle vee te vang nie, maar dit bly ‘n bekommernis.

 

g’n drade g’n niks

Gelukkig is daar ouens wat baie aandag hieraan gee. Dr Flip Stander bestudeer hierdie woestynleeus, en hy kom gee môreaand ‘n praatjie in die Kaap. Ek reken ek gaan maar luister. Die Hoarisibrivier is vir my een van die mooiste plekke in die wêreld.

 

Woestynoggend

 

 

 

Leeuspoor

 

4 antwoorde op Leeus en ander groot katte

  1. Amazing!

  2. Vetjan het gesê op Februarie 22, 2010

    ok, het gegaan

  3. Vetjan het gesê op Februarie 22, 2010

    besondere plek.

  4. Vetjan het gesê op Februarie 22, 2010

    🙂

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.