Blowing in the wind

Februarie 17, 2010 in Sonder kategorie

Solidariteit sê dit was 23 000 briewe. City Press  sê 

President leaves 15 000 letters blowing in the wind

hoeveel dit nou eintlik was maak nie saak nie. Punt is Zuma het hom nie eers verwerdig om sy gat daaraan af te vee nie.

Ek neem glad nie meer deel aan petisies, faceboek veldtogte, massa briewe en sulke goed nie. Enige saak het betrekking, van Haiti slagoffers tot aardverwarming. Mors van tyd. Internet en briefiekies is die luigat se veldtog.

Die tyd vir meer effektiewe optrede het aangebreek. Solidariteit kan die howe meer gebruik en bietjie koppe bymekaar sit oor maniere van burgerlike verset.

In die township is dit maklik, hulle begin eenvoudig tyres brandsteek, klipgooi, en geboue afbreek. Onosel destruktiewe strategie, veral nadat hulle pas die einste selfde mense teen wie hulle in opstand kom, ingestem het. Weird.

Hier in my geweste maak die munisipaliteit foute, maar soos munisipaliteite gaan is hulle baie goed. Ja, ek dink ons munisipale bestuurder (voorheen die dorpsklerk) is of moedswillig of plein dom, en ek het al my fights met hom gehad .. soveel so dat hy en die raadslid aan my voordeur kom klop omdat ek “onbeskof” was met sy personeel.. ek hou nie my bek vir hulle nie. In die breë het ek egter nie klagtes oor of die munisipaliteit of provinsiale regering nie.Wes kaap, Overstand, en ek het nie ‘n heining, diefwering of sulke goed nie, en steur my ook nie te veel aan toesluit nie ( die naaste township is 1.8 km).

Anton Barnard het vandag ‘n brief op Sê geplaas waarmee ek eintlik saamstem.

Tyd om ordentlik middelvinger te begin wys.

10 antwoorde op Blowing in the wind

  1. Gharki het gesê op Februarie 17, 2010

    Ek wys saam middelvinger. Tyd dat ons saam besluit dat genoeg is genoeg!

  2. zette het gesê op Februarie 17, 2010

    Petrus, waarom besoek jy my blog as dit jou verveel? Bly sommer weg, toe?

  3. Stem saam met Flenters.

  4. Eendrag maak mag

  5. Vetjan het gesê op Februarie 17, 2010

    Briewe werk nie Annabelle, help nie jy word kwaad oor ek dit vooraf gesê het nie.

  6. Vetjan het gesê op Februarie 17, 2010

    Dit is die waarheid.

  7. Vetjan het gesê op Februarie 17, 2010

    Stem saam maankind. Daar is natuurlik ‘n paar mindere sakies .. maar hulle is tops ja.

  8. Vetjan het gesê op Februarie 17, 2010

    Ongelukkig die waarheid. Solidariteit moet “start boxing cleverly”.

  9. zette het gesê op Februarie 17, 2010

    Ek is nie kwaad nie. Ek wens ook ons kon meer drasties optree. Maar HOE? Dit is die vraag. Ek wens ons kan almal saamstaan en hom onttroon. Maar ons almal weet hulle getalle heers!

  10. zette het gesê op Februarie 17, 2010

    PRESIES!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.