Die sneeu en die gemors

Februarie 16, 2010 in Sonder kategorie

Ons spring nou sommer Belgrado toe. Serwië in die ou Joegoeslawië.

Hulle het die afgelope ruk ook baie koue en sneeu.

Die munisipaliteit het die vullisverwyderaars opdrag gegee om eers te konsentreer op oopskraap van paaie met sneeu.

Die “herontplooiing” van die asblikmanne is volgens belangrikheid van paaie geprioritiseer. Die ding is net dat die pad waar jy bly miskien vir jou belangrik mag wees, maar nie noodwendig vir die die stadsvaders nie.

Dit  beteken dat as jy in ‘n “onbelangrike” straat bly dan sukkel jy met gemors en jou kar gly rond op die ys en sneeu.

Serwiërs kan nog meer bedonnerd raak as ons boere, so ek reken daar is drama by die munispaliteit hierdie week.

3 antwoorde op Die sneeu en die gemors

  1. Liewe aarde Petrus dink nou net as onse strate so gelyk het.

  2. Vetjan het gesê op Februarie 16, 2010

    Party lyk so, net sonder die sneeu 🙁

  3. Vetjan het gesê op Februarie 16, 2010

    Hulle het darem buitengewoon baie sneeu, maar natuurlik is die mense bebliksemd in vir die gemors wat opgaar. En jy kan nie eintlik met jou kar in die pad ry nie want die pad is seepglad van die ys.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.