Jy blaai in die argief vir 2010 Januarie.

Mossels ala meneer

Januarie 29, 2010 in Sonder kategorie

Moules à la Marinière is mossels gestoom in wit wyn. Die PP maklike resep was altyd die moerbei een. Die twee bestandele word in ‘n pot gemoer en gekook.Ek het dit nogal in Biaritz van alle plekke die eerste keer probeer, as ek nou kan brag oor my kulinêre agtergrond. Lank gelede. Ek het nogal ‘n paar goed die eerste keer probeer in Biaritz, maar ek wyk af, die onderwerp ter sprake is mossels.

‘n Paar aande gelede was ek oudergewoonte weer in een of ander kuierplek waar iemand aan tafel mossels bestel. Mossels in knoffelbotter het sy plek, alhoewel alles in knoffelbotter ook lekker smaak, moet ‘n mens miskien soms bietjie meer avontuurlustig wees as alles net in knoffelbotter.( en variasies daarvan). Anyway daar kom toe mossels in so lekker wyn roomsous aan. Ek het geproe, dit was heerlik, en ‘n rukkie later gewaar ek die sjef op die stoep besig om ‘n dampie te maak.

Ek komplimenteer hom , en vind uit oor wat hy alles ingooi. My konsentrasie en geheue was op daardie stadium van die aand nie so geweldig as normaalweg nie, maar ek het kon onthou dat hy gepraat het van room en wyn.

Okay, intussen was ‘n seekosaand ook onder bespreking. So dit word beplan, en die mossels in die wyn en room moet deel wees van die storie. Aangesien ek anyway die resep van die vorige aand vergeet het, het ek Larry en Sergey se resepteboek geraadpleeg, en ‘n magdom resepte verkry. Dit is presies net hier waar die popo die fan tref. ‘n Magdom resepte. Vir dieselfde ding. Almal verskil van mekaar. Dit is baie verwarrend. Hoe de fok moet ek kosmaak as almal se donnerse resepte verskil.

Gelukkig het ek Lannice Snyman se Free from the Sea ook iewers. In haar boek is resep 70 Moules Marinière, die à la is weggelaat maar die room is bygevoeg. Na ‘n lang storie begin ons nou by die punt kom.

1. Moules à la Marinière is nie veronderstel om room in te hê nie.

2. Mouclade is mossels in room.

Let wel ons is nou nog net by terminologie, ons gaan nou eers by die groot vraag uitkom naamlik :

3. Wanneer moer jy die room in?

Party resepte wil hê mens maak eers die sous, dan kom die room in, en dan die mossels.

‘n Ander resep sê wyn, uintjies, sout, peper en mossels. Mossels uit en eenkant, dan kom die room en nog goeters by.

‘n Derde resep sê weer alles min of meer gelyk.

Daar heers grootskaalse verwarring in die Pap kombuis.

Ja, ek het gistermiddag mossels gaan pluk, en ‘n resep saamgeflans uit stukkies van al die resepte.  Suiwer eksperimenteel, net ek en een proefkonyn. Mens kan nie jou gaste blootstel aan onbeproefde geregte nie, proefkonyne is, wel, presies net dit, proefkonyne.  Dit is hier waar die teengif in my vrieskas weereens belangrik is. Voor en na ete moet daarvan geneem word om voedselvergiftiging te voorkom. My proefkonyn het verseg om daarvan te neem so ek weet nie of sy vandag nog leef nie.

Ek is natuurlik piekfyn, en behalwe dat ek twee keer sout ingegooi het, het die mossels lekker gesmaak.

PS: en wanner sê mens : a la, à la of allah ?

Ghostbusters II Die Spookhuis

Januarie 28, 2010 in Sonder kategorie

Julle sal my nou nie glo nie, maar ek bly in ‘n spookhuis. Jare lank al. Ek sou nie geweet het dat ek in ‘n spookhuis bly nie, as dit nou nie was vir almal wat my vertel het dit spook by my nie. Daar is onder andere ‘n “tannie”  wat in die huis rond swerf. Aldus ‘n driejarige kleinniggie.

Die ding is dat die spook of spoke my heeltemal ignoreer. Ek is eintlik bietjie moerig vir hulle want as hulle dan in my huis rondswerf en so aan, hoekom doen hulle nie iets dat ek hulle ook bietjie kan ervaar nie. Ek voel baie uitgesluit, uiters verwerp. As selfs die fokken spoke in jou huis jou heeltemal ignoreer.

Die eesrte keer wat ek van die spoke uitgevind het was by van my effens bygelowige familie. Nadat ons op ‘n Saterdagaand gebraai het , het ek en my rowwe maats eers by al die dorp se dens of inequity gaan uithang, en kort voor daglig eers die huis binnegestrompel. Met middagete verneem ek toe van die spook wat haarself die vorige aand openbaar het, in my afwesigheid natuurlik.

Daar was ook ‘n TV kykery, ook na goedgekeurde materiaal, toe die dogtertjie haar pa vra wie daai tannie is. Watter tannie ? wil hy weet. “Die tannie wat daar loop” sê sy, en wys in die gang af. Die dogtertjie sien die “tannie” maar hy nie.

Die volgende ding was things that go bump in the night. Kuiermense hoor dit soms.

Al wat ek in die nag hoor is of ‘n deur wat die wind toe klap, of andersins perlemoen poachers wat raas op die sleephelling, of sulke goed.

Die volgende keer was dit ‘n vriendin wat ek saamgesleep het huistoe. Dit was winter, en ons stap deur na die eenkant van die huistoe. Sy kry koue rillings en dis nie van “anticipation” nie, nee sy voel ‘n teenwoordigheid aan. Nee, nie my donnerse teenwoordighheid nie, die fokken spook s’n. Maar ek voel vere. Ja dit was kouer in daai deel van die huis, maar ek dink amper dit is omdat die verwarmer in die voorkamer aan was. Nee, nee , nee sê sy, dis ‘n “presence”, dis nie koue nie.

En so aan. en aan.

Maar die spook kap my ‘n flat ignore.

Laastens moet ek net aan voornemende kuiermense sê, dis ‘n baie vriendelike spook wat haarself baie goed gedra, behalwe nou dat sy my ignoreer,  so julle kan nog steeds vir my kom kuier.

Vir die wat nog steeds bang is vir spoke het ek in elk geval net die regte medisyne, dit is in so bottel wat ek in die vrieskas hou. ‘n Elikser wat mens dadelik spookbestand maak.

Ghostbuster en die “dokter”

Januarie 27, 2010 in Sonder kategorie

Die nuus is redelik doenig met die die nuutste geval van kwaksalwery, dis nou “dr” Rudi Boshoff met sy wonderlike masjien.

Die skade wat skelms soos hy aanrig is dat behalwe dat hulle mense uit hulle geld uit verneuk, die arme mense dink hulle gaan beter word.

Ek het ‘n skakel gevolg na die Quackwatch website, en by homeopatie uitgekom. Die verbasende ding is dit daar hier en daar ‘n regte dokter is wat homeopatiese middels voorskryf, want homeopatie lyk baie beslis na ‘n gootskaalse verneukspul.

In die VSA is daar ‘n goëlkunstenaar (afgetree) wat nogal beroemd geraak het vir die ontmaskering van verneukers, James Randi, wat ‘n beloning van een miljoen amerikaanse dollars uitgeloof het as enige iemand wetenskaplik kon bewys dat homeopatiese medisyne werk. 

BBC het toe so toets deur wetenskaplikes laat doen. Die storie is op die BBC webwerf.

Randi het nog sy miljoen dollars, probeer soos hulle wou, die homeopate kon nie die toets slaag nie.

Volgens wikipedia was daar een keer wel ‘n toets gedoen waar ouens met hooikoors beter geword het nadat hulle homeopatiese medisyne gedrink het,

James Randi het ander “paranormal” ouens ook uitgevang. Een van die meer bekende ouens wat hy al uitgevang het was Uri Geller die bekende buiger van lepels en vurke. Alles ‘n verneukspul.

Hier is ‘n oulike Youtube greep waar James Randi ‘n insiggewende veduideliking gee. Die oubaas is nogal wakker .

Die pad is lank en swaar

Januarie 26, 2010 in Sonder kategorie

Die eerste maand van die nuwe jaar is besig om verby te snel, en sukkel al klaar om te oefen , fiks en fiets.. of is dit nou viets.. te word. Al die versoekings in mens se pad, en dit help nie eintlik as lekker kos geredelik beskikbaar is nie… of midnight snacks as jy die munchies kry wanneer jy lank na middernag die huis binne strompel nie.

Wanneer stoele onder jou begin meegee weet jy jou program moet met groter toewyding aangepak word. Die volgende kos is nou amptelik geswartlys op die PP swartlys : bier, alle soorte chips, alle soorte gas koeldrank, behalwe miskien appletiser verdun met water, maragrine, alle olies behalwe extra virgin olyf olie , alle soorte wors, alle soorte winkel swiets en tjoklits, insluitende ook die luister na baby fokken tjocklits om te keer dat ek nie voortydig ‘n fokken hartaanval kry nie, alles wat in olie gediepfry word, spek en eiers, maar gekookte eiers is ok, pastas, brood en koekies is ook nou op die lys. die enigste soja wat aanvaarbaar sal wees is die waarin mens jou rou tuna dip. Ek is seker daar is nog ‘n paar goed wat mens kan lys, maar ek kan hulle nie nou onthou nie. Rooi wyn is in elk geval nie op die swartlys nie, en ek sien in die winkel is daar weer Lucky Star sardientjies,in die plat blikkie, dis my gunsteling sardientjies, en ek laaik sardientjies nogal.

Fokus is nodig vir die red die stoele kampanje.

 

Voor : orders word flink uitgedeel.

 

Na: die stoel is in sy moer

 

 

fokus fokus fokus

 

Het Tienks vir my ‘n boodskap probeer gee deur die fotos op my rekenaar te laai?

Dale weet nie

Januarie 25, 2010 in Sonder kategorie

Ek hou nogal van ou Dale Santon, Nick Mallet se protege, die Valsbaai breker, en bok haker in 2003.

Gister pryk hy in Die Rapport, in verbande toegedraai soos ‘n mummie.

 

Dale het homself so verbrand toe hy stoele uit sy brandende sitkamer gedra het.

 

Die Rapport

Iemand het nou die dag sy huis met ‘n petrolbom gegooi, en kyk om iemand se huis met  ‘n molotov cocktail te gooi is ‘n vieslike ding om te doen. Veral as daar nog kinders van 5 en 12 in die huis is, ek hoop van harte die gesin herstel vinnig van die trauma, en Dale ook van sy brandwonde.

Verder verneem ons Dale het nie eers ‘n ander ou se girl gespyker of glad niks gedoen om iemand kwaad te maak nie.

Dale kan glad nie verstaan dat iemand dit aan hom sou wou doen nie, dit is seker ‘n geval van misgissing. Die bomgooier was heelwaarskynlik kwaad vir iemand anders, en toe raak hy verward oor die adres of so iets. Of miskien het hy Dale aangesien vir iemand anders. Amper soos in die geval van daai ander skrumskakel van die blou bulle of so iets, as ek nou reg onthou.

Hierdie goed bly maar raaisels, maar ek wonder of Dale nie dalk ‘n paar leidrade aan die polisie kan gee nie.

 

Die Molotov Cocktail was toevallig nie deur die arm mense of revolusionêres ontwerp nie.

 

Dit was deur die dapper Finne ontwerp as ‘n heildronk op meneer Vyacheslav Molotov, Stalin se minister van “verdediging” tydens die winteroorlog teen Rusland.

Die Finne het nie tenkafweer kanonne gehad nie, en die petrolbom was al waarmee hulle hulself teen die Russiese tenks kon verdedig.

 

 

 

Meneer Molotov

Naweekbonus

Januarie 24, 2010 in Sonder kategorie

Die naweek was die effense windjie suid wesserig soos voorspel. Laatmiddag raak dit toe bewolk, en daar het selfs so paar druppels motreen ook geval. Die geelbekke het toe so wraggies waar ook begin byt. My program was nog steeds kreef, maar vanoggend al het ek ouens met ‘n bak of twee geelbek sien uitkom. Hier en daar ‘n kabeljou, en tot ‘n verdwaalde geelstert of twee.

Laatmiddag was dit sommer woelig en dit was lekker om te sien dat party ouens hulle laaie sommer vol gevang het. Mens kon die opwinding aanvoel.

Die doel van die laaie is dat elke ou sy vis in sy eie laai gooi, om latere argumente uit te skakel.

Een arme drommel het net 3 vissies in sy laai, terwyl die ander ouens se laaie vol is.

 

Hierdie ouens se laaie almal vol vis, daar was ten minste 20 bote uit.

Bote word flink herwin.

Ou Chev bakkie by die sleephelling. Die bak is van hout en kan nie roes nie.

Ja, my naweek het ook min of meer volgens plan verloop.

Kreef regulasies

Januarie 22, 2010 in Sonder kategorie

Na my woedebui van nou die dag oor die spergebiede plekke waar mens nie mag duik nie, en die swak wetstoepassing, viktimisasie van onskuldiges en so aan het ek vanoggend uiteindelik sover gekom om by die poskantoor ‘n draai te maak, en ‘n donnerse permit te gaan koop. Vir eers is dit net een vir kreef.

Sien hierdie naweek gaan okay wees vir kreef duik.

Die see gaan redelik kalm wees, en die wind gaan nie eintlik waai nie.

Die Petrus Pap 2010 kreefseisoen  maak môre amptelik oop. Synde Petrus baie graag sy samerwerking aan die owerhede wil gee, het hy nie net moeite gedoen om die nuutste regulasies te soek nie, maar selfs hier op die beroemde lettersmash blogs te publiseer.

Hier is die amptelike seisoen waarmee ek nog min of meer kan saamleef , en waarvan ek nou al klaar die grooste deel van gemis het:

1) The new season for recreational fishing of west coast rock lobster will open on 15 November 2009 and will close on 15
April 2010. From 15 November 2009 to 31 December 2009 fishing will be allowed every day of the week, but from 1
January 2010 to 15 April 2010 fishing will be restricted to weekends and public holidays only.

maar die knoop is hierdie regulasie:

(3) Bag limit: Four (4) per permit holder per day for own use.

4 per dag vir “eie gebruik”, moet ek self al die donnerse kreef opvreet?

en wat van al die dae wat ek nie kreef gaan uithaal het nie? my seisoen maak eers môre oop?

en hierdie fokken regulasie :

6) Recreational permit-holders collecting and landing of west coast rock lobster may do so only between 08h00 – 16h00.

What the fuck !!!  Dit word eers omtrent  agt uur in die aand donker, vir wat moet mens al teen vier uur ophou duik ????

Raait, en dan is daar hierdie regulasie :

10) A maximum of 20 rock lobsters may be transported per day, on condition that all the persons who caught such rock lobster
are present in the vehicle, vessel or aircraft during transportation, and that such persons are in possession of recreational
rock lobster permits; keep control or be in possession of more than 20 west coast rock lobster at any time – eg.
home/residence.

en so kompliseer die regering my lewe al hoe meer en meer.

Ek probeer baie hard om ‘n wetsgehoorsame burger te wees, nugter te bestuur, nie te vinnig te ry nie, en nooit meer as 20 krewe in my besit te hê nie. 

Maar dis baie baie moeilik.

Wat staan ‘n mens te doen as jy rustig onder die water rondswem en ewe skielik bespring ‘n klomp krewe jou? Of as jy uit die koue water uitkom, en jy besef dat die ysige water jou brein laat vasvries het, en jy nie mooi kon tel nie. Dan is daar die kreef om aan te dink. Hulle kry ook net koud, en wil dalk graag bietjie in warmer water rondswem. Al is daar meer as vier van hulle.

Die vrieskas hier het spasie vir meer as 20 krewe, en in wie se besit is die kreef binne in die vrieskas?

Hier is verder ook ‘n ander punt: daar mag net 20 krewe op ‘n vliegtuig wees.

As 6 passasiers onafhanklik van mekaar, op ‘n Boeing  Johannesburg toe vlieg, sal die sesde ou sy kreef nie mag saamvat nie, want daar mag nie meer as 20 krewe op die vliegtuig wees nie. Veder moet elke ou sy permit ook by hom hê.

Okei, ek is nie regtig gepla oor die vliegtuig regulasie nie, want ek dink nie dis nodig dat my krewe iewers heen hoef te vlieg nie, maar ek dink nou byvoorbeeld net aan al die gawe bloggers in die binneland. Laat niemand my dus voortaan van onbedagsaamheid beskuldig nie.

Omdat ek bang is vir die tronk, en veral my anale maagdelikgheid intakt wil hou, sal ek my elke naweek dus ‘n streng wetsgehoorsame burger wees, maar hel, dit gaan moeilik wees.

O ja, as openbare diens, hier is die res van die simpel reëls :

(2) Any person who wants to catch west coast rock lobster for own consumption must be in possession of a recreational rock
lobster permit, obtainable at Post Offices.

(4) Minimum size: 80 mm – measured in a straight line along the middle dorsal line of the carapace, from the centre of the
posterior edge of the carapace to the tip of the middle anterior spine.
(5) Age restriction: Permits will only be issued to persons above the age of 12 years.
(
(7) Any west coast rock lobster caught, collected or transported shall be kept in a whole state.
(8) West coast rock lobster in berry may not be caught and must be returned to the sea immediately.
(9) No person shall buy, barter, sell, or offer for sale any rock lobster which is caught with a recreational permit.
(10) A maximum of 20 rock lobsters may be transported per day, on condition that all the persons who caught such rock lobster
are present in the vehicle, vessel or aircraft during transportation, and that such persons are in possession of recreational
rock lobster permits; keep control or be in possession of more than 20 west coast rock lobster at any time – eg.
home/residence.
(11) Rock lobster for own use may only be caught by:
• using a ring- or scoop-net from a boat not licensed to catch rock lobster commercially;
• using a ring- or scoop-net from the sea-shore;
• diving from the sea-shore without the use of artificial breathing apparatus, other than a snorkel;
• using a baited line and scoopnet.
(12) No rock lobster traps or similar gear may be used.
(13) Closed areas (other than MPAs):
No person shall, in any manner or for any purpose, engage in fishing, collecting or disturbing west coast rock lobster
within:
(a) The area within 12 nautical miles seaward of the high-water mark between, as northern limit, a line (270° true bearing)
drawn through a beacon marked MB1 and situated at Melkbos Point, and as southern limit, a line (270° true bearing)
drawn from a beacon marked HD1 at “Die Josie” situated near Chapman’s Peak south of Hout Bay;
(b) The entire area within Saldanha Bay east of a straight line drawn through two beacons marked N.H.1 and N.H.2,
respectively, and situated on the point known as “North Head”, and two beacons marked S.H.1 and S.H.2 respectively
situated on the point known as “South Head”;
(c) The area within six nautical miles seaward of the high-water mark on the coast between, as western limit, a straight
line drawn through beacons marked S.H.B.W.1 and S.H.B.2, respectively, and situated on Stompneus Point, and, as
eastern limit, a straight line drawn through a beacon marked S.H.B.E and a beacon marked D.R., both situated on the
remaining extent of Wilde Varkens Valley A, due south of “Doctor’s Reef’; and
(d) The area within three nautical miles seaward of the high-water mark between, as western limit, a line (315° true
bearing) drawn through two beacons marked S.H.B.W.2 and S.H.B.3, respectively, and situated on Shell Bay Point,
and as eastern limit, a straight line drawn through beacons marked S.H.B.W.1 and S.H.B.2, respectively, and situated
at Stompneus Point;
(e) The area within a distance of 500 m seaward of the high-water mark between, as eastern boundary, a line (180° true
bearing) drawn from the beacon marked H.R.1 situated at Kraal Rock in Walker Bay and, as a western boundary, a
similar line drawn from the beacon marked H.R.2 situated at Rietfontein, Hermanus.

Nou weet julle.

Petrus preek in Crossroads

Januarie 20, 2010 in Sonder kategorie

Hierdie is ‘n soort “me too” inskrywing, geinspireer deur Spekbek se uitstekende blog.

Dit is ‘n ware verhaal, en het in die vroeë tagtigs afgespeel. Ek kan nie onthou presies in watter jaar nie.

Die van julle wat die Kaap ken, of in daardie dae geken het, sal weet van Crossroads. Kayalitsha het nog nie bestaan nie.

Stootskrapers het van tyd tot tyd plakkershuisies in Crossroads kom omstoot, amptenare van Bantoe administrasie het subversiewe kommunistiese studente van veral UCT in Crossroads gevang. Crossroads was een van die kruispaaie van Apartheid.

My besoek aan Crossroads het egter niks met politiek uit te waai gehad nie, en nog minder met sending, alhoewel ek vermoed dat die enigste jong blanke afrikaners wat Crossroads toe gegaan het, die studente van die kerk organisasies was. Hoeka om sending of so iets daar te gaan doen.

In daai dae was ek ‘n kranige fotograaf en het my stokperdjie met groot entoesiasme beoefen. Ons koshuis het tot ‘n donkerkamer gehad waar ek fotos kon ontwikkel, en soms aan sommige vroulike studente meer van die fyner puntjies van foto ontwikkeling kon demonstreer.

Hoe dit ookal sy, my pêl, Joelas, was ‘n kranige besigheidsman, ‘n voor verkoper van allerhande kak op daai studentetoere. Hy was op hoogte van die beurs, en het altyd aandele wenke gehad, ensovoorts. Vandag is hy seker ten minste al ‘n multimiljoenêr, ek weet nie, maar hy het hierdie briljante plan gehad, wat soos alle briljante planne eintlik nie te kak idee was nie.

“Ons moet Paasnaweek fotos gaan verkoop by Pietersburg.”

Wat ?

” Ja, instant fotos aan die ZCC saamtrek mense.”

Ek was Joelas se “ekspert fotograaf”, die konsep was sy breinkind, en ek moes sorg vir die tegniese aspekte van die enterprise.

Onthou nou, ons praat nou van die vroeë tagtigs. Digitale fotografie was nog nie eers ‘n gedagte in meneer Sony se kop nie.

“Event fotos” was goeie besigheid. Julle sal onthou, die fotograaf, dis nou ek, neem fotos van die huisdans, of ander geleentheid, en ‘n paar dae later word al die fotos netjies genommer en geplak, met ‘n bestellingsboek langsaan. Almal kan dan fotos bestel en in hulle albums plak.

Joelas het aangegaan om my te vertel van die duisende derduisende ZCC kerkgangers. Daar is miljoene van hulle vertel hy my. Hulle wil almal fotos hê as aandenking van hulle pelgrimstog Moria toe.

Die Zion Christian Church, ek het hulle die deputy sheriffs genoem, want almal dra ‘n ster. Amper soos Walker Texas ranger.

Ok, ons weet nou waarvan ons praat. Die dollar signs begin flikker in my oë. Polaroid fotos. Ons sou duisende rande maak.

Jy neem die foto , en sekondes later spoeg die kamera die foto uit. Dan trek jy so papiervelletjie af, en siedaar die “instant” foto. Een probleem, die films vir die polaroid kamera was fokken duur, en ons moes seker wees die besigheid gaan werk.

Nee, alles is georganaais sê ou Joelas. Hy het vir ons ‘n afspaak gereël met die priester. Nie die hoë priester by Zion City Moria nie, sommer die local yokel in Crossroads, die hoof van hulle Kaapstad gemeente. So ry ons Crossroads toe in Joelas se groen 1964 Volvo. Onthou nou, hierdie is so om en by 81 of 82 of daar rond. Crossroads se paaie was bietjie deurmekaar, maar na ‘n gesukkel is ons by die regte plek. Die probleem is dat dit lyk nie vir my na ‘n vergadering met die priester nie. Ons is in ‘n groterige vertrek en daar is heelwat mense, dit was sommer ‘n groot vergadering. Hulle begin, en ek begin onraad ruik.

Die vergadering is ‘n kerkdiens.

Die priester spreek die vergadering toe in Xhosa, die lede cheer en klap hande, en toe kyk die priester na ons en sê dis tyd vir die boodskap. Joelas sê nee dis reg, dis lekker om daar te wees, en dat ek, synde dat ek die “ekspert” was vir hulle sou toespreek. Teen hierdie tyd is dit duidelik dat hulle nie daar was om ‘n sales pitch oor polaroid fotos te kry nie, maar vir die besoekende predikante vir hulle ‘n boodskap sou bring!

Joelas pomp my in die ribbes, ek moet begin praat. Nou ja, as daar nou al ooit ‘n what the fuck moment was, was dit toe.

Duidelik kon ek nie vir hulle die werking van die polaroid kamera verduidelik nie, en teen die spoed van lig probeer ek onthou wat elke dominee, skoolhoof, en “volksleier” altyd by byeenkomste, kerkdienste, en aangeleenthede gesê het.  Wel, cometh the moment cometh the man, en ek steek vir hulle ‘n preek af dat hulle naderhand al jillende begin toytoy hier om ons.

Tot vandag toe kan ek glad nie onthou wat ek die aand alles kwytgeraak het nie. Na afloop van die “diens” het hulle vir ons Fanta Orange gebring om te drink, ek was nogal dors en dit het goed afgegaan. Ek het my demonstrasie polaroid kamera gebruik, en vir hulle fotos geneem en persent gegee. Niemand het ons kom arresteer vir oortreding van groepsgebiede nie.

En van die scheme het niks gekom nie.

maar ek het een aand in Crossroads gepreek.

Reël EEN van SKUBA duik, en surf ook.

Januarie 18, 2010 in Sonder kategorie

Liewe lesers, soos julle nou al nou al weet, is ek op soek na ‘n nuwe wetsuit.

‘n Oulike rubber pakkie. Julle sal ook onthou dat daar net twee soorte surfers en duikers is, die wat in hulle pakkies piepie, en die wat daaroor lieg.

Reël een is egter BAIE belangrik, en julle moet dit asseblief nooit vergeet nie.

fart

 

Moet nooit in jou duikpak poep nie.

Die beste oefening ooit

Januarie 18, 2010 in Sonder kategorie

Vrydagmiddag 4 uur was ek toe in Stilbaai. Windinder het die weer 100% reg voorspel. Die see het branders gepomp, en Petrus het ingespring, uitgeroei en ‘n paar lekker branders gevang. Die ding van die punt by Stilbaai is dat die geweldige volume water wat vloei.

stilbaai

 

Vrydagmiddag. Check daai branders.

 

Die ou met die plank en die wetsuit is ook ‘n ou Toppie, maar nie Petrus nie.

Petrus se rubberpakkie het te veel gekrimp en pas nie meer nie.

 

Jy spring spring eers oor ‘n paar rotse tot jy sien dis ok, dis diep genoeg dat jy kan roei. Dan wag jou vir ‘n lekker “foamie” om dit nog bietjie dieper te maak, mens wil allermins nie soos ‘n gestrande walvis vassit op die rotse nie. Dan roei jy asof ‘n haai besig is om jou aan die gat te byt.

Hopelik maak jy dit blouwater toe sonder te veel van ‘n “hammering”. Dan roei jy. Die heeltyd. Die stroom daar by die punt  trek en trek. Nou en dan kom heel groot branders van agter af deur en spoel oor almal, en in die proses sleep die brander jou sommer 50 of 60 meter terug, dan roei jy maar weer. en roei en roei. Naderhand voel jy asof jou arms wil af. Hulle is loodswaar en wil nie meer optel nie.

Daar was nie te veel ander ouens in die water nie, genoeg branders vir almal, dit was nie nodig om te “hassle” nie. Nie dat Petrus met sy lam arms enigsins in staat was vir “hassling” nie.

Die ding van daar rond roei en branders probeer vang is dat jy jou ligaam totaal “commit”, maar mens se brein is glad nie ingestel op repetisie van ‘n oefening soos op sê maar ysterpomp, of push ups nie. Jy dink by jouself en wil “daar” wees, die daar is die “soet kolletjie”. Net daar waar die branders die rotsrif die eerste keer tref, en die brander op sy beste piek. Dit is die maklikste plek om die brander te vang, maar jy moet die verste en hardste roei om daar te kom. net mens dink glad nie aan die roei nie. Jy is gefokus op waar jy wil wees. Intussen moet jy onder deur die groot branders duik, en soms jou asem ook ophou as jy “over the falls” gaan. Ja dit het ook ‘n paar keer gebeur, en mens is gewoonlik reeds uitasem wanneer jy oorgaan, en in die maalkolk beland.

Vrydagaand was ek so uit soos ‘n kers, en Saterdag oggend was die branders steeds goed.

Die water was lekker warm, die wind lig, en Petrus het nie vir ‘n oomblik koud gekry nie. Net amper aan die slaap geval in die kar op pad terug, maar alles is wel.

Ek wil nog meer gereeld gaan surf, en sal my miskien maar verder in die skuld moet dompel en ‘n oulike rubberpakkie gaan koop. Die oulikes is net so duur!