Perlemoen

Desember 10, 2009 in Sonder kategorie

Die perlemoene “feature” al weer in die nuus.

Is dit ‘n klug of ‘n treurspel? Dalk liewer ‘n sirkus van formaat?

Of al drie sommer in een gestrengel?

Perlemoen is eintlik nie vir my so besondere lekkerny nie, en die enigste deel van die verbod op die uithaal van perlemoen wat regtig pla, is dat ek nie tussen Gansbaai se hawemuur, en  die Ratelrivier mag duik nie.

Ratelrivier is doer anderkant Buffeljags. Kortbroek-hulle het mos 2 jaar gelede hierdie 40 km of so van Overbergse see gesluit vir die gewone duiker. Met ander woorde as jy ‘n duikbril of duikpak ensovoorts aan het, mag jy nie jou voete in die see sit nie.

Alles goed en wel. ‘n Magtige instrument vir wetstoepassing.

Net een probleem, dit het die spul slegmoere net mooi niks gehelp nie.

Vir die “poachers” was dit “business as usual”.

Die nuutste ding, die sprake van die “oopmaak” van kommersiële vangste en die aanstelling van MK en Apla “veterane” as perlemoen spietkops, is alles net ‘n geraas.

Gaan fôkôl verskil aan enige iets maak nie.

As iemand dink die spul droewige drolle gaan ‘n verskil maak om die bron te beskerm..,. of poachers se aktiwiteite te beperk , dan kan diegene netsowel glo die maan is ‘n groot ronde stuk geel kaas.

Hier is die werklikheid.

Die poachers gaan net so lekker as tevore te kere gaan.

Die bron is klaar in sy moer.

As ek toevallig oor ‘n verdwaalde perlemoen swem, is die kanse goed dat die bron nog verder in sy moer gaan wees.

Hang net af of ek gaste vir ‘n potjie gaan hê, en hoe ek op daardie oomblik voel. Dis al. O ja, en ook om ‘n pit te druk vir die “veterane”.

7 antwoorde op Perlemoen

  1. zephur het gesê op Desember 10, 2009

    Indien ek jou misloop op die blogs die volgende paar dae…wil ek net nou sê, geniet die verlof (indien enige) en beleef ‘n wonderlike fees tydperk. Mag die Kersfees ‘n baie spesiale tyd wees vir jou en familie.

    So met tyd gaan Blogville nou stil loop, soos almal hul karretjies pak…mag ons almal weer veilig terugkom en aan almal ons ervarings en ondervindings kom deel…onthou die fotos.

  2. Vetjan het gesê op Desember 10, 2009

    Dankie Zeps, en ja ek gee myself jou werklikwaar verlof ! Wat beteken ek gaan tyd hê, en so tussendeur blog, maar ek die kinders gaan bietjie ons ding doen vir die volgende 2 of so weke.

  3. Gharki het gesê op Desember 10, 2009

    Ek sit nou die dag by Kleinbaai se hawe en openlik kom die poachers aangery en laat hulle boot daar te water, met manne in duikpakke vir almal om te sien. Daar was ook geen amptenaar naby wat hulle genader het oor betaling om die slipweg te gebruik nie. Laat jy dit nou net waag om jou boot daar in te sit en hulle kan nie gou genoeg vir jou betaling kom vra nie.

  4. Vetjan het gesê op Desember 10, 2009

    Presies Gharki, prefokkensies. Alles is ‘n donnerse klug.

  5. Gharki het gesê op Desember 10, 2009

    Eks geneig om met jou saam te stem. Het onlangs gehoor dat daar ‘n hele paar polisiemanne is in ons ou dorpie wat deel van daai manne is. Hoe kom hulle dan daarmee weg?????? Ek meen, waar is die ouens wat dan hierdie sodanige “wette” moet afdwing. Ek en jy kry onmiddellik ‘n boete as ons net dit waag om ‘n duikbril op te sit. Die manne loop openlik met duikpakke rond sonder om vervolg te word.

  6. Vetjan het gesê op Desember 10, 2009

    Hel, ek het dit nie onlangs gehoor nie, dis ‘n lang gevestigde Gansbaai tradisie, en het al begin met ‘n bekende/berugte amptenaar wat lief was vir pikkewyn eiers, en dit altyd op “sy” eiland gaan haal het. Om nie eers te praat van kwota monitering en sulke goed nie. Die nuwe span is net dommer en slegter, en kan slegs sagte teikens aanvat.. soos die ou wat vir die naweek kom visvang.

  7. Vetjan het gesê op Desember 10, 2009

    Flenters, die probleem is dat alhoewel die tegnologie dar is, gebruik hulle dit eenvoudig nie. Die MKB beamptes het nie eers radios om mee te praat nie. Net selfone, maar hulle is almal op ” pay as you go” en kan nie lugtyd bekostig nie.. kan jy glo , die staat verwag dat die apmtenare moet met hul hongerlone lugtyd koop en dan aan die einde van die maand eise insit.. wat dan eers bevraagteken word(met reg) .. en dan 3 maande later word die eis miskien betaal. Vaktap stelsel, en dis hoekom die patetiese drommels nie hond haaraf maak nie.. en wat de fok dink Martinus, regtig,wat de fok gaan in sy kop aan?

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.