Jy blaai in die argief vir 2009 Desember.

Elke dag is nuwe jaar

Desember 31, 2009 in Sonder kategorie

Maar aag wat 2009 is amper verby, en ons partytjie hier by Mdumbi gaan nou nou begin.

Voorspoedige Nuwejaar !!!!

Transkei Kersfees

Desember 27, 2009 in Sonder kategorie

Elke dag het dit net meer en meer gereën. Twee dae voor Kersfees, en Kersdag ook.

In plaas van ‘n Kersete steek ons die groot Kei oor. By die mond op die pont.

kei

Na drie dae van reen is die veld en die pad nat. Baie nat. Dik modder nat.

In die verbygly sien ons die Venture bussie sit met twee linker wiele oor die afgrond.

helpers

Toue word vasgemaak, en die vrolike rasige omstanders moet stoot. Steeds reën dit.

Lyk my wonderwerke gebeur tog. In hierdie modderbad het ek maar net gehelp ter wille van Kersfeeskarma of iets, nie gedink ons gaan enigsins ‘n hond haaraf maak nie.

trek

Die Venturebussie is wragtig weer op die pad, en ons kap aan in die reën.

reenboog

Reenboogland

Blou vlag en ander plekke

Desember 21, 2009 in Sonder kategorie

Die hekke en drade het by Puntjie begin.

puntjie

Die Duivenhoksrivier monding is omtrent so ver weg as wat jy kan kry. Ongerepte plek. Alles hier draai om toegang. Die boere se plase gaan tot teen die rivier, dan het een boer hierdie prima stuk grond ontwikkel of aan ontwikkelaars verkoop.

Die enigste manier om op die strand hier te kom is om van die sleephelling af te swem strand toe.. of met ‘n boot te vaar.

kanon

Kaap Vacca oftewel Kanon.

Alhoewel die punt afgesper is, is die mooi en verlate strand toegangklik, en kan mens strand langs punt toe stap.

vleesbaai

By Vleesbaai wapper ‘n blou vlag bo op die kasteel. maar dis geen blouvlag strand nie.

Alles agter doringdraad.

Dit was nie voorheen so nie.

Hekke en drade

Desember 19, 2009 in Sonder kategorie

Ek besluit toe om Mosselbaai toe te ry, maar glad nie die N2 te gebruik nie. Amper net grondpad. gaan soek die Ratelrivier by die Dam ensovoorts. Deur Elim en Bredasdorp Malgas toe. Witsand. Vermaaklikheid. Bree rivier, en toe Duivenhoks. By Puntjie begin dit.

Die drade en versperrings. Puntjie is omtrent so ver weg as wat jy kan kry. Dink jy die strand is toeganglik? No way jose. hekke en heinings, geen toegang, geen toegang.

Ok, deur Jongens en Stilbaai toe. Ek was jare gelede by Jongensfontein, baie uitgebrei, maar heerlike plek. Niks doringdraaad en hekke nie. Stilbaai word ook al hoe groter en groter, maar ook ‘n baie lekker plek.

Toe wil ek Ystervarkpunt toe gaan, maar nee. Die varke het die pad toegesper. Die einste pad waarmee ek jare gelede soontoe gery het. Toegesper. ‘n Openbare pad. Aan die grondeienaars van plekke soos Rein’s reserve , FOK JULLE.

Ry toe maar agterom Gouritsmond toe. Dis nog soos dit was. Daarna Kanon toe, Kaap Vacca. Hier kan mens darem by die see kom, maar daar is ook draad.

Die kersie op die koek van alle plekke is Vleesbaai.

Weereens jare gelede was die plek oop en mooi. Dis nog steeds mooi, maar sowat van hekke en drade het ek in my lewe nog nooit gesien nie.

My slotsom is dat die plek bewoon word deur voormalige tronk en konsentrasiekamp werkers, wat iewers die jackpot gewen het en die plek gekoop het. Omdat hulle terugverlang na doringdraad en so aan, span hulle toemaar die plek vol daarvan, en sit nog kring TV kameras en goed ook op.

O ja, hierdie is nie Johannesburg, of ‘n plaas tussen Vereniging en Johannesburg nie. Hierdie is die Suid Kaap, die kus.

Ek sien toe dat al die duur duitse karre daar rond het GP nommerplate. ‘n paar Vrystaat karre ook, maar die fok weet.

Vleesbaai – ‘n gevallestudie van hoe om ‘n mooi kusplekkie in ‘n fokken konsentrasiekamp te verander.

Nadat ek by Fransmanshoek gaan draai het, is ek haastig daar weg. Vleesbaai het ‘n siek atmosfeer wat mens moontlik kan kontamineer.

Gelukkig is daar baie ander heerlike plekke, so ek gaan maar eers Buffelsbaai toe.

Pad wenke

Desember 11, 2009 in Sonder kategorie

Ok, dis vakansietyd, en aangesien ek die afgelope paar weke heen en weer gery het, hiermee dan die Petrus Pap pad verslag.

Tussen die Kaap en Pretoria/Rustenburg en verder noord, of andersom.

Opsie 1 : Roete 62 uit die Kaap tot in Oudtshoorn, Meiringspoort, Beaufortwes, 3 Sisters, Kimberley, Pta.

Miskien bietjie langer, maar baie minder groot vragmotors, spietkops, jy kan koffie drink en koek eet by Ronnie’s sex shop, Port koop in Calitzdorp, onder die waterval gaan swem in Meiringspoort, die groot gat sien , en lekker ry.

Opsie 2 : die N1 , korter, maar hel, die padverbouings met al die stop en wag plekke, die vragmotors en die verkeer is nie vir my lekker nie. Colesberg het baie oorslaap opsies en die eetplekke daar is ok.

Opsie 3 : langs die Weskus op deur Upington, Kuruman en Vryburg.

Vandat al daai myne weer in Sishen/Kathu omgewing oop is , is daar hopeloos te veel groot vragmotors op die pad.

Hier van my wêreld af, wat reeds bietjie uit die Kaap is, ry ek Riviersonderend toe, dan oor Tradouwpas Barrydale toe, en verder dan opsie 1.

Ek het opsie 1, 2, en 3 die afgelope ses weke gery.

Ander paaie :

Die pad Windhoek toe is nog soos altyd, en die Golden Highway is ook 100%. Het so 20 km voor Kongola brug teen 8 uur die aand amper in ‘n trop olifante ingejaag, die ouens agter my sê dis die eerste keer dat hulle olifante sien agteruit hardloop. Dis debateerbaar wie die grootste gekrik het.

Die pad tussen Beitbrug en Vic falls is heeltemal ok, en die polisie is rustig. Daar is omtrent 6 tol punte waar jy elke keer $ 1.00 ( VSA) moet betaal.  Tussen Messina en Pretoria is die tol veel meer, en naby Pietersburg is daar 60km/h sones waar jy dit glad nie verwag nie, so ek daar het die vriendelike spietkops vir my so brief van die ou Transvaal gegee.

Dis al, ry versigtig.

Opuwo

Desember 11, 2009 in Sonder kategorie

Laatmiddag, op ‘n koppie net buite Opuwo.

Dit blits en reën. Die dorre land is nat en groen. Laasweek.

niks gephotoshop nie.

kaokoland

reenboog

Perlemoen

Desember 10, 2009 in Sonder kategorie

Die perlemoene “feature” al weer in die nuus.

Is dit ‘n klug of ‘n treurspel? Dalk liewer ‘n sirkus van formaat?

Of al drie sommer in een gestrengel?

Perlemoen is eintlik nie vir my so besondere lekkerny nie, en die enigste deel van die verbod op die uithaal van perlemoen wat regtig pla, is dat ek nie tussen Gansbaai se hawemuur, en  die Ratelrivier mag duik nie.

Ratelrivier is doer anderkant Buffeljags. Kortbroek-hulle het mos 2 jaar gelede hierdie 40 km of so van Overbergse see gesluit vir die gewone duiker. Met ander woorde as jy ‘n duikbril of duikpak ensovoorts aan het, mag jy nie jou voete in die see sit nie.

Alles goed en wel. ‘n Magtige instrument vir wetstoepassing.

Net een probleem, dit het die spul slegmoere net mooi niks gehelp nie.

Vir die “poachers” was dit “business as usual”.

Die nuutste ding, die sprake van die “oopmaak” van kommersiële vangste en die aanstelling van MK en Apla “veterane” as perlemoen spietkops, is alles net ‘n geraas.

Gaan fôkôl verskil aan enige iets maak nie.

As iemand dink die spul droewige drolle gaan ‘n verskil maak om die bron te beskerm..,. of poachers se aktiwiteite te beperk , dan kan diegene netsowel glo die maan is ‘n groot ronde stuk geel kaas.

Hier is die werklikheid.

Die poachers gaan net so lekker as tevore te kere gaan.

Die bron is klaar in sy moer.

As ek toevallig oor ‘n verdwaalde perlemoen swem, is die kanse goed dat die bron nog verder in sy moer gaan wees.

Hang net af of ek gaste vir ‘n potjie gaan hê, en hoe ek op daardie oomblik voel. Dis al. O ja, en ook om ‘n pit te druk vir die “veterane”.