Kinders van die wind

November 17, 2009 in Sonder kategorie

Die suidoos waai nou al vir 2 dae baie sterk, en môre nog meer en sterker. Donderdag nog steeds, maar dan gaan hy bedaar in die wind gaan draai, maar ek is dan op pad Windhoek toe.

Vanmiddag het die wind sommer ‘n see sproei, of wat ons in Engels noem “spume” honderd meter of meer land in gewaai. Jy staan sommer ver van die see af, maar die wind waai hom teen jou vas.

Dis nie so lekker om in die tande van die wind te staan nie, en veral nie op die see te vaar nie.. behalwe natuurlik nou as jy ‘n vliëerplankryer is. Ek het my nou die dag by Blouberg verkyk aan al die vliëers wat in die see rondans daar rondom die steenkoolwrak.

Anyway met die wind wat so waai dink ek toe aan so paar wind liedjies.. daar’s ‘n wind wat waai … hy waai my jas teen ‘n taaibos vas…. maar dan die wind bring verandering en maak die see sommer heeltemal anders, soms omstuimig, soms plat soos ‘n dam, met yskoue water, of bring soms ‘n groot storm. As die suidoos lekker waai hier teen die kus, beteken dit reën vir die bore in die binneland, of so was dit altyd.

Ek hou van ou Demis se liedjie “My friend the wind” , maar my gunsteling bly Koos Doep se “Kinders van die Wind”.

 

8 antwoorde op Kinders van die wind

  1. Vetjan het gesê op November 17, 2009

    Inderdaad Flenters ! Goed onthou !

  2. Ek probeer aan ‘n lied dink, maar al wat ek kan aan dink is die fliek met die meisie met die rooi rok,en die mooi bene en die wind, o die wind, kan nie eers die fliek se naam onthou nie, sien net die bekende foto in my geestesoog

  3. Ons weer is altyd die uiterste hier.
    Laas week was winter.
    Gister en vandag is groot bome ontwortel, sommer so met sypaadjieranstene en al.
    Maar vanmiddag draai die weer noord-oos, en wolke pak saam.
    Vreemd, maar nou ja!

    Geniet die Suidwes trippie. As jy moeg of dors word, kom loer in.

  4. Vetjan het gesê op November 17, 2009

    Van watter jare kom die fliek Monica ?

  5. Vetjan het gesê op November 17, 2009

    ok, sal gaan luister.

  6. Vetjan het gesê op November 17, 2009

    dankie Lou, moenie verbaas wees as ek by jou uitslaan nie !

  7. Vetjan het gesê op November 17, 2009

    🙂 die wind waai oraait !

  8. gegoogle, Woman in the red dress 1984. Is nou so lus om dit weer te sien 😉

Los ’n antwoord vir Vetjan. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.