Die reggae sanger
November 15, 2009 in Sonder kategorie
Ek wonder wat die regte storie was oor waar op aarde hulle die reggae sanger uitgekrap het ?
As jy genoeg boom rook is jou eie sang seer sekerlik vir jou pragtig, amper net soos die drongatte wat in die bar kareoke.. probleem is net daai rasta en sy dromslaners was nie besig om in die bar te kareoke nie.
Die Franse het beter as die bokke gespeel, geen verskonings nie.
Wat de hel sou die Dept van Sport en Onstspanning noop om vandag in beide die Rapport en Sunday Times advertensies oor Beast se burgerskap te plaas.. ek sou dink dit is iets wat hulle met die sportadministrateurs moes uitsorteer.
In plaas daarvan dat ons regering Mugabe uitsorteer, viktimiseer hulle nou vir Beast.
pinkpolkadot het gesê op November 15, 2009
..sad!! lekker week vir jou!!
veralda het gesê op November 15, 2009
ek stem met jou saam
Liani.Mare het gesê op November 15, 2009
Ha! Petrus… gaan lees my Rapport resensie van vanoggend. Ook oor die perd se disaster geskryf. 🙂
jannel1 het gesê op November 15, 2009
Ek weet toeskouers mag nie die ref tackle nie – geld die reel ook vir sangers?
Vetjan het gesê op November 15, 2009
Ek is seker ou Ras Dumisani het sy allerbeste gelewer… … hy het homself nie vir die joppie geselekteer nie, dis die dom doos wat besluit het ou Ras sal die wêreld entertain met sy weergawe van die die volkslied. Dis een of ander sot by die SA ambassade in Parys.. en wat nou natuurlik staan en lieg vir die koerante.
Vetjan het gesê op November 15, 2009
helaas
Vetjan het gesê op November 15, 2009
sal gaan kyk
Vetjan het gesê op November 15, 2009
🙂
Vetjan het gesê op November 15, 2009
thanks PPD, jy ook.
Vetjan het gesê op November 16, 2009
Volgens Rapport het Brussow gesukkel om nie te lag nie. Schalk het baie die bliksem in gelyk. Ek dink die meeste het net gedink WTF
Vetjan het gesê op November 16, 2009
Jy is 100% reg Ghaap.