Lusaka

November 12, 2009 in Sonder kategorie

Die bos mechanics se job het gehou, en die kar loop nog steeds. Hy het sonder probleme gery van Francistown tot in Kazangula, deur Livingstone toe, Lusaka toe, deur Harare terug SA toe, ‘n draai gegooi in Mosambiek, terug Kaap toe, en nou die dag deur die Klein Karoo Baviaanskloof toe, anderkant uit en weer terug huis toe. Alles werk nog reg en die kar is ok.

Ek het die hoogs bedonnerde manne met die lee kanne in Lusaka belowe ek sal hulle probleem internet blootstelling gee.

Zambia het so paar weke gelede ‘n brandstof krisis ervaar, vulstasies se petrol raak blykbaar van tyd tot tyd op. Dis nogal ‘n gemors, veral as mens ‘n lang pad gekom het, en nog ver moet ry… in Lusaka wil mens glad nie oorbly en wag vir beter dae nie. Nie my gunsteling stad in Afrika nie en donners duur ook.

vulstasie

 

Niks petrol nie

 

kanne

 

Die manne met die lee kanne

Nietemin, daar was weer ‘n groot stok in hulle wiele.. petrol was op.

Die gewone ou was die bliksem in om dit ligweg te stel.

Ek ook, met my petrol naald wat op E gestaan het, en die kar wat op dampe moes ry, het ek nogal die ouens daar se gevoel gedeel.

So ry ek toe nou maar terug kampplek toe en wonder waar my volgende petrol vandaan gaan kom.

Toe eensklaps, vier karre staan in ‘n ry by ‘n vulstasie. Baie flink trek ek toe agter hulle in, en gaan vra vir die manne aan diens of daar petrol is. Oor ‘n halfuur kom die tenkwa word ek meegedeel. So wag ek toe nou maar ook.

 

Die tenkwa bring verligting

Binne minute groei die tou karre na omtrent 100 of meer. gelukkig is ek in posisie 5, terwyl almal wag neem ek toe maar so paar fotos, en onvang vele versoeke om die storie op die internet te plaas.. en ook dat hulle &*%$##$ politici onbekwaam is.

lusaka

 

Ek verseker die manne, die saak is reg, ek sal die fotos op die internet sit. So hier is hulle nou.

12 antwoorde op Lusaka

  1. Berwick het gesê op November 12, 2009

    😉

  2. Liani.Mare het gesê op November 12, 2009

    Hierdie lyk werklik na ‘n minder aangename uistappie!

  3. blerrie hel!

  4. Hallo Petrus

  5. loudavisi het gesê op November 12, 2009

    Ons mis jou!

    Bly jy’s ok.

  6. Vetjan het gesê op November 12, 2009

    was net bietjie aan die rondloop….

  7. Vetjan het gesê op November 12, 2009

    alles is ‘n avontuur… sien die interaksie met die ander mense daar was ‘n belewenis.

  8. Vetjan het gesê op November 12, 2009

    🙂 Francistown , so 2 km uit die dorp op die Plumtree pad.

  9. Vetjan het gesê op November 12, 2009

    inderdaad

  10. Vetjan het gesê op November 12, 2009

    hallo Monica, die bottel olyfolie was baie handig op die trip

  11. Vetjan het gesê op November 12, 2009

    haha.. soms ja, hallo Flenters.

  12. Vetjan het gesê op November 12, 2009

    dankie Lou, ek sal traai om meer te skryf !

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.