Kinders van die wind
November 17, 2009 in Sonder kategorie
Die suidoos waai nou al vir 2 dae baie sterk, en môre nog meer en sterker. Donderdag nog steeds, maar dan gaan hy bedaar in die wind gaan draai, maar ek is dan op pad Windhoek toe.
Vanmiddag het die wind sommer ‘n see sproei, of wat ons in Engels noem “spume” honderd meter of meer land in gewaai. Jy staan sommer ver van die see af, maar die wind waai hom teen jou vas.
Dis nie so lekker om in die tande van die wind te staan nie, en veral nie op die see te vaar nie.. behalwe natuurlik nou as jy ‘n vliëerplankryer is. Ek het my nou die dag by Blouberg verkyk aan al die vliëers wat in die see rondans daar rondom die steenkoolwrak.
Anyway met die wind wat so waai dink ek toe aan so paar wind liedjies.. daar’s ‘n wind wat waai … hy waai my jas teen ‘n taaibos vas…. maar dan die wind bring verandering en maak die see sommer heeltemal anders, soms omstuimig, soms plat soos ‘n dam, met yskoue water, of bring soms ‘n groot storm. As die suidoos lekker waai hier teen die kus, beteken dit reën vir die bore in die binneland, of so was dit altyd.
Ek hou van ou Demis se liedjie “My friend the wind” , maar my gunsteling bly Koos Doep se “Kinders van die Wind”.
Onlangse kommentare