Jaagtog

Oktober 22, 2009 in Sonder kategorie

Olifant

 

Snaaks. As jy gedruk is vir tyd en net moet jaag dan kom al die diere verby. Olifante in hierdie geval.

Twee troppe, 40 of 70 km uitmekaar, en 5 of 6 ander alleenlopers tussen in. Een kameelperd ook. Nie bokkies getel nie. Ek had nie tyd om te stop en fotos te neem nie.
Ek probeer hulle maar raak “snap” teen 110 kmh. Druk maar nie eintlik mik nie, net die kamera soontoe wys en kliek. Daar is nie tyd vir stop nie.

Kazangula is 480 km van Francistown af. Die pad is nie te waffers nie.

Ek wou die pas herboude masjien ook nie te hard druk nie. Die eerste 100 km nie die toere verby 2400 jaag nie. Dit beteken 80 kmh op die groot  3F ses silinder.
Reguit ses, nie V6 nie, en hy gedra hom goed, “purring like a cat”, ‘n sagte egalige grom. Ek luister fyn na enige wanklanke. Senuweeagtig.

Die dilemma. Buig of bars, ek moes in Zambia kom.

Die eerste mikpunt was om die Zambezi met die veerboot by Kazangula oor te steek, maar…… ons het die finale toetsrit eers half twee geneem.
Daarna gaan petrol ingooi en deur Francistown se verkeer vleg. Ok, Francistown is nie die grootste plek op aarde nie, maar sy paaie dra meer verkeer as waarvoor hy ontwerp is, stadige vloei dus. Die veerboot staak dienste teen 6. Dit beteken jy moet eintlik al 3 of miskien 4 uur daar wees, later beteken ‘n helse miskien. Na 6 seil die skippie natuurlik glad nie.

Nou werk dit uit, 480 km op ‘n so-so pad. Nata verby, is die pad ook nie meer so-so nie. Pleinweg kak.

Alternatiewelik. Mens kan per pad van Kazangula deur Zim toe tot by Vic falls, en daar met die brug oor Livingstone en Zambia toe.

Laasgenoemde was die enigste opsie. Die horlosie was aan die tik, want hierdie grensposte sluit ook. Kazangula – Zimbabwe teen 8, en die Vic Falls – Livingstone brug teen 9, of so vertel Jolly Boys se jolige ontvangsdame my.

By Nata teen kwart voor vyf is 280 km oor. Ok 3 ure, dan is dit kwart voor agt, en dan vinnig probeer deur Zim toe, 85 km Vic Falls toe, en hoop die brug is nog oop.

Wel, die brug is oop tot tien.

Half tien het ek ‘n koue Mosi in Livingstone geknak.

 

kar1

 

Sondag middag, die enjin was uit, sommer die rooster, regter ligte en fok weet wat alles nog.

 

 

crank

 

Duisend stukkies, crank was ook moer toe.

 

 

die manne

 

 

Die Rasta in rooi is die ou wat die knoop deurgehak het

 

Die toetsrit was suksesvol, en almal ontspan na ‘n spannende oggend, behalwe ek wat moet deurdruk Livingstone toe 600 km verder.

4 antwoorde op Jaagtog

  1. Berwick het gesê op Oktober 22, 2009

    Voorspoed!

  2. Olifante maak my nervous. Een het ons eenkeer in die Wildtuin gejaag met ‘n karavaan agter die kar. Dit was nie regtig snaaks toe nie. Nou is dit tog ‘n bietjie.

  3. lisabeth het gesê op Oktober 24, 2009

    Ai…ek lees lekker hier!

  4. Wow, ek sal weer moet kom saamry. Hoop daai kar hou!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.