Die mite van die dodelike seekoei.

Oktober 20, 2009 in Sonder kategorie

Mite : seekoeie maak meer mense in Afrika dood as enige ander dier.

Ek sien hierdie kakstorie word aanmekaar herhaal.

Die dier wat die meeste mense doodmaak is die vroulike Anopheles muskiet. Malaria.

Maar kom ons praat groot diere:

Krokodille, olifante , renosters, seekoeie, leeus. Wie samel die inligting alles in, en hou die statistiek by.

Hoe word krokodil “aanvalle” in die afgelee Kunene rapporteer… ek hoor maar daarvan as die plaaslike kraal se Himbas my vertel laasmaand het ‘n krok ‘n laaitie gevang, selfde in die Luangwa vallei in Zambia .. of waar ookal.

 Een ding weet ek, die mense daar kla baie meer oor krokodille as seekoeie. Trouens ek het jare laas van ‘n dodelike seekoei insident gehoor, maar hierdie jaar al van 3 krokodil insidente.

As iemand betroubare statistiek wil verskaf om my vermoedes te weerle ( of bewys) sal ek dit verwelkom.

Intussen wag ek in spanning om te sien of my kar gaan reg wees, en ek later vandag in Zambia gaan wees.

11 antwoorde op Die mite van die dodelike seekoei.

  1. Maghitta het gesê op Oktober 20, 2009

    dit is lekker om jou blog inskrywings te lees kan nie wag vir die volgende vertelling nie, voel of ons saam toer,….

  2. Zeg een Kaas die annerdag vir my hy gaan nie volgende jaar Zuid-Afrika toe vir die sokker nie, want hy is erg bang vir haaie – en hy bedoel die regte-egtes wat in die see swem, nie die lone sharks nie…

  3. Vetjan het gesê op Oktober 20, 2009

    Solank hy net saam met vet mense swem, sal hulle eerste die vettes eet terwyl hy vinning a getaway maak.

  4. Vetjan het gesê op Oktober 20, 2009

    Dankie Maghitta, probleem is ek toer nie nou nie .. ek wag vir hulle om my F%$#&* kar klaar te maak.

  5. zephur het gesê op Oktober 20, 2009

    Wel as ‘n vet seekoei op haar maer mannetjie sit…tel dit….hehehe

  6. Vetjan het gesê op Oktober 22, 2009

    Ja, dis vreeslik.

  7. Vetjan het gesê op Oktober 22, 2009

    So far so good, en ek is nou in ‘n sonder petrol Lusaka.

  8. Vetjan het gesê op Oktober 22, 2009

    Net ne, terloops, van more af is ek in Moz vir ‘n week.

  9. Vetjan het gesê op Oktober 22, 2009

    Beslis die krokkerasies.

  10. Vetjan het gesê op Oktober 22, 2009

    Presies.

  11. Vetjan het gesê op Oktober 22, 2009

    Hulle hou nerens statistiek daarvan nie, daar is nie ‘n krok byt register waarvan ek weet nie… in teenstelling met haaie, NSB het baie akkurate stats, ander ook.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.