Francistown binnekennis

Oktober 19, 2009 in Sonder kategorie

Die Ansonia hotel het die vinnigste wifi, dis verniet ook.

Die Cresta Maranga se wifi is ok, jy kan kamp vir R 60, maar hulle drank- alles van koffie tot whisky, is vreeslik duur. Ek het maar ‘n boksie Drostdy Hof in die dorp gekoop. Die wifi is ten minste ook verniet, so ek sit heel aand en lees blogs en litnet briewe en so aan.

Die kar se crank is ook in sy moer.

Op Musina en ook in die Kaap, is volledige 3F enjins beskikbaar teen R 8000. Sal seker R 2500 kos om te laat insit, so dis R 10 000 … voor koste  om dit hier te kry. Die bos mechanics doen alles oor vir R 10 000. Ok, vanoggend het ek ‘n ou crank en nuwe bearings, pistons en alles gekoop. Die Toyota agente hier het ‘n splinternuwe crank gehad vir R 16 000. Dis hoekom ek die ou crank gekoop het, en die beskikbaarheid van ondersdele bevestig dat dit die regte besluit was om ‘n suiwer meganiese- geen elektroniese- voertuig vir Afrika te gebruik, volop 2de handse onderdele beskikbaar.

Die bos mechanics het gister, op die heilige Sondag alles gestrip, maar vanoggend moes ek redelik spook om al die onderdele te kry. Byvoorbeeld, daar is omtrent 5 verskillende groottes van 3F suiers (pistons), en as die een ou nie het nie, dan kyk jy maar by daai ander ou. Nietemin, die mechanics het nou alles, en het tot na son onder gewerk. Hopelik haal ek more Kazangula voor die veerboot ses uur staak.

Verder, die tweede grootste “stad” in Botswana het ‘n Game, Spur, Wimpy, ‘n paar Sparre, Woolies, Nando’s, Cape Union Mart, Mr Price, en nog ‘n klomp ander plekke.

Ek hoop van harte die bos mechanics doen ‘n ok job, ek wil nie in die onder Zambezi vallei staan en breek nie.

1 antwoord op Francistown binnekennis

  1. Sterkte

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.