Wifi

Oktober 18, 2009 in Sonder kategorie

Die verbasende ding as dat die ouens hier by Cresta Maranga se wifi werk. By ontvangs weet hulle nie dat die wifi werk nie. Volgens hulle werk dit nie.

Die rekenaar tel egter 2 netwerke op, en ek connect toe maar die sterker sein en kyk wat gebeur… lo and behold.. dit werk toe!

Ek is bly want Francistown is nie die beste plek om uitgestress te wees nie, en in hierdie plek kos ‘n glas van Simonsvlei se slegste rooi gif, ‘n donkerooi mengsel bekend as Simonay ‘n allemintige 25 pula, maw omtrent R 28 , goeie fok.

My kar se motor is in duisend stukkies, totaal gestrip op hierdie goeie Sondag. Bearings is moertoe. Twee pistons is ook nie meer so wel nie. Ringe ook heel stukkend.

Die million dollar question is of die bos mechanics alles weer aanmekaar gesit gaan kry.. en hoe lank hulle gaan vat.

Teen 2 uur vanmiddag was alles gestrip. OK, dis Sondag so onderdele was nie vandag beskikbaar nie, maar eerste ding more oggend gaan die crank machine shop toe ens.

Ek hoop vir die beste, wat anders kan ek doen?

7 antwoorde op Wifi

  1. Klink soos ‘n overrated glasie wyn. Is die bier goedkoper?

  2. Vetjan het gesê op Oktober 18, 2009

    nee hel, alles is duur, koffie is 18 pula, omtrent R 20. Die wifi is verniet hahaha

  3. Vetjan het gesê op Oktober 18, 2009

    Was een keer by fabios, en sal nie weer daai absurde pryse gaan betaal nie

  4. rosa02 het gesê op Oktober 18, 2009

    Sterkte met daai enjin … party keer kom die parte vinniger van Duitsland af as van die naaste fabriek af …

  5. Vetjan het gesê op Oktober 19, 2009

    is waar, maar my tuisdorpie is klein en die een mechanic daar is puik verby. Hy weet nie hoe om kak job te doen nie, en is ‘n meganiese genie. Die bos mechanics hier is nie in sy klas nie, maar dan weer, hulle is gewillig en ek het nie ‘n keuse nie.

  6. Vetjan het gesê op Oktober 19, 2009

    Toyota is die wagwoord. Japan. My ander kar is ‘n volla.

  7. Vetjan het gesê op Oktober 19, 2009

    ek ook, en ook my wynglas

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.