Francistown

Oktober 18, 2009 in Sonder kategorie

Francistown ! Alweer …. Fuck! Ek wil mompel soos Martin Sheen in Apocolypse Now, maar daar is nie ‘n waaier wat teen die dak woer woer nie. My ou tentjie kan nie ‘n waaier akkommodeer nie, ek was in ieder geval besig om hom op die Francistown Cresta hotel se kampterrein op te slaan. Ek wil eintlik huil.

Ek was veronderstel om Sondagoggend 6 uur die Zambezi by Kazangula oor te steek, maar nee.

Ek en ek alleen is verantwoordelik vir hierdie situasie.

Ek wou die Bulle WP wedstryd op Mahalapye kyk, en was haastig by die petrolpomp in Gaberone. Nie olie gekyk nie, maar ry die kar baie baie hard  om die laaste bietjie rugby te gaan sien… ek weet nie hoeveel olie daar was nie, maar die enjin het ‘n helse geraas begin maak.

Rugby is totentaal vergete.

Niks olie nie !!!!

fok.. en weer fok !!!!!

Ek gooi die enjin vol olie. Die geraas gaan weg soos ek ry, die masjien loop weer glad en lekker.. maar die skade was daar, en 50 km voor Francistown gee die kar ‘n ruk toe die ring of conrod of iets breek. klaklakklakklaklak raas die kar.

Ek sukkel Francistown binne… ‘n Afrika dorp waar ek niemand ken nie. Saterdagaand. Waarheen nou?

Ek sien ‘n hotel en stop. Hulle wifi werk nie. Hulle beduie my na die Cresta hotel. eerste geluk. Daar  is ook ‘n kampplek, so ek hoef nie R 600 vir ‘n kamer te betaal nie, maar 58 pula vir die grasperk. Elke bietjie gaan nou help.  Slaan toe maar die tentjie op en rol die slaapsak oop.

Die bos mechanics is besig om die enjin oop te maak. Gelukkig is die Toyota 3F masjien eenvoudig met onderdele orals.

Ons sal sien. Petrus is nie ‘n happy camper nie.

1 antwoord op Francistown

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.