Nuwerwetse kieries

Oktober 2, 2009 in Sonder kategorie

Hulle het mos daai aliminium stapstokke ontwerp. Die goed is teleskopies, maw jy draai dit los, rek dit uit tot die lengte eksieperfeksie is, en draai weer vas.

Ek het altyd gedink die goed is ‘n helse “gimmick”.

Twee ski stokke sal seker ook werk, en natuurlik is daar niks fout met ‘n stewige wandelstaf nie. Dit is presies wat die goed is, en daai ouens wat jare gelde ‘n wandelstaf gebruik het, was baie prakties.

Die stapstokke maak ‘n HELSE GROOT verskil. Veral bergaf met ‘n swaar pak op jou rug.

Jou kniee voel sommer strate beter as jy die stokke gebruik het.

Nou is die enigste sakie die kwessie van die wolke en die reen, dat mens vir 3 dae lank kon stap en net mis voor jou sien. ai tog. Sal die “mini traverse” ander dag weer moet probeer.

7 antwoorde op Nuwerwetse kieries

  1. Ja waar is jy? Meer inligting en bietjie foto’s seblief.

    Middag Petrus.

  2. Vetjan het gesê op Oktober 2, 2009

    Drakensberge, ek is nog steeds hier.

  3. Vetjan het gesê op Oktober 2, 2009

    Ja, sowaar 🙂 , maar miskien moet ek tog ‘n psigiater gaan sien 😉

  4. Vetjan het gesê op Oktober 2, 2009

    Drakensberge Tweeling. Hier is hoeka ‘n grot met die naam “twins cave”, maar tans sit ek rustig agteroor in die luukse Cathedral peak hotel , en blog mbv hulle gawe wifi fasiliteite.

  5. Jy maak ‘n mens skoon jaloers Petrus…dit klink elkekeer na ‘n avontuur.

  6. Klink of jy van baie avontuur hou. Skryf jy net tans uit Zim, of woon jy daar?

  7. Vetjan het gesê op Oktober 15, 2009

    Kuier net, ek bly in Gansbaai Antie Dottie.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.