Jy blaai in die argief vir 2009 Oktober.

Jaagtog

Oktober 22, 2009 in Sonder kategorie

Olifant

 

Snaaks. As jy gedruk is vir tyd en net moet jaag dan kom al die diere verby. Olifante in hierdie geval.

Twee troppe, 40 of 70 km uitmekaar, en 5 of 6 ander alleenlopers tussen in. Een kameelperd ook. Nie bokkies getel nie. Ek had nie tyd om te stop en fotos te neem nie.
Ek probeer hulle maar raak “snap” teen 110 kmh. Druk maar nie eintlik mik nie, net die kamera soontoe wys en kliek. Daar is nie tyd vir stop nie.

Kazangula is 480 km van Francistown af. Die pad is nie te waffers nie.

Ek wou die pas herboude masjien ook nie te hard druk nie. Die eerste 100 km nie die toere verby 2400 jaag nie. Dit beteken 80 kmh op die groot  3F ses silinder.
Reguit ses, nie V6 nie, en hy gedra hom goed, “purring like a cat”, ‘n sagte egalige grom. Ek luister fyn na enige wanklanke. Senuweeagtig.

Die dilemma. Buig of bars, ek moes in Zambia kom.

Die eerste mikpunt was om die Zambezi met die veerboot by Kazangula oor te steek, maar…… ons het die finale toetsrit eers half twee geneem.
Daarna gaan petrol ingooi en deur Francistown se verkeer vleg. Ok, Francistown is nie die grootste plek op aarde nie, maar sy paaie dra meer verkeer as waarvoor hy ontwerp is, stadige vloei dus. Die veerboot staak dienste teen 6. Dit beteken jy moet eintlik al 3 of miskien 4 uur daar wees, later beteken ‘n helse miskien. Na 6 seil die skippie natuurlik glad nie.

Nou werk dit uit, 480 km op ‘n so-so pad. Nata verby, is die pad ook nie meer so-so nie. Pleinweg kak.

Alternatiewelik. Mens kan per pad van Kazangula deur Zim toe tot by Vic falls, en daar met die brug oor Livingstone en Zambia toe.

Laasgenoemde was die enigste opsie. Die horlosie was aan die tik, want hierdie grensposte sluit ook. Kazangula – Zimbabwe teen 8, en die Vic Falls – Livingstone brug teen 9, of so vertel Jolly Boys se jolige ontvangsdame my.

By Nata teen kwart voor vyf is 280 km oor. Ok 3 ure, dan is dit kwart voor agt, en dan vinnig probeer deur Zim toe, 85 km Vic Falls toe, en hoop die brug is nog oop.

Wel, die brug is oop tot tien.

Half tien het ek ‘n koue Mosi in Livingstone geknak.

 

kar1

 

Sondag middag, die enjin was uit, sommer die rooster, regter ligte en fok weet wat alles nog.

 

 

crank

 

Duisend stukkies, crank was ook moer toe.

 

 

die manne

 

 

Die Rasta in rooi is die ou wat die knoop deurgehak het

 

Die toetsrit was suksesvol, en almal ontspan na ‘n spannende oggend, behalwe ek wat moet deurdruk Livingstone toe 600 km verder.

Die mite van die dodelike seekoei.

Oktober 20, 2009 in Sonder kategorie

Mite : seekoeie maak meer mense in Afrika dood as enige ander dier.

Ek sien hierdie kakstorie word aanmekaar herhaal.

Die dier wat die meeste mense doodmaak is die vroulike Anopheles muskiet. Malaria.

Maar kom ons praat groot diere:

Krokodille, olifante , renosters, seekoeie, leeus. Wie samel die inligting alles in, en hou die statistiek by.

Hoe word krokodil “aanvalle” in die afgelee Kunene rapporteer… ek hoor maar daarvan as die plaaslike kraal se Himbas my vertel laasmaand het ‘n krok ‘n laaitie gevang, selfde in die Luangwa vallei in Zambia .. of waar ookal.

 Een ding weet ek, die mense daar kla baie meer oor krokodille as seekoeie. Trouens ek het jare laas van ‘n dodelike seekoei insident gehoor, maar hierdie jaar al van 3 krokodil insidente.

As iemand betroubare statistiek wil verskaf om my vermoedes te weerle ( of bewys) sal ek dit verwelkom.

Intussen wag ek in spanning om te sien of my kar gaan reg wees, en ek later vandag in Zambia gaan wees.

Francistown binnekennis

Oktober 19, 2009 in Sonder kategorie

Die Ansonia hotel het die vinnigste wifi, dis verniet ook.

Die Cresta Maranga se wifi is ok, jy kan kamp vir R 60, maar hulle drank- alles van koffie tot whisky, is vreeslik duur. Ek het maar ‘n boksie Drostdy Hof in die dorp gekoop. Die wifi is ten minste ook verniet, so ek sit heel aand en lees blogs en litnet briewe en so aan.

Die kar se crank is ook in sy moer.

Op Musina en ook in die Kaap, is volledige 3F enjins beskikbaar teen R 8000. Sal seker R 2500 kos om te laat insit, so dis R 10 000 … voor koste  om dit hier te kry. Die bos mechanics doen alles oor vir R 10 000. Ok, vanoggend het ek ‘n ou crank en nuwe bearings, pistons en alles gekoop. Die Toyota agente hier het ‘n splinternuwe crank gehad vir R 16 000. Dis hoekom ek die ou crank gekoop het, en die beskikbaarheid van ondersdele bevestig dat dit die regte besluit was om ‘n suiwer meganiese- geen elektroniese- voertuig vir Afrika te gebruik, volop 2de handse onderdele beskikbaar.

Die bos mechanics het gister, op die heilige Sondag alles gestrip, maar vanoggend moes ek redelik spook om al die onderdele te kry. Byvoorbeeld, daar is omtrent 5 verskillende groottes van 3F suiers (pistons), en as die een ou nie het nie, dan kyk jy maar by daai ander ou. Nietemin, die mechanics het nou alles, en het tot na son onder gewerk. Hopelik haal ek more Kazangula voor die veerboot ses uur staak.

Verder, die tweede grootste “stad” in Botswana het ‘n Game, Spur, Wimpy, ‘n paar Sparre, Woolies, Nando’s, Cape Union Mart, Mr Price, en nog ‘n klomp ander plekke.

Ek hoop van harte die bos mechanics doen ‘n ok job, ek wil nie in die onder Zambezi vallei staan en breek nie.

Wifi

Oktober 18, 2009 in Sonder kategorie

Die verbasende ding as dat die ouens hier by Cresta Maranga se wifi werk. By ontvangs weet hulle nie dat die wifi werk nie. Volgens hulle werk dit nie.

Die rekenaar tel egter 2 netwerke op, en ek connect toe maar die sterker sein en kyk wat gebeur… lo and behold.. dit werk toe!

Ek is bly want Francistown is nie die beste plek om uitgestress te wees nie, en in hierdie plek kos ‘n glas van Simonsvlei se slegste rooi gif, ‘n donkerooi mengsel bekend as Simonay ‘n allemintige 25 pula, maw omtrent R 28 , goeie fok.

My kar se motor is in duisend stukkies, totaal gestrip op hierdie goeie Sondag. Bearings is moertoe. Twee pistons is ook nie meer so wel nie. Ringe ook heel stukkend.

Die million dollar question is of die bos mechanics alles weer aanmekaar gesit gaan kry.. en hoe lank hulle gaan vat.

Teen 2 uur vanmiddag was alles gestrip. OK, dis Sondag so onderdele was nie vandag beskikbaar nie, maar eerste ding more oggend gaan die crank machine shop toe ens.

Ek hoop vir die beste, wat anders kan ek doen?

Francistown

Oktober 18, 2009 in Sonder kategorie

Francistown ! Alweer …. Fuck! Ek wil mompel soos Martin Sheen in Apocolypse Now, maar daar is nie ‘n waaier wat teen die dak woer woer nie. My ou tentjie kan nie ‘n waaier akkommodeer nie, ek was in ieder geval besig om hom op die Francistown Cresta hotel se kampterrein op te slaan. Ek wil eintlik huil.

Ek was veronderstel om Sondagoggend 6 uur die Zambezi by Kazangula oor te steek, maar nee.

Ek en ek alleen is verantwoordelik vir hierdie situasie.

Ek wou die Bulle WP wedstryd op Mahalapye kyk, en was haastig by die petrolpomp in Gaberone. Nie olie gekyk nie, maar ry die kar baie baie hard  om die laaste bietjie rugby te gaan sien… ek weet nie hoeveel olie daar was nie, maar die enjin het ‘n helse geraas begin maak.

Rugby is totentaal vergete.

Niks olie nie !!!!

fok.. en weer fok !!!!!

Ek gooi die enjin vol olie. Die geraas gaan weg soos ek ry, die masjien loop weer glad en lekker.. maar die skade was daar, en 50 km voor Francistown gee die kar ‘n ruk toe die ring of conrod of iets breek. klaklakklakklaklak raas die kar.

Ek sukkel Francistown binne… ‘n Afrika dorp waar ek niemand ken nie. Saterdagaand. Waarheen nou?

Ek sien ‘n hotel en stop. Hulle wifi werk nie. Hulle beduie my na die Cresta hotel. eerste geluk. Daar  is ook ‘n kampplek, so ek hoef nie R 600 vir ‘n kamer te betaal nie, maar 58 pula vir die grasperk. Elke bietjie gaan nou help.  Slaan toe maar die tentjie op en rol die slaapsak oop.

Die bos mechanics is besig om die enjin oop te maak. Gelukkig is die Toyota 3F masjien eenvoudig met onderdele orals.

Ons sal sien. Petrus is nie ‘n happy camper nie.

Nuwerwetse kieries

Oktober 2, 2009 in Sonder kategorie

Hulle het mos daai aliminium stapstokke ontwerp. Die goed is teleskopies, maw jy draai dit los, rek dit uit tot die lengte eksieperfeksie is, en draai weer vas.

Ek het altyd gedink die goed is ‘n helse “gimmick”.

Twee ski stokke sal seker ook werk, en natuurlik is daar niks fout met ‘n stewige wandelstaf nie. Dit is presies wat die goed is, en daai ouens wat jare gelde ‘n wandelstaf gebruik het, was baie prakties.

Die stapstokke maak ‘n HELSE GROOT verskil. Veral bergaf met ‘n swaar pak op jou rug.

Jou kniee voel sommer strate beter as jy die stokke gebruik het.

Nou is die enigste sakie die kwessie van die wolke en die reen, dat mens vir 3 dae lank kon stap en net mis voor jou sien. ai tog. Sal die “mini traverse” ander dag weer moet probeer.