District 9 – ek het toe gaan kyk.

September 19, 2009 in Sonder kategorie

Fassinerend.

distrik 9

Ek het die fliek geweldig geniet.

Soveel raakpunte en soveel nuanses. “n Buitelander het saam met my gaan kyk, en ek moes ‘n helse klomp goed na die fliek verduidelik.

Baie van die fyn detail is totaal verlore op die internasionale gehore, en ek het ook allerhande treurmares gelees oor :

1. Vrouens ‘n minderwaardige rol in die movie speel.

    Sien, die Nigeriese prozzies is swart en vrouens !?

2. Nigeriërs word in ‘n vreeslike swak lig gestereotipeer

3 Wikus se swart handlanger speel nie ‘n prominent genoeg rol nie !?

4. Dat die Nigeriërs luister na die sangoma (swart vrou) wat sê hulle moet die “prawns” moetie eet om hulle kragte te kry is blykbaar ook beledigend.

My hart bloei !

Nouja, kyk, as een of ander buitelandse kritikus sy “fokin” onkunde en agendas wil kom demonstreer.. tough shit!

Die fliek is “blady” goed gedoen.

Mens kan donnerse issue hê met alles in die lewe as jy wil, en dit is nie Blomkamp en Jackson se skuld dat Nigeriese gangsters en moetie deel is van Afrika kultuur nie.

Ek gaan nie die hele storie en alles hier bespreek nie, gaan kyk self en lees in die fliek wat jy wil.

Die fliek se reaksiemag met die aangepaste 1 SAI kenteken was ook cool.

15 antwoorde op District 9 – ek het toe gaan kyk.

  1. …en ek het dit nog steeds nie gaan kyk nie!! Te mooi sonskyndag, vandag om in die movies te spandeer!!…klink regtig uitstekend!!

  2. Vetjan het gesê op September 19, 2009

    Die dag het mooi uitgedraai, ek was gister in die stad en het gaan fliek om die verkeer te mis.

  3. Met jou ervaring en agtergrond sal jy die perfekte fliekgenoot vir hirdie fliek wees. Ek glo jou…..

  4. Almal met wie ek praat hier in die VSA is gaande oor die fliek – praat selfs met ‘n Afrikaanse aksent met my oor die ‘fokin creetjirs’ – dis doodsnaaks!

  5. Vetjan het gesê op September 20, 2009

    Sharlto Copley het Wikus se rol meesterlik vertolk.

  6. Vetjan het gesê op September 20, 2009

    Dankie Monica 😉

  7. Vetjan het gesê op September 20, 2009

    Ek beveel die fliek aan.

  8. Vetjan het gesê op September 24, 2009

    Volgende slag sal jy die tier vang, en geniet jou volgende kuier in SA

  9. Vetjan het gesê op Oktober 1, 2009

    gaan goed ja, noudat ek die spinnekopbyt finaal onder beheer gekry het.

  10. Vetjan het gesê op Oktober 2, 2009

    3 weke gelede. Nadat die bytplek aanvanklik mooi reggekom ket, het ek dit verwaarloos en toe met ‘n helse sekondere infeksie te make gehad.. wat uiteindelik nou ook onder beheer is.

  11. blyk my dis net ons toppies wat laaik

  12. Vetjan het gesê op Oktober 7, 2009

    ek het nog nie die kinders gevra of hulle dit gaan kyk het nie, sal bietjie hoor wat hulle van die fliek dink

  13. Meisiekind het die fliek gaan kyk en was erg beindruk. Briljant. Sal ‘n bietjie meer resensies daaroor gaan lees. Almal is so opgewonder daaroor.

  14. Vetjan het gesê op Oktober 15, 2009

    gaan kyk liewer.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.