Bieg en blogs vir Nastergal

September 17, 2009 in Sonder kategorie

Nastergal, ek moet bieg.

Ek het toevallig op jou blog geland nadat ek Marie Heese se blog gelees het.

Ek het baie lui geraak met die bloggery die afgelope ruk. Lees sowel as skryf. Ek het hierdie inskrywing as ‘n kommentaar op Nastergal se blog begin, maar gou besef dit gaan hopeloos te lank raak, toe skryf ek maar hierdie inskrywing.

Die internet joernaal, web log, wat blog geword het is waar almal gou gou sy eie webwerf kan hê.

Die tendens om inhoud – content – gereeld op te dateer is ook al van die vroeë dae van die net met ons, dit was net baie meer tegnies, en nie maklik vir Petrus Pappe en Jan Rappe beskikbaar nie.

Met die skryf hiervan besef ek nou eers dat ek inderwaarheid al in 1996 ‘n “blog” gehad het, dit was net nie toe as ‘n blog bekend nie. Dit het wel aan al die vereistes van ‘n blog voldoen.

Dit was deel van ‘n webwerf, en kon gereeld opdateer word.

Ek moes die gereelde Suid Afrika bydrae skryf vir ‘n internasionale vereniging. Stokperdjie, dit was oor scuba diving.

Heel toevallig het ‘n Suid Afrikaner wat daai tyd in Kanada gewoon het, die programmetjie geskryf wat dit moontlik gemaak het dat ‘n HTML leek, die uwe, gereeld stukkies kon skryf.

Die voorloper van WordPress, of laat ek hulle nou nie beledig nie, die voorloper van Lettercrash.

Ons het net glad nie so daaraan gedink nie. Ek was meer bekommerd oor wat de fok om alles vir hierdie uitgelese internasionale gehoor te skryf. Ek het so een keer ‘n week iets geskryf, en dit was nogal lekker om die goed te lees op die Netscape browser. Die webwerf ter sprake is al jare gelede vervang met ‘n nuwe een, en ons”blogs” van destyds is alles verdoem na die kuberhel, en bestaan nie meer nie.

Hel, ek het al amper vergeet van die suis en die sing van die modem. ADSL is darem lekker.

Enige webwerf wat iemand gereeld byhou met nuwe materiaal is tegnies dan seker ‘n blog.
Ek sê spesifiek materiaal, want soos ons weet is klank en beeld moontlik op die net. In die ou dae sou iemand miskien prentjies in sy dagboek teken, of later selfs fotos in plak.

Die web gee ons nog meer gereedskap om ons inskrywings te illustreer.

Hoekom blog? Daai heel eerste “blog” wat ons nie besef het is inderwaarheid “blogs” nie, het ons geskryf omdat dit lekker was om die splinternuwe tegnologie se potensiaal te benut en ons gedink het dis moerse cool.

Ongelukkig kon ons lesers nie kommentaar lewer nie, en digitale fotografie was heeltemal buite die bereik van die gewone ou. Die program het ook nie voorsiening gemaak vir die laai van fotos nie, al die goed soos photoshop was nog in hul kinderskoene.

Hoekom hierdie blog?

Eintlik wou ek net hier kom “oefen”. Sien,  Melt het Litnet se nuwe blogs hewiglik begin “tout”, toe dag ek “mmm… interessant”, en ek het ‘n ulterior motive gehad. Eintlik wou ek ‘n blog begin vir besigheid doeleindes, en besluit toe ek sal bietjie kom oefen, en dan later die besigheidsblog begin op sy eie bediener, met Joomla of WordPress of iets as die program. Dis al meer as ‘n jaar later en ek oefen nog steeds. Hierdie blog was ook veronderstel om een te wees oor oefen en gewigverloor en sulke goed, maar helaas.

Ek blog relatief anoniem, dis gemakliker so, enige ou wat my ken van buite die blogwêreld hoef nie te weet ek blog nie. alhoewel ‘n paar al een en een bymekaar getel het. Ek het selfs al enkele van ons bloggers hier in “3D” ontmoet, maar ek is nie die “MOB” tipe nie.

Myns insiens is die heel beste blogs, die baie doelgerigte blogs. Tank Lanning skryf ‘n goeie rugby blog op die Letterdash platform. Pierre de Vos se blog :  http://constitutionallyspeaking.co.za/ is ‘n mooi voorbeeld van ‘n blog wat op sy eie bene staan en ‘n persoonlike gunsteling.

Laastens is daar die suiwer kommersiële blogs, wat bloot deel is van ‘n besigheid se internet bemarkings strategie. Daar is baie besighede wat hiermee kleitrap, maar daar is goeies ook, met uitstekende inhoud.

9 antwoorde op Bieg en blogs vir Nastergal

  1. Nice post.

  2. Lekker gelees, PP!!…ek verkies dit ook om anoniem te blog, omdat ek op verskeie dinge kommentaar lewer, wat ek nie altyd oor sal praat in my dag-tot-dag lewe nie…!!..en ek dink ook nie dat ek die MOB tipe is nie, het skaars genoeg tyd om met my familie en vriende te kuier!!

  3. More Petrus, ek dink ons almal begin met ‘n doel, soos ek wou net stories oor McGregor skryf, maar nou skryf ek sommer oor enige iets,om die waarheid te se, ek het ‘n sy van my ontdek wat ek nie geken het nie,ek dink dit gaan met meeste mense so ?

  4. Vetjan het gesê op September 19, 2009

    Monica jy is reg.

  5. Vetjan het gesê op September 19, 2009

    Dankie Annemari

  6. Vetjan het gesê op September 19, 2009

    Jy is reg, en ek verwys na ‘n MOB ter wille van ‘n MOB, dit is wat nou nie my “scene” is nie. “Natuurlike” 3D is iets anders.

  7. Vetjan het gesê op September 19, 2009

    Ek het gaan kyk, fassinerend. ‘n Klomp twak wat ek in 1996 op nuusgroepe geskryf het verskyn daar… google se werk.

    Wys jou net, moet nooit goed skryf as jy gesuip is nie, jou kinders en kleinkinders kan jare later loop kyk wat se kak jy kwytgeraak het. scary.

  8. Vetjan het gesê op September 19, 2009

    🙂

  9. Amptelik aangename kennis Petrus Pap. Dankie vir die lekker kommentaar op my blog oor blogs. Die blogverskynsel fassineer my, en dis waarskynlik hoekom ek so ‘n ietsie wou uitvind oor andere se (by)bedoelinge, motiewe, griewe en gelukke. Groete! (En ja, ek het ook maar ‘n paar motiewe in my mou!)

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.