Regverdigheid in sport

September 15, 2009 in Sonder kategorie

Op skool was ek maar ‘n klein outjie en verder ‘n boogskutter. Ek is nog steeds ‘n boogskutter. Die sterreteken. Ek het nie regtig ‘n pyl en boog nie. Die afsnypunt van onder sewe was 1 Januarie. Die afsnypunt van elke ouderdomsgroep was 1 Januarie. Iewers moes mens die streep trek.

Die ander outjies was gewoonlik vinniger en sterker as ek. As hulle my nie weg gehardloop het in die naelope nie, het hulle my hard getakkel op die as ons “rovers” gespeel het. Fights, nou ja, dit was daar ook. Win some lose some, ek het hulle probeer vermy. Was nie altyd moontlik nie, maar ek het ‘n paar goeie trieks geken, en het ‘n paar memorable oorwinnings ook gehad.

Stamina het ek genoeg van gehad, en teen dienspigtyd was my 2,4 tyd nooit bokant 8 min nie. Met staaldak webbing en geweer, en waterbottel vol. Ewe skielik het ‘n paar maande of selfs ‘n jaar of twee se ouderdoms verskil nie meer saak gemaak nie.

Al die ander ouens in die kompanie en bataljon is min of meer ewe hard rond gejaag. Almal het min of meer dieseldfe geeët. Almal het min of meer, eintlik meer, eintlik presies dieselfde leefstyl gehad. Fok, as ‘n infanterie troep moet jy maar saam met die stroom vloei.

So nou kom ons by fisiese vermoëns. Twee ouens in ons peleton kon my in die 2.4 vir my weghardloop. Die tweede beste ou het Suid Afrika later jare verteenwoordig in tweekamp. Die beste ou was eenvoudig ‘n fokken masjien. As hy wou kon hy ‘n Springbok atleet raak. Miskien het hy. Ek weet nie. Hy was ongelooflik.

Gegewe dat ons almal dieselfde lewensstyl gehad het, vanwaar die groot verskille in prestasie?

Talent, aanleg, ball sense?

Dis alles in die gene. Op ‘n seker vlak in die kop ook, maar die gene het baie te make wat in die kop ook aangaan.

Francois Steyn kan ‘n bal van 60 meter af oorskop. Saterdag 3 skoppe verder as 50 meter. Oefening ja, maar Ruan oefen beslis net so hard, en hy sal dit nie kan doen nie.

Matfield lees ‘n lynstaan beter as enige iemand anders. Oefen Tiger Woods meer as die volgende professionele gholfspeler ? Of hoekom is hy soveel beter? Of daai Amerikaanse swemmer met al die goue medaljes. Die een met die groot voete, so groot soos paddavoete.

In elke sport,  op elke terrein van die lewe is daar ouens met meer vermoëns… of noem dit maar beter gene vir daai spesifieke ding waarin hulle goed is.

Kan ons nou gaan en sê dis onregverdig dat een ou lank is en ‘n ander ou kort is? Die kort ou wou miskien slot speel vir die Bokke, maar hy gaan nie eers skrumskakel wees vir Putsondergat se derdes nie.

Waar trek ons die streep. Wanner is ‘n ou se gene so goed bedeeld dat dit onregverdig is teenoor die ander?

In hoeveel kategoriëe of klasse gaan ons elke sportsoort nou opdeel om regverdig te wees?

Ek wonder maar nou net oor die hele atletiek debakel.

15 antwoorde op Regverdigheid in sport

  1. …laat my dink!!! Gene speel beslis ‘n rol in ‘n mens se talent…maar ook belangstelling, passie en deursettingsvermoë.

    My oudste dogter het nie veel ball sense nie, maar sy is MAL oor sport, netbal, krieket, aksie krieket, atletiek (sorry nie ‘n ball sport)… en veral Tennis…sy hou daarvan om daarna te kyk en om deel te neem…. en sy het aangehou met kerm om individuele afrigting in tennis te kry, totdat ons ingestem het, toe sy in Gr 7 was…en vanaf Gr 8 het sy elke jaar die skool se tennis span gehaal..in Gr 8 2de span, toe weer ‘n bietjie af – in 4de span in Gr 9 en 10, maar 1ste span in Gr 11 en 12!!..Sy het vir my bewys dat passie en deurstttingsvermoë ‘n geweldige groot rol speel!!

  2. Vetjan het gesê op September 15, 2009

    Where all other things are even, dan bly net gene oor. Wat is die verskil tussen die tennis nommer een en die nommer 5? passie? oefening? of wat?

  3. Vetjan het gesê op September 15, 2009

    Die lewe is ‘n kak toebroodjie!

    Dis hoe dit nou maar is, maar wanneer moet mens handicaps begin gee?

  4. Hallo Petrus!

  5. Vetjan het gesê op September 16, 2009

    95% of meer van mense neem seker deel aan hulle sport vir ontspanning en die sosiale aspek daarvan, maar in my inskrywing probeer ek spesifiek na abnormaal goeie prestasie kyk.. en hoekom?

    Soos Caster fisies van ander deelnemers verskil, so verskil Usian Bolt , of daai swemmer met al die medaljes ook. Die vraag is waar trek mens die streep.

  6. Vetjan het gesê op September 16, 2009

    Hi Thomas 🙂

  7. Miskien is dit tyd om ‘n vars nuwe sport uit te dink, dalkies weer begin by boere sport, ek dink al daai gene het al vergaan

  8. Vetjan het gesê op September 16, 2009

    Monica, vir die gewone ou gaan dit oor ontspanning en sosialisering, en watter sport dit ookal is, mens vind jou vlak.

    Hierdie inskrywing gaan oor die wereld rekord houers … en hulle uitsonderlike fisisiese vermoëns…. Michael Phelps byvoorbeeld… ‘n fisieke frats met aangebore voordele.. net soos Caster.

    Die vraag dan, waar moet die streep getrek word?

  9. Sal interesant wees om te sien wat die kriteria nou gaan wees na Caster.Ek wonder of sy sielkundigge hulp kry om met alles te cope,dit moes ‘n skok vir haar ouers ook gewees het.

  10. waar moet die streep getrek word met wapens, genetiese manupilasie,ens ens dis die wortel van die kwaad wat materialisme geskep het, dit het selfvernietigend geword, 2010 sokker het eintlik baie min met sport te doen nie……

  11. dis hoekom ek nie meer saamspeel nie……

  12. Vetjan het gesê op September 17, 2009

    Selfdestruct en al die ander goed is ook maar in mens se gene, part het meer van die en ander meer van daai, en dan het jy ‘n brein ook om mee te dink… amper soos een atleet meer van die het, en ‘n ander atleet meer van daai.. ens.

  13. Vetjan het gesê op September 17, 2009

    Monica dis waar dat die sirkus rondom 2010 groter is as wat op die veld gebeur.

    Hou in gedagte dat vir die 99% van sokker geesdriftiges in die wêreld, in die plakkerskampe van Rio tot die woonstelblokke in Birmingham gaan dit net oor of dit op ‘n TV iewers gaan wys, en hulle vir hulle gunsteling span kan skree.

    Hulle is min gepla oor die rykes wat SA toe kan vlieg.

  14. Petrus die oor en weer gevingerwysery bereik niks nie en boonop lyk dit of almal ewe goed daarmee is.
    Ek stem saam met wat jy sê maar wys my een mens wat gaan opstaan en sê genoeg is nou genoeg…

  15. Vetjan het gesê op September 17, 2009

    Tweeling, die gemors rondom Caster lê vierkantig voor ASA se deur. Hulle het hulleself al klaar hopeloos in ‘n hoek vas gelieg.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.