Spinnekop

September 10, 2009 in Sonder kategorie

Verlede week het die vroumense bietjie gaan boendoe bash. Ernstige boendoe bash. Heel van die pad af ge”ramp”. Die band het blykbaar gebars.

.

ongeluk

Ek het die rooi hempie aan, en staan agter die deur en wonder WTF

Gelukkig het hulle die ou karretjie darem nie gerol nie.

Terloops, ek is nie die ou in die onderhemp, en die bulle pet nie. Ek dra nie onderhemde as bo klere nie, en ook nie bul pette nie.

ongeluk2

Links tussen die bosse kan julle die ou karretjie sien staan. Aan die spore kan julle sien daar is onder andere goed “geramp”  Evel Knievel sal beindruk wees deur die dames se bestuursvernuf.

Die toneel het homself in Zoeloeland afgespeel, in Pongola se wêreld.

Ok, die uwe moes maar noodgedwonge die wiel omruil. Die kar is afkomstig uit die ou Transvaal oftewel GP – gangsters paradise. So die noodwiel was vasgesluit met verskeie slot kontrepsies. Waarvan ek aanvanklik niks geweet het nie.

Op die einde het ek lank onder die kar in die rooi Zoeloeland grond rondgekruip, fokken sand en kak in my oë gekry, en die wiel met ‘n moerse gesukkel daar los gekry.

My kuit het ook begin jeuk, maar die stof in my oë, en algemene die bliksem in wees vir die situasie, het my aandag heel afgelei van die ou jeukerigheid aan my been.

Die aand begin my been toe klop, en die volgende oggend voel ek toe nogal onwel baie dankie. Ligte koors ook, en hoofpyn, dit nadat ek hoogstens een bottel rooiwyn die vorige aand kaf gedraf het. Ek het besef dat mens nie so babelas kan wees na net een botteltjie wyn nie, en ten spyte van my gewone onbeskoftheid dink ek nie een van die vroumense sou ‘n Daisy op my trek nie.

Die jeukerigheid van die vorige dag was nou ‘n kloppende swelseltjie, en by Pongola apteek probeer ek die apteker oortuig om vir my antibiotika te gee. No way Jose! Eers dokter toe word beveel. Ja, sê die ou, lyk na ‘n spinnekop. Drink die doksiesiklien as jy teen Vrydag nie beter voel nie, bel my.

Die donnerse spinnekop het my gebyt toe ek onder die kar gesukkel het om die noodwiel uit te kry.

Later hoor ek die een ou het die spinnekop afgeneem. Obviously nie toe die donner my gebyt het nie. Ek wag nou vir die foto van die spinnekop, maar ek is baie gepuzzle oor die hele besigheid. Dis nou nadat ek in Exclusive books in was, en in ‘n spinnekop boek gelees het antibiotika werk nie teen spinnekopgif nie.

Dit het darem gekeer dat my been nie heeltemal weg gevrot het nie. Dit is vir my verblydend om te rapporteer dat die bytplek heel fluks gesond word.

15 antwoorde op Spinnekop

  1. wat is daai een van “fools rush in where angels fear to tread”?

    Moenie laat ons jou vang met die foolding nie – dis gevaarlik!

    Bly jy is ok….dit kon erger gewees het.

  2. Vetjan het gesê op September 10, 2009

    Dit was ‘n kar vol vroumense wat die bosse ingebars het Lou, ek was maar die ridder op die wit perd wat hulle te hulp gesnel het!

    Dit kon erger gewees het ja, maar die spinnekop kon my ook glad nie gebyt het nie !! 🙂

  3. Ek sou BAIE die bliksem in gewees het as dit my bakkie was,maar solank geen mens of tweebeen dier seergekry het nie..

  4. Trakie het gesê op September 10, 2009

    Bly die bytplek is aan die gesond word. Dink jy die spinnekop is darem ook OK? 😉

  5. Vetjan het gesê op September 10, 2009

    Flenters, ja, baie gelukkig nie my bakkie nie. Dan was daar vir die volgende paar maande net ‘n gevloek om my blog.

  6. rosa02 het gesê op September 10, 2009

    Ons het hier in Zululand so klein spinnekoppie wat spring, in die handel en wandel bekend as ‘n springekop – sy gif maak weefsel dood – dit is ‘n erge bytplek en dis sekerlik die ene wat jou bygekom het – die antibiotika sal hom genees.

  7. Vetjan het gesê op September 10, 2009

    Ek hoop hy het intussen van alkoholvergiftiging gevrek !!

  8. Vetjan het gesê op September 10, 2009

    Gieterbek, gelukkig was dit nie my bakkie nie, en ek moet ook sê dat nadat ek die wiel omgeruil het, het die baiie dit al die pad terug GP toe gemaak sonder probleme, tot die stukkende lig het nog bietjie gewerk.

  9. Vetjan het gesê op September 10, 2009

    So ‘n nare ding wat spring !

  10. Vetjan het gesê op September 10, 2009

    weet nie, maar hier is ek.

  11. Vetjan het gesê op September 10, 2009

    100% reg. Diergiwwe is protein, en baie warm water is effektief. Die kloppende swelsel was die sekondêre infeksie. Die vergiftigde weefsel het ‘n gat ingeval, en 36 uur na die byt was die koors weg.

    Braaiery moet altyd in goeie geselskap plaasvind.

  12. Vetjan het gesê op September 10, 2009

    Tans is dit nog net ‘n sagte loperige pienk kol. Maar dit vrot nie meer nie.

  13. LOL, shame eers die kar, toe die band en toe die spinnekop wat jou byt – gelukkig gebeur sulke goed in drieë, en kan jy nou relax!

  14. Trakie het gesê op Februarie 2, 2011

    My magtag, Petrus! Nooit gedink toe ek destyds hier kommentaar gelewer het dat ek my ook eendag in dieselfde bootjie sou bevind nie. En of my spinnekop dit oorleef het, weet ek ook nou nie.

    Jy’s nie dalk lus om ‘n foto van jou vaktap tattoo op te sit nie?

  15. Vetjan het gesê op Februarie 2, 2011

    okay

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.