Die plan om te braai
September 7, 2009 in Sonder kategorie
Die koue front is hier, met sterk wind en reën.
Ek gaan nou nou vleis braai. Buite. Ek besit wel ‘n ysterpan, maar ek is lus vir steak wat op kole gebraai is. Ek moes die steak al die naweek gebraai het, maar Saterdag het ek nie so goed gevoel nie. Ek dink ek het te vinnig te veel whisky gedrink terwyl die Australiërs die Bokke opgeneuk het. Anyway, ek het die stuk steak toe nie gebraai nie, en vanaand is ek lus vir steak.
Die vuur brand al klaar. Hy is darem so bietjie beskut teen die reën.
Hierdie ronde gedoente is die onderste helfte van my nuwe ketelbraai. ‘n Afrika ketelbraai. Vanaand het ek nie die boonste helfte nodig nie. Ek dink nie die vervaardigers het bedoel dat dit as ‘n braai apparaat aangwend moet word nie, maar dit werk ok.
Hier is die steak. Ek gaan die hele ding braai, en vir die volgende 2 dae daaraan eet.Kyk die “marbling” !!!
( Ok dis ‘n ander storie, ek het iewers daaroor geblog)
Oeps die wyn ! Beter gou ‘n bottel of twee gaan koop.
skophulmaai het gesê op September 7, 2009
ag, ek het nou so lekker gelees….toe lees ek nog en nog……..tot terug by die bokke! dankie!
amandalombaard het gesê op September 7, 2009
Ai dit lyk lekker, hoop jy het die wyn anders gaan daardie lekker nie so lekker afgaan nie. Stuur asb van die reen hier na Mpomalanga. Geniet jou Maandagbraai.
Berwick het gesê op September 7, 2009
Lekker!
loudavisi het gesê op September 7, 2009
Petrus, ons vorige bure het elke Maandagaand gebraai.
Hulle glo dis die beste manier om die week te begin.
Sien jy het ook daai plan – hmmm …miskien moet ons dit ook doen….begin die week met ‘n party.
Hoop jou wyn was koud en jou steak sag.
eiewys-gekkigheid het gesê op September 8, 2009
Hallo Petrus jinne ek wonder al die hele week waar jy is?
Bly om te sien dit gaan goed en daai steak lyk lip lek lekker!
Vetjan het gesê op September 10, 2009
Hallo Tweeling, ek is maar hier rond, en die steak was BAIE lekker
Vetjan het gesê op September 10, 2009
Dit was alles net reg Lou.
Vetjan het gesê op September 10, 2009
dit was.
Vetjan het gesê op September 10, 2009
net die steak se eie sous.. en groot sampioene met baie knoffel
Vetjan het gesê op September 10, 2009
Julle reën kom binnekort
Vetjan het gesê op September 10, 2009
dankie vir die inloer IPV
Vetjan het gesê op September 10, 2009
te veel Maankind.
eiewys-gekkigheid het gesê op September 11, 2009
Ja,ja vryf dit nou lekker in Petrus…