In suite teenoor en suite

September 6, 2009 in Sonder kategorie

Ek het dit nog nie eintlik die Kaap teëgekom nie, ek dink dis meer ‘n Pretoria – Witbank – Secunda – Nelspruit ding.

Die “IN” suite badkamer .. of sal ek eerder sê .. die toilet IN die slaapkamer verskynsel.  Teenoor die slaapkamer met ‘n badkamer daaraan vas, en met ‘n DEUR tussenin.

Kyk as ek rustig op die bed ‘n boek lê en lees of iets is die ALLERLAASTE ding wat ek wil sien hoe iemand besig is om te kak. Of dit te hoor , of dit te ruik.

Wat de hel gaan met gastehuis eienaars aan dat hulle beddens in kakhuise sit en wil hê mens moet daar slaap ?

Hulle noem dit ‘n slaapkamer met ‘n “en suite” badkamer. se moer.  Party is eenvoudig te verdomp cheapskate om ‘n deur tussen die badkamer en die slaapkamer te sit, wat effektief beteken dat dit eintlik nog steeds dieselfde kamer is. Dan is dit ‘n “IN suite” badkamer, oftewel ‘n kakhuis met ‘n bed in.

Nee hel.

“En suite” het ‘n deur wat  toilet en slaapkamer skei, en vekieslik ‘n ordentlike regte egte deur, nie so lendelam skuifdeurtjie wat heeltyd dreig om te ontspoor nie.

As ons braai het my oupa het altyd gesê dat toe hy jonk was met mens binne geëet en buite gekak, deesdae, het hy dan gesê, eet mens buite en kak jy binne.

Hy het ‘n goeie punt gemaak, en ek stem saam met hom, en ek wil veral nie in ‘n kakhuis slaap nie, en dis ‘n ander ding as om in die bad te slaap.

Waar ek bly is die toilet in sy eie kamertjie, die bad in syne, en ‘n derde kamer het weer die bed in. Dis hoe dit moet wees.

Hulle moet die vuurpeleton weer terugbring, en argitekte wat slaapkamers ontwerp met toitlette in, teen die muur laat staan.

3 antwoorde op In suite teenoor en suite

  1. Stem saam. Dis dan dat ek die gastehuis deurloop op soek na ‘n ander toilet!

  2. Vetjan het gesê op September 7, 2009

    net so

  3. Vetjan het gesê op September 7, 2009

    hel

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.