Na koerantlees vanoggend voel ek lus om bietjie weg te kom, en ry na ‘n buurdorp. Kusdorp, met ‘n hawetjie, of liewer ‘n sleephelling waar die skibote met vis en kreef kan land.
Daar naby is ‘n paar eetplekke, en ek kies die een wat die besigste lyk.
Dit is my reël. As ek die plek nie eintlik ken nie, en daar is meer as een keuse, dan kyk ek maar watter een is besig. Die veronderstelling is dat die besigheid miskien iets te make het met die “locals” se kennis en ondersteuning. Gewoonlik werk dit.
Vandag miskien ook, die plek was nie besonder goed nie, en ook nie besonder sleg nie. Die kos was okay.
Wat my bring by die heerlike lynvis…. wat ek nie gehad het nie.
Op die spyskaart is die lynvis een van twee, Bottervis of Dorado.
Hou nou in gedagte dat ons nou in die Suidwes Kaap is, Overberg. Ek is goed bekend met regte Bottervis. ( Chirodactylus brachydactylus) Dis ‘n Kaapse vis. Lekker ook, maar jy sal dit nooit ooit ooit in ‘n restaurant kry nie. Dis nie ‘n kommersiële vis nie, en kommersiële vissers teiken hulle glad nie, daar is makliker en beter vis om te vang soos Kabeljou, Geelbek en Snoek. Dit is jou drie Kaapse lynvisse.
Hier is hoe ‘n regte Kaapse Bottervis lyk.

Chirodactylus brachydactylus
Hierdie is NIE die Bottervis wat op die spyskaart is nie.
Die ander lynvis van die dag was Dorado. ‘n Warmwatervis. Ons kry hulle in Natal, en Mosambiek en ander warm dele van die wêreld soos Hawaii ( Mahi mahi), dit word ook “Dolphin”genoem. Hier is die Dorado

Dorado
Alles goed en wel maar ons is nie nou in Durban nie.
Mens kry ook nie Snoek in die restaurant nie, omdat porsies baie moeilik is met die grate en alles. Die snoek kan nie regtig opgedis word soos hierdie heerlike porsie ander plek se Bottervis nie.

Anderplek se Bottervis
Julle sal natuurlik sien dat dit nie ‘n baie groot porsie is nie. Dit voldoen wel aan die deftige restaurant vereiste dat die kos alles bo op mekaar gestapel moet word. Toring cuisine. Bou toringtjies met die kos. Ek het alweer afgewyk van my storie. Lynvis van die dag, wat eintlik veronderstel is om te wees die vangs van die dag. Dorado kry jy nie hier by ons in die see nie, en die bevrore vis wat van Durban af ingevlieg word tel nie as vangs van die dag nie. Jammer, maar dit is hoe dit is.
Dit bring ons nou weer by die Bottervis wat nie regtig ‘n Bottervis is nie. Die mees algemene vis wat in restaurante as Bottervis aangebied word, is Escolar.

Kyk die prys, dis in Amerika, $ 14.99 ‘n pond, met ander woorde amper R 250 per kilo ! Dit is daar, hier is dit baie goedkoper. Ek weet nie of ek “gelukkig” moet byvoeg nie. Escolar (Lepidocybium flavobrunneum) is ‘n olierige vis, en kan blykbaar heerlik wees. Ek het een keer by die Kaapse Waterfront teen my eie beterwete bottervis gehad, dit was nie vir my lekker nie, en gelukkig het ek nie veel daarvan geeët nie. Trouens dis nie algemeen bekend dat mens nie meer as so 150 gram Escolar op ‘n slag moet aandurf nie.
Die olierige vis is ‘n soort purgeermiddel! Jammer dat ons alweer op hierdie onderwerp is.
Ene Duffy se verhaal:
“Soon after consuming the fish, disaster struck again: The trouble returned, this time in more substantial, uncontrollable bursts. The next morning before work, his wife asked him why his pants were all wet. He decided to take a sick day. Home from work and running back and forth to the shower, Duffy did some minimal online research and found out the ugly, messy truth about the fish he’d eaten: Sometimes it makes orange oil shoot out of your ass.”
Die rede :
“Escolar is a type of snake mackerel that cannot metabolize the wax esters naturally found in its diet. These esters are called gempylotoxin, and are very similar to castor or mineral oil. This is what gives the flesh of escolar its oily texture. As a result, when full portions of escolar are consumed, these wax esters cause gastrointestinal symptoms.
To be frankly and bluntly specific – and I’m sorry for this – consumption of escolar causes explosive, oily, orange diarrhea. People have reported that the discharges are often difficult to control and accidents can happen while passing gas. I personally know someone who ate an escolar steak one night, unaware of its side effects. The next day he was riding the elevator to his office when out of nowhere his bowels unleashed a surprise attack on his pants. As he said later, “Thank God I had my gym bag with me, which had a clean pair of underwear in it.” This explains why escolar is also called the “olestra fish” and the “ex-lax fish.”
The Japanese and Italian governments have banned the importation and sale of escolar for these reasons. The governments of Canada, Sweden and Denmark require that all escolar come with warning labels. The FDA lifted the escolar ban in 1992 because the fish is nontoxic – sure, it causes embarrassing things to happen in your pants, but it won’t hurt or kill you.
In spite of all this, escolar is indeed very buttery and delicious, and should be enjoyed, but never in portions larger than six ounces. Portions below six ounces will not cause gastrointestinal distress. Don’t say we didn’t warn you.”
Nou ja, wees versigtig vir Bottervis.
Soon after consuming the fish, disaster struck again: The trouble returned, this time in more substantial, uncontrollable bursts. The next morning before work, his wife asked him why his pants were all wet. He decided to take a sick day. Home from work and running back and forth to the shower, Duffy did some minimal online research and found out the ugly, messy truth about the fish he’d eaten: Sometimes it makes orange oil shoot out of your ass.
Onlangse kommentare