Jy blaai in die argief vir 2009 Augustus.

Russias greatest love machine

Augustus 3, 2009 in Sonder kategorie

Boney M het mos gesing

RA RA RASPUTIN
Lover of the Russian queen
There was a cat that really was gone
RA RA RASPUTIN
Russia’s greatest love machine
It was a shame how he carried on

Dit is inderdaad ‘n skreiende skande hoe die baas van The House of Rasputin in Kaapstad aangaan.

Op hierdie werf kan jy tot sien hoe lyk die ander vrouens wat daar werk.

Mark Kozhanov , die baas van die stripjoint hierbo het Tatiana Malachi in Pollsmoor tronk laat toesluit omdat sy terug na Moldawië wou vlug sonder om hom te betaal. Huh ? Die werknemer moet die werkgewer betaal ?

Volgens sy verklaring aan die hof het arme Tatiana die volgende skuld in 3 maande opgebou :

R 20 900 in “werksheffings” , sy moes Kozhanov R 2900 per week betaal om in sy plek te dans !!! ??? WTF ?
Sy moet HOM betaal ???

R 37 800 vir akkommodasie en vervoer, maw meer as R 10 000 ‘n maand vir ‘n kamer in die huis wat Kozhanov huur en waarin hy die meisies laat bly… effektief ‘n tipe tronk.. waar sy trawante moet waghou oor die meisies.

R 22 000 of wat vir vliegtuigkaartjie.

en  R 37 000 vir die boef wat haar daar in die ou Sowjet Republiek langs die Swartsee “gewerf” het.

moet dan ook nie die R 500 vergeet vir ‘n sim kaart en bietjie lugtyd nie, of die R 2000 koerier kostes nie.

Ek wonder watse slinkse besigheid is hier aan tussen die polisie en die departemente van Binnelandse sake en ook Arbeid.

Tatiana sê ook dat Kozhanov se trawante haar kom dreig het, maar hy hou homself hoogheilig en sal mos nooit ooit een van sy strippers intimideer of dreig nie. Nooit nie !

Die  Sunday Times  sê ook nie wie die uitvaagsel van ‘n prokureur is wat names hierdie skurk Kozhanov optree nie, en Kozhanov klink vir my ook na ‘n Bulgaarse of Roemeense van, so ek wonder op watse verblyf permit of met watse verneukspul hierdie vent in ons land kan bly.

There is a cat that really should go

Die vet in die vuur

Augustus 2, 2009 in Sonder kategorie

Dit het alles begin met ‘n meningsverskil om ‘n braaivleisvuur.

‘n Stuk “Scotch fillet” oftewel “Ribeye” in die VSA .

Hierdie stuk voldoen aan die Amerikaanse prima standaard – geoordeel aan die vet in die vleis.
In Suid Afrika word ‘n karkas ook aan ouderdom en vet beoordeel, maar effens anders as die Amerikaners.



Ek sal nie met elke Fransman of Spanjaard oor vleis stry nie, en ook nie te veel met Argentyne van die Pampas of cowboys van Texas nie, maar sentraal Europiërs weet niks van steak af nie. Selfs in Holland word ‘n steakhouse eers ernstig opgeneem as dit ‘n “Argentynse” steakhouse is.

Hier by ons het ons die Amerikaners nageaap , ons beroemdse gesinsketting is dan die Spur, ons plekke met name soos Cattlebaron, en alhoewel hulle hoofsaaklik burgers verkoop, is Steers oor ‘n redelik gevestigde ketting.

Ons het darem ook plekke wat nie slaafse navolgers van die Amerikaanse patroon is nie.

Die stryery het gegaan oor beesvleis en wat belangrik is. Die ou, ‘n sentraal Europeer vra my watse steak is dit, bedoelende van watse bees is die vleis afkomstig. Nou wat de hel ? As ek slaghuis toe gaan kyk ek hoe lyk die vleis, selfs die slagter het geen benul van watse beesras die vleis afkomstig is nie. Nou vertel die donnerse Europeer my, ek weet niks nie, want fokken Angus is die beste, en hoe agterlik is ons hier dat ons nie eers weet watse steak ons eet nie.

Dis alles weer ‘n Amerikaanse bemarkingsfoefie. Die beesras was altyd Aberdeen Angus, en so 150 jaar gelede uit Skotland na die VSA uitgevoer en daar begin teel, en hier kort voor die Boereoorlog hier ook gevestin, en in Australië en so aan. Hier by ons het die Angus telers so 20 jaar gelede weer die Amerikaners nagevolg en ‘n nismark probeer skep. Certified Angus Beef.. sien dis veronderstel om “beter” te wees. In Seepunt was daar tot ‘n Black Angus steakhouse. Die Amerikaners was verder behep met die kleur, en hulle het hulle Angusse geteel om swart te wees.

In dieselfde Landbouweekblad met die Angusbees op die voorblad is daar toe ‘n hele bylaag oor ‘n ander vleisbees, die Beefmaster, ook ‘n Amerikaanse ras, geteel uit Hereford, Brahman en Shorthorn. Wen baie veld hier in SA aldus Landbouweekblad. Dit laat my toe weer dink aan Bonsmaras. Die Suid Afriaanse ras wat wyle prof Jan Bonsma destyds op die proefplaas Mara geteel het. Prof Bonsma sou nou 100 jaar oud gewees het.

Ok, die enigste rede hoekom ek hoegenaamd weet dat daar iets soos ‘n Bonsmarabees is, is omdat ek een aand in ‘n goedkoop blyplek in Maputo moeg en verveeld was, en al wat daar rondgelê het om te lees was ‘n Bonsmaratelersvereniging publikasie wat een of ander boer daar gelos het. Toe lees ek die hele ding deur en toe weet ek van Bonsmara beeste.

“The main problem of livestock production in the tropics and sub-tropics, the world over, was what became known as the
tropical degeneration syndrome amongst the Bos taurus breeds of cattle.
The British beef breeds, namely the Shorthorn, Hereford, Angus and to a lesser extent, Sussex and Red Poll,
did not thrive under the sub-tropical conditions of the ranching areas of South Africa.

At this early stage of the breed creation project it was not possible
to decide which of the British beef breeds would give the best results
when cross-bred to Afrikaner cows.

After
many criss-cross matings, the 5/8 Afrikaner, 3/16 Hereford and 3/16
Shorthorn animals seemed the most satisfactory and became the new breed
now known as the Bonsmara.

Thanks to Bonsmaras unique method of scale photography, the Bonsmara is
the only breed in the world that can boast a pictorial genealogy from
the very beginning of the breeding work until the new breed was
established.”

Ok, soos en dan sien met die Beefmasters en die Bonsmaras gaan dit vir die boere oor produksie, en dit is verder tog logies dat die dier se voer, ouderdom, omgewing , behandeling ens. gaan bepaal hoe die vleis uiteindelik is.

Maar daar is baie ander vleisrasse, en elke boer besluit maar wat werk vir hom, ek dink net nie vir die verbruiker is die beesras so vreeslik belangrik nie.

Wat tog belangrik is in ‘n steak is smaak en tekstuur, bedoelende nou hoegeurig en  taai of sag die vleis is, en by die slaghuis skat ek sommer as ek so na die vleis kyk.

Die ander groot faktor is of die braaier eerstens weet wat hy doen, en tweedens sy vlak van konsentrasie, of altans hoeveel verversings hy moes neem om koel te bly langs die warm vuur.

Gesogte vet in die Japanese Kobe steak


Die Amerikaners gaan aan en aan en aan oor “marbling” die vet in die vleis. Die hoogtepunt van “marbling” vir hulle is Japanese Kobe vleis. Blykbaar bottersag, maar in ‘n proesessie vaar dit toe ook nie so waffers nie. Belaglik duur ook, dis nou as jy dit hoegenaamd kan kry, maar ek gaan dit nie eers soek nie, want dis te betwyfel of dit selfs binne my boeresmaak gaan val.

Hier is die storie van die lekkerste steak , ‘n steak proe sessie se uitslag.



Die Skulpies bar

Augustus 1, 2009 in Sonder kategorie

Skulpiesbar is ‘n bynaam vir my “regular” watergat.

Hulle het elke aand van die week een of ander “special”, en op ‘n Vrydagaand is dit ‘n  300g rump met allerhande trimmings vir R 50
Die braaier daar is ook okay en neuk nie die steaks op nie. So by so het die Sharks gisteraand teen die Cheetas gespeel, en dit was besig en woelig in die bar. Gesellige atmosfeer en alles.

Na ‘n bietjie rondstaan en so gaan daar ‘n tafeltjie oop, en ons kan kos bestel… wat ‘n rukkie vat om te kom, die plek is besig .

So ons drink solank ‘n bottel wyn, sê hallo vir die mense, en knoop ‘n paar geselsies aan.

Maar ai tog , hoekom is daar altyd ‘n dronkgat wat jy so ligweg ken ? en dan zoom hy op jou in met sy stories. Dronkstories. Onsamehangend, onaangenaam en uitdagend.. net soos Francois Williams en Kobus de Klerk se briewe op Sênet. Ek wonder of hulle ook dronk is as hulle die goed skryf?

Gisteraand was daar nie uitkom kans nie. Anders as op die internet waar jy nie ‘n ou se twak hoef te lees nie. Ons wil net die aand relatief rustig geniet.. maar nee.. die dronkgat karring en karring en karring .. ad infinitum en ad nauseam.

Todat mens naderhand jou moer totaal strip, en die ou reguit vertel om te fokof.. en in die proses het jy jou eie rustige gemoedstoestand verwoes.. en die risiko geloop om ‘n blou oog en stukkende bek op te doen in die proses.

Wat gelukkig nie gebeur het nie.

Maar hoe op aarde hanteer jy die dronk ou wat elke “hint” doelbewus ignoreer en aanhou om onaangenaam te wees  ?