Wit “high-top” tekkies

Augustus 15, 2009 in Sonder kategorie

Dit is 47.8 km verder om deur Meiringspoort Beaufort Wes toe te ry. Van die Overberg af. Jy kan of deur Villiersdorp na Worcester toe gaan en daar op die N1 klim, of jy ry met die N2 af Mosselbaai toe, dan Oudtshoorn , De Rust en Beaufort. 

Ek gooi petrol in op Hanover by die Caltex garage. Die ou wat die kafee daar het se hele plek is vol bybelversies en goed geskryf. Op die een muur het hy ‘n hele preek, met diagramme en wie weet wat nog alles. Anders as die tipiese vulstasie kafee, waar jy tussen die rakke met chips en lekkers en goed deurstap yskaste toe, het die ou hier alles agter die toonbank. Afgesper. Winkeldiefstal is onmoontlik, en sy biltong is maar fokken duur….. die ou hier het issues.. wragtig.  Die gewig van die stukkie droëwors is nie aangedui op die pakkie nie. Ek raai dis omtrent 50 gram, en dit kos R 10, so is R 20 vir 100 gram, en ‘n kilo droë wors is dus R 200.  Die volstruisbiltong in die mooi geel pakkie (tandestokkie ingesluit), by Engen in Mosselbaai was omtrent R 20, naby R 400/kilogram dus.

Bybelversies en slagspreuke teen die mure van jou kafee maak dat jy net matige woekerwins neem.

Ek moet bieg, niemand het my verplig om die volstruisbiltong in Mosselbaai te koop nie.

Die pad noorde toe is lank, en ek dink aan daai song van Piet Botha…..oor sy band op die langpad. My radio werk nie.

Maandagaand net voor 9 is ek by die Lebombo grenspos. Komatipoort. Blitsig deur die formaliteite, amper niemand wil op ‘n Maandagaand in Mosambiek toe nie.. maar daar is ‘n helse verkeersknoop in die ander rigting. Hoekom was daar so baie groot leë vragmotors in die ry? Ek verstaan al die ouens in die 4×4’s en ook die Mosambiekse trekarbeiders wat na die langnaweek weer werk toe gaan, maar die leë vragmotors. Die verkeersknoop is 2 km lank.

10 uur die aand sit ek met ‘n yskoue Laurentina op die stoep van daai restaurant naby die Holiday Inn. Omtrent 6 of 7 Afrikaner mans sit daar naby, en die ou wat al vloekende stories vertel praat hard genoeg dat almal op die stoep , en miskien ook binne die restaurant kan hoor. Die ouens is almal rondom 60.

Wat my die meeste opgeval het was die een ou met die boepens, die kniebroek, die wit sokkies wat die high-top wit tekkies dra as hy saam met die manne gaan kuier in Maputo. Dan gee hy sulke kort pedantiese treetjies om by die tekkies te pas.

.

Wit "high tops"

Nuwe modegier as jy 60 is ?

17 antwoorde op Wit “high-top” tekkies

  1. hutton het gesê op Augustus 15, 2009

    hehehehe

  2. dalk is dit maar die oorgangsjare wat bietjie laat inskop;D

  3. is jy seker dit was nie DsP wat daar rondgedwaal het nie – almal sit vanoggend met midlife probleme – sh*t hy gaan my onder my g*t skop as hy dit sien – lol

  4. Vetjan het gesê op Augustus 15, 2009

    hahaha .. was DsP Maandagaand in Maputo saam met die boys ?

  5. Vetjan het gesê op Augustus 15, 2009

    Nee, hel.. maar duidelik was dit vir hom oulik.

  6. Vetjan het gesê op Augustus 15, 2009

    sekondeer

  7. Vetjan het gesê op Augustus 15, 2009

    ek het nogal gewonder oor die skoene

  8. Vetjan het gesê op Augustus 15, 2009

    🙂

  9. lol – salie weti – maar hy sit met so `n paar wit tekkies hehe

    ps: gaan lees sy blog

  10. Ag, Petrus, ek laaik daai tekkies!

    Aan iemand anders se voete – gee iets om oor te giggel…

    Lekker kuier

  11. Shame, hy klim dalk uit die kas, daar in Mosambiek!!

  12. Vetjan het gesê op Augustus 15, 2009

    ok, die ou het nie stywe jeans aangehad nie, maar so knie-broek. Ek vermoed ook DsP is jonger as wat die ou was.

  13. Vetjan het gesê op Augustus 15, 2009

    ek dink nie dis so blink plan om daar uit die kas te klim nie.

  14. Vetjan het gesê op Augustus 15, 2009

    Hi Lou , ek is al weer terug !!!!!

    maar volgende week is ek weer op pad.

  15. Ek is seker daar is ‘n storie agter die storie, iemand moes hom ‘n poets gebak het……sal dit nou sy vrou wees of sy mistress?

  16. Vetjan het gesê op Augustus 15, 2009

    Monica, ek dink nie daar was enige poetse nie, ek dink dit was die ou se idee van cool cat wees in Maputo

  17. Vetjan het gesê op Augustus 15, 2009

    miskien boks tekkies ?

Los ’n antwoord vir hutton. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.