Rugby toe.

Augustus 9, 2009 in Sonder kategorie

Computicket was teen Donderdag al uitverkoop. Soms is geluk bietjie aan ‘n mens se kant,  en teen Vrydagaand het ek toe wel 2 kaartjies in die hande gekry. Hoofpawiljoen nogal, nie te sleg nie.

Iemand by Supersport weet hoe om die ouens aan te trek.

Afwagting

Voor my en jaagduiwel sit een ou met ‘n geel wallaby trui. Hy het ‘n Australiaanse vlag in sy hand. Die dik ou in ‘n groen bok trui ou so twee sitplekke verder chirp hom in Afrikaans. Die “Australiër” antwoord in Afrikaans !!!  Hy verstaan Afrikaans goed !  Dapper man. Dis petrol op die vuur, en die dik ou in die boktrui is genadeloos.. tot almal rondom se vermaak.

Nou die stereotipiëring an klassifisering : Die “Australiër” is ‘n wit engelsman wat afrikaans goed verstaan en duidelik al lank in SA bly. Die bok ondersteuner is ‘n bruin man, en alles wat hy sê is deurspek met eg Kaapse humor.  Ons sit in die R 450 sitplekke. 60% van die pawiljoen in ons onmiddelike omgewing is vol gepak met bruinmense in groen truie, pette en serpe.

Die ander ding. By Nuweland stasie probeer ‘n baie dronk “capie” perron toe gaan. Die Xhosa sekuriteitsman keer hom, en in die kleurvolle woordewisseling vertel hy die dronkie in goeie afrikaans dat hy “nie so baie wyn moet suip nie,” en dat hy hom gaan “moer as hy nie sy kak laat staan nie.” Om die verkeerskoop en parkeringsprobleme te vermy, het ek en jaagduiwel by Rosebankstasie gaan stop en twee stoppe ver trein gery Nuweland toe.

Ek het terug gedink aan die eerste SA – Australië toets wat ek by Nuweland gekyk het. 22 Aug 1992, jaagduiwel was amper een jaar oud, so hy was nie toe saam nie. Die Bokke het 26-3 verloor, Naas (kaptein) het darem ‘n strafskop oorgekry. Dit was die 3 punte. Gister was die atmosfeer by die veld beter, die hele “vibe” was beter. Die Bokke het natuurlik gewen ook. Ten spyte van Die Rapport se lofsange vanoggend, was die oorwinning na my mening nie so oortuigend nie. Die Wallabies het 2 driëe aangeteken teenoor die een van die Bokke, die Wallaby agterlyn het altyd gevaarlik gelyk. Die Bok agterlyn nie. “flatfooted” is die woord. Die Bok voorspelers was formidabel. Oor hulle kan Die Rapport maar liries “wax”.

 
 

Formidabel

Ek sou ook versigtig wees as ek ‘n geel trui gedra het

Speler van die wedstryd.

Matt Giteu breek deur Spies se tackle om sy 3 te druk. Die Ozzie agterlyn was beter.
 


 

 
 
 


8 antwoorde op Rugby toe.

  1. hutton het gesê op Augustus 9, 2009

    😉

  2. laat gistermiddag besluit ek om my strooi te los en ook rugby te kyk. Sit die tv aan en hier is hierdie blok van ‘n man op die skerm, hy maak die hele skerm toe, met ‘n swart pak aan. Ek skrik so groot ek sit sommer weer die tv af.

  3. was ook in 92 daar maar het voor halftyd geloop en n dop in nuweland hotel gaan drnk. bokke was swak gister en kan bly wees hulle het gewen. omgekeerde besit is telemale weggeskop en die fokkers is so opgetrek om te wen dat hulle negatiewe rugby speel die ausies en veral smit was maar self negatief in hul spelptroon. ons gaan kak op die toer. john smit is nie n vaskop se gat nie. en jp wou ek net bliksem. anyways – look at the scorboard!

  4. Vetjan het gesê op Augustus 9, 2009

    hahaha .. ja Kobus Wiese is GROOT !!!!

  5. Vetjan het gesê op Augustus 9, 2009

    Die Bok agterlyn was power !!! … maar ja … looks at the scoreboard

  6. Vetjan het gesê op Augustus 15, 2009

    Hoog mode Ghaap

  7. Vetjan het gesê op Augustus 15, 2009

    Hulle is ‘n beter span, maar die Australiërs se agterlyn is slimmer.

  8. Vetjan het gesê op Augustus 15, 2009

    vaktap !!!

Los ’n antwoord vir monicahaddad. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.