Daar’s fout met die snoek !

Augustus 7, 2009 in Sonder kategorie

Hulle is nie pap nie, dis nie die fout nie.

Hulle is nie daar nie, dis die fout.

‘n Stywe snoek is ‘n pap snoek en ‘n pap snoek is ‘n stywe snoek. Miskien het ek al vantevore daaroor geblog.

Hierdie is ernstiger sake.

So teen 5 uur of so, dag ek dis tyd vir ‘n knertsie waar mens die son kan sien wegsink in die see. Goeie uitsig op die hawe ook, en ek sien dis heel woelig, en ek wil mos sien wat uitkom.


Ja, omtrent ‘n honderd snoeke, miskien 150. Niks om oor huistoe te skryf nie. En by Yzerfontein? “daar gat niks aan nie.”
“By Houtbaai is ook maar kol kol, en gister by Millerspunt was daar so paar bote wat 600 of so gevang het.”

Kalbas het ‘n paar geelbekke ook.


‘n Rukkie later is almal weg, en die meeue maak die hawe skoon.


9 antwoorde op Daar’s fout met die snoek !

  1. Kezia het gesê op Augustus 7, 2009

    Dit lyk soos Gansbaai?

  2. Vetjan het gesê op Augustus 7, 2009

    Lyk vir my ook so ja 🙂

  3. feeks het gesê op Augustus 7, 2009

    Die snoek is soek!

  4. Kezia het gesê op Augustus 8, 2009

    Ek koop my kruideniersware daar. 😉

  5. Vetjan het gesê op Augustus 8, 2009

    Dan bly jy mos hier agter in B-bos of iewers ?

  6. Vetjan het gesê op Augustus 8, 2009

    Hulle wil nie.Mens moet maar soek vir ‘n snoek.

  7. Vetjan het gesê op Augustus 8, 2009

    presies net so !!!!

  8. Augustus behoort mos goeie snoektyd te wees?!! Wonder waar hulle wegkruip!

  9. Gansbaai sig hoe trek my hart ‘n punt hier van Mpumalanga af. Toe ons baie snoek gekry en geeet het, het niemand vir ons vertel hier sal ons nie snoek kry nie. Ai tog so ‘n lekkerte sal darem nou lekker wees – sommer die klomp transvalers leer van lekker snoek om die kole.

Los ’n antwoord vir feeks. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.