Nuweland
Augustus 6, 2009 in Sonder kategorie
Nuweland op ‘n mooi lentedag
Die toetskaartjies in verdomp duur, miskien gaan ek net staanplek kaartjies koop. Sitplek is R 425. Hel !!!
Al reën dit en alles, dink ek nog steeds dit sal lekker wees om Saterdagmiddag Nuweland toe te gaan.
Met daai reusagtige plek wat hulle in Seepunt (eintlik Groenpunt) bou , wonder ek hoe lank daar nog rugby op Nuweland gaan wees.
Mens kan seker nie meer golf speel op die ou golfbaan nie?
Tafelberg op die agtergrond gaan nogal mooi lyk op hulle advertensiemateriaal.
Maar ek dink Nuweland se dae is getel.
zephur het gesê op Augustus 6, 2009
Ag wat miskien kan WP se B span hom gebruik…
net myself het gesê op Augustus 6, 2009
ek dog WP se huidige span is die B-span… (koes).
zephur het gesê op Augustus 6, 2009
Ja hul het spelers geleen vir die Griekwas…
monicahaddad het gesê op Augustus 6, 2009
Plak net ‘n groot poster van tafelberg agter jou tv
kobusvictor het gesê op Augustus 6, 2009
Nuweland bly die mooiste stadion in die land. En met die lekkerste atmosfeer. Ek het op my dag, ligjare gelede, een wedstryd op daardie veld gespeel – O/19A! Sal dit nooit vergeet nie.
Die Bokke gaan Saterdag wen!
eiewys-gekkigheid het gesê op Augustus 6, 2009
Petrus die bokke gaan pakslae uitdeel. Pragtige foto’s
pinkpolkadot het gesê op Augustus 6, 2009
Stunning fotos!!
Vetjan het gesê op Augustus 6, 2009
Dankie PPD, ongelukkig was ek nie die fotograaf nie 🙁
Ten minste het ek die fotos gesoek 🙂
Vetjan het gesê op Augustus 6, 2009
Mooi van vêr 🙂
Vetjan het gesê op Augustus 6, 2009
As hulle nie te gerus is nie, behoort hulle die knoop deur te hak.
Vetjan het gesê op Augustus 6, 2009
Tweeling hulle kan as hulle fokus.. en daaroor is ek bekommerd.. gaan hulle “choke” … of nie ?
Vetjan het gesê op Augustus 6, 2009
Nuweland is die mooiste, en ek deel jou sentimente.
Vetjan het gesê op Augustus 6, 2009
🙂
Vetjan het gesê op Augustus 6, 2009
Die groenpunt stadion? ja, goeie plan.
Vetjan het gesê op Augustus 6, 2009
nou waar is die A span ?
kobusvictor het gesê op Augustus 7, 2009
Net jammer dat ek Saterdag die toets in Namakwaland oor die TV moet kyk. Maar gelukkig saam met goeie vriende van my op Houthoop, naby Grootmist.
Vetjan het gesê op Augustus 7, 2009
Dis ook ok Kobus, ek sukkel my gat af om kaartjies te kry ! maar gaan sal ek gaan.