Nuweland

Augustus 6, 2009 in Sonder kategorie

Nuweland op ‘n mooi lentedag

Die toetskaartjies in verdomp duur, miskien gaan ek  net staanplek kaartjies koop. Sitplek is R 425. Hel !!!

Al reën dit en alles, dink ek nog steeds dit sal lekker wees om Saterdagmiddag Nuweland toe te gaan.

Die berg is agter die hoof pawiljoen

Met daai reusagtige plek wat hulle in Seepunt (eintlik Groenpunt)  bou , wonder ek hoe lank daar nog rugby op Nuweland gaan wees.

Mens kan seker nie meer golf speel op die ou golfbaan nie?

Tafelberg op die agtergrond gaan nogal mooi lyk op hulle advertensiemateriaal.

Maar ek dink Nuweland se dae is getel.





17 antwoorde op Nuweland

  1. zephur het gesê op Augustus 6, 2009

    Ag wat miskien kan WP se B span hom gebruik…

  2. ek dog WP se huidige span is die B-span… (koes).

  3. zephur het gesê op Augustus 6, 2009

    Ja hul het spelers geleen vir die Griekwas…

  4. Plak net ‘n groot poster van tafelberg agter jou tv

  5. Nuweland bly die mooiste stadion in die land. En met die lekkerste atmosfeer. Ek het op my dag, ligjare gelede, een wedstryd op daardie veld gespeel – O/19A! Sal dit nooit vergeet nie.
    Die Bokke gaan Saterdag wen!

  6. Petrus die bokke gaan pakslae uitdeel. Pragtige foto’s

  7. Stunning fotos!!

  8. Vetjan het gesê op Augustus 6, 2009

    Dankie PPD, ongelukkig was ek nie die fotograaf nie 🙁

    Ten minste het ek die fotos gesoek 🙂

  9. Vetjan het gesê op Augustus 6, 2009

    Mooi van vêr 🙂

  10. Vetjan het gesê op Augustus 6, 2009

    As hulle nie te gerus is nie, behoort hulle die knoop deur te hak.

  11. Vetjan het gesê op Augustus 6, 2009

    Tweeling hulle kan as hulle fokus.. en daaroor is ek bekommerd.. gaan hulle “choke” … of nie ?

  12. Vetjan het gesê op Augustus 6, 2009

    Nuweland is die mooiste, en ek deel jou sentimente.

  13. Vetjan het gesê op Augustus 6, 2009

    🙂

  14. Vetjan het gesê op Augustus 6, 2009

    Die groenpunt stadion? ja, goeie plan.

  15. Vetjan het gesê op Augustus 6, 2009

    nou waar is die A span ?

  16. Net jammer dat ek Saterdag die toets in Namakwaland oor die TV moet kyk. Maar gelukkig saam met goeie vriende van my op Houthoop, naby Grootmist.

  17. Vetjan het gesê op Augustus 7, 2009

    Dis ook ok Kobus, ek sukkel my gat af om kaartjies te kry ! maar gaan sal ek gaan.

Los ’n antwoord vir kobusvictor. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.